Balfour-plaasmoord: Verdagtes weer in hof

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Twee mans het Maandag in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vermoor is.

Die voorval het dié dorp in Mpumalanga geruk.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 3 Mei uitgestel om die beskuldigdes kans te gee om met hul regsverteenwoordigers oorleg te pleeg en om tyd te gee vir verdere ondersoek deur die staat.

Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) is in Februarie op die plaas Modderbult vermoor. Maroela Media het vroeër berig Cherize (18) en Marcel (21) het op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Die moordenaars het ʼn Toyota Prado gesteel en daarmee van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer. Hulle het glo vleis en drank gaan koop,” het Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging, vroeër gesê.

Amos Mthembu (27) en sy medebeskuldigde, Prince Mngomezulu (35) is glo Mosambiekse burgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan maak n plan ·

Ek neem aan hulle sal seker borg kry. Swernote!!!

Rina ·

EN HOEKOM….As ek mag vra….Mag die 36 jarige man se naam nie bekend gemaak word nie. Tipies word moordenaars se identiteit beskerm. Maak my so SIEK!

Ai ·

W mense moet regtig soos besighede begin maak voor hulle net mense aanstel om vir hulle te werk. Vra waar h y vandaan is en se jy wil sy p a p ie re sien en maak kopies. Moenie vir mense werk gee wat nie we tt ig hier is nie. Dit sal nie alle moorde voorkom nie maar miskien n paar.

Sterkte aan die twee kinders, dis uiters hartseer wat met julle familie gebeur het.

AL ·

Hul het pas 4 mense se lewens geneem en koelbloedig daarna gaan drank en vleis koop met die buit!
Geen borg!

Chris ·

Ek wil maroelamedia graag versoek om die hof datums vooraf bekend te maak aan die gemeenskap sodat ons n teenwoordigheid kan toon en ophou voel as of ons hande afgekap is.

Se maar net ·

Dis n uitstekende idee Chris. Dan wys die gemeenskap wat naby woon en dit kan bywoon dat hulle mekaar ondersteun. Daardie 2 kinders gaan ondersteuning nodig he. Dit sal ook vir die orgistreurders van die plaas moorde wys dat die moorde nie meer gedult sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.