Balju lê Malema voor hof voor

julius-malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hofbevel wat AfriForum en AfriSake in die eerste week van Maart teen Julius Malema, leier van die EFF, verkry het, is uiteindelik Donderdag persoonlik op hom beteken.

Die interdik teen die EFF en Malema sal hulle verhoed om op 6 April 2017 landwyd onwettige grondgrype te begin.

Tarien Cooks, veiligheidskoördineerder van AfriForum, het in ʼn verklaring gesê dit het onmoontlik gelyk om die interdik by die EFF-kantore op Malema te beteken. “Lede van die EFF het die balju op 23 Maart 2017, tydens ’n onsuksesvolle poging om die interdik te beteken, meegedeel Malema sal eers ná 6 April 2017 weer op kantoor wees,” het Cooks gesê.

“AfriForum en AfriSake se regspan het egter in die media verneem dat Malema Donderdag sy opwagting by die konstitusionele hof sou maak en het spoedig opgetree om dit daar op hom te laat beteken. Die enigste manier om bo redelike twyfel te bewys dat Malema van die bevel bewus is, was om dit persoonlik op hom te beteken. Dit maak dit moontlik om hom van minagting van die hof aan te kla indien hy die bevel voortaan doelbewus oortree.”

Malema was gister by die konstitusionele hof om namens sy party ʼn aansoek in te dien om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te laat plaas.

Volgens Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake, is dit ironies dat die balju die bevel, wat verhoed dat Malema grondeienaars se grondwetlike regte skend, by die Konstitusionele Hof moes beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Whahahahahahaaaaaa!!!! Wens ek kon die koddige karikatuur se gesig sien? HOWK? now what eez wis? WHITE CAPITALISTS! RASISTSSS!! KOLONiseerders….Vat so Flaffi!!!!!!!!! Dankie tog vir.sulke oomblikke op n dag soos vandag. Die mannikie is vinnig om te gaan kla en verkla, meanwhile kan hy self maar n paar dae uitsit om self in die howe sy dag…en hopelik n paar.aande oor te slaap.

Gerda ·

Twyfel sterk of dai ding hom gaan steur aan enige hof interdik nie

Clinton ·

Net nog n nar.Hy het vir z gekry waar hy nou is. Bloedbroers.

Modern ·

Dagsê Maroela media

Ek het een versoek asb. Daardie is ‘n stok ou foto van daai man en dit is nou werklik nie hoe hy meer vandag lyk nie. Asseblief, kan julle eerder fotos plaas wat minder antiek is asseblief. Die hele wêreld is al moeg vir daai ou fototjie in rooi. Plaas gerus een waar hy normale klere aanhet , sal minder geweld aanhits ook. Probeer asb ook om nie dieselfde ou fototjie oor en oor te gebruik nie.

Anti-antiek ·

Maroela media, plaas asseblief ‘n meer onlangse foto. Die ou foto in rooi is al holrug gery. Werklik, maak ‘n plan asseblief die ou lyk glad nie meer so nie.

Jan Jooste ·

Baie geluk met jul inisiatief en deursettingsvermoë. Boere maak planne en voer hul, deur Genade, uit. Voorspoed.

Mashoof ·

Julle mashoof of dan opskrif is vreeslik swak, “Balju lê Maleme voor by hof” sou minder verwarrend wees. “Voor hof voor” is eenvoudig slordig.

John ·

Miskien is dit tyd om die swart groepe uit te los om mekaar uit te sorteer en nie slim skeidsregters probeer speel nie. Die stamme sal binnekort soos ou koeie uit die slote herreis. Daarmee kan ons help. Zuma sal nie toelaat dat sekere groepe voor sy mense die beste plase beset nie. Zimbabwe-styl is Zuma-styl en Mogabe het self uitgedeel. Al praat swartes deesdae Engels en al probeer die ANC sodoende kulture uitwis, behoort hul harte steeds aan hul volkseie nes Zuma s’n… Gevegte sal voor plaashekke begin en eindig. Ons moet bid daarvoor.

Pieter ·

En waar is jou plaas, dis maklik om te sê laat huile die plase kies en beset maar intussen is daar ‘n blanke boer wat daar woon en geen heenkome het nie. Kan ek dan by jou kom intrek?? Dink bietjie verder as jou eie gat!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Malema moet eintlik sy boeties en sussies geboortebeperkings te leer. Minder kinders beteken minder afhanklikes en minder monde om te voer.

John ·

Pieter, stadig! Ek praat oor die teorie van besetting. Ons moet sekere groepe teen mekaar laat opstaan. Hoekom is dit net een Zoeloe wat sy assegaai swaai. Hier is Engelse en Afrikaners in die land maar ook ander swart volke. Waar is hulle trotse leiers? Roep hulle nader. Zuma order almal rond en almal volg gedwee. Die ander tale is ook bedreig. Daar moet dringend gesprek gevoer word met al die bevolkingsgroepe se leiers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.