Balju slaan toe weens wanbetaling aan Eskom

(Foto verskaf deur die VF Plus)

Die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is Dinsdagoggend vir die vierde keer in drie jaar op sy knieë gedwing toe die balju feitlik op al die munisipaliteit se voertuie beslag gelê het weens dié munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom.

Emfuleni skuld die kragvoorsiener sowat R4,2 miljard. Verskeie afbetaalooreenkomste is sedert 2018 tussen die partye gesluit, maar die munisipaliteit faal telkens om sy ondernemings oor betaling te eerbiedig.

Eskom het reeds verlede jaar op die munisipaliteit se roerende bates beslag gelê en in September vanjaar op een van die munisipaliteit se lopende rekeninge.

“Die gevolg van Emfuleni se wanbetaling is dat dienslewering tot stilstand gekom het,” sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit. “In een geval is amptenare gister op pad na Bophelong gevra om stil te hou en die voertuig aan die balju te oorhandig. Hulle was onderweg om voorbereidings te tref vir die amptelike opening van ʼn nuwe biblioteek.”

(Foto verskaf deur die VF Plus)

Die munisipaliteit wat reeds onder gedeeltelike provinsiale administrasie geplaas is, se langdurige wanbestuur het tot gevolg dat inwoners gestraf word vir onbevoegde administrateurs wat nie die munisipaliteit finansieel suksesvol kan bestuur nie.

Die VF Plus het verskeie kere die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, versoek om sy administrateurspan met opgeleide personeel te vervang.

Dit is onwaarskynlik dat Emfuleni Eskom sal kan betaal, aangesien hy nie die vorige terugbetalingsooreenkomste aan Eskom kon nakom nie.

“Die munisipaliteit ontvang ʼn gemiddelde inkomste van R350 miljoen per maand, maar die geld word aan krediteure betaal wat in die vorige finansiële jaar nie betaal is nie. Die VF Plus is van mening dat die munisipaliteit van totale ondergang gered kan word met ʼn bevoegde bestuurspan en met die politieke wil om ʼn positiewe verandering teweeg te bring,” voeg Senekal by. “Inwoners het in die komende munisipale regeringsverkiesings die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan en ʼn sterk boodskap uit te stuur aan die ANC dat die verval van Emfuleni nie langer geduld sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Net n kwessie van tyd voordat SA in twee of meer lande opbreek.

Perdeby ·

Dis baie vinnig oppad en die Wes Kaap gaan 1ste wees om weg te breek, en hulle het gese dat die ANC en EFF as terroriste gesien gaan word.

Chris dupreez ·

Hoekom is die munisipale bestuur nog nie in die tronk nie

Frank ·

Potgietersrus se bestuur en ‘n paar werkers (iets soos 12 in totaal?) was in die tronk maar nou weer terug by die werk agv een of ander tegniese punt. Mafia

Anoniem ·

Ň skelm kan loop, syl of selfs kruip om te kom waar ń misdaad gepleeg word. Ň kar is maar net ń middel om vinniger daar uit te kom. Hulle skelmstreke sal nooit eindig.

Nie Verbaas ·

Nog n ANC gedrewe gemors. Die kader moet mos in al het hy/sy nie eers die vermoë om n emmer vol water te tap nie. Mooi so ANC BEE, kry vir julle. Dan klink dit nog of die administrateurs net so hopeloos is.

Shakespeare ·

Stupid is as stupid does. Arresteer die hele lot. Vries hulle bank rekenings. Konfiskeer hulle huise en blink motors. Konfiskeer sommer al hul vaste en los bates. Los hulle met net die klere aan hul lyf. Sluit toe……hoe lekker droom ek nou.

Prontuit ·

alles goed en wel maar wie gaan nou daar onder lei? Nou gaan daar NOG minder dienste gelewer kan word!!!!

Yvonne ·

Wat n tragiese gemors…..Die ANC se arrogansie ken geen perke nie…hulle onbevoegdheid en gulsigheid nog minder

Di ·

Dis ‘n vernedering! Waar in jou lewe het jy vroeer jare sulke dinge sien gebeur? Skreiende skande, raak ontlae van hierdie useless korrupte spul

marius ·

Toemaar . Die geld sal van die nasionale tessourie afkom wat weer brandstof stygings tot gevolg sal he . Hou maar dop .

Sandra ·

Dit laat my dink aan ‘n ander munisipaliteit wat Eskom 400 miljoen skuld, en ‘n “stadium” gebou het wat 15 miljoen of meer beloop het.

Perdeby ·

Shame arme goed hulle het in elk geval nie die voertuie gebruik vir werk nie, nou is die stopping ook tydelik op ‘n einde met die werksvoertuie.

oelof ·

Geen geld word aan krediteure betaal nie. Dit word gebruik vir Kentucky en Nandos hoender.

Marcello ·

Wow!!!! dit is fantasties, ek skrik elke keer as ek in my grootword dorp kom, en sien hoe dit agteruit gegaan het. As ‘n mens sien hoe goed MIDVAAL Muns. na sy mense kyk asook die gebied onberispelik netjies hou…(en dit is reg langs die Emfuleni muns. … dan is dit ‘n skande. Die beheerernde Politieke Party wat in die Middvaal is, kan maar rêrig die Emfulleni Muns. ‘n les of twee gee……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.