Balju vat Gauteng-gesondheid se meubels

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, moes ingryp en seker maak dat die departement van gesondheid sy finansiële verpligtinge kan nakom, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

“Personeel by die hoofkantoor van die provinsiale departement van gesondheid sit op die vloer sonder tafels, stoele en rekenaars, omdat die balju twee vragmotors vol meubels gevat het, om ʼn betaling van R6,2 miljoen vir mediese nalatigheid af te dwing,” het Jack Bloom, woordvoerder van die DA, gesê.

Die balju het verlede week Donderdag beslag gelê op die meubels van vier verdiepings van die Bank of Lisbon-gebou in die middestad van Johannesburg. Daar is beslag gelê op verskeie items, insluitend 400 tafels, 600 stoele, 400 rekenaars, 200 liasseerkabinette, 50 drukkers, 10 yskaste, 10 mikrogolwe en drie sitkamerstelle.

O Joubert Attorneys, wat namens ʼn kind optree wat breinskade opgedoen het toe sy by Pholosong-hospitaal in Desember 2009 gebore is, het die optrede gebring. Die hof het op 8 Maart vanjaar opdrag gegee dat betaling gedoen moet word, maar die departement het nog nie betaal nie, alhoewel die prokureur ingestem het dat die bedrag in paaiemente betaal kon word, het Bloom verduidelik.

“Dit is ʼn vreeslike ongeregtigheid dat hierdie saak meer as sewe jaar lank geduur het, met verdere lyding vir die kind en haar gesin, en nou wil die departement nog verder uitstel. Ek is geskok dat die departement weereens ʼn hofbevel geminag het, en dit het nou daartoe gelei dat die balju die meubels moes kom haal en die hoofkantoor se personeel kan nie werk nie.”

ʼn Versuim om te betaal het ook tot die koste bygedra, aangesien ʼn boete van 10.5% as straf gehef word. In hierdie geval beloop dit tot meer as R300 000.

“Die Gautengse provinsiale regering word gedestabiliseer deur die eindelose finansiële laste van die departement van gesondheid, wat ʼn moontlike Medico-regseise van meer as R13 miljard in die gesig staar en groot bedrae aan verskaffers skuld.

“Premier David Makhura moet ingryp en seker maak dat die departement sy finansiële verpligtinge kan nakom en ʼn die pad vorentoe beplan om gehalte gesondheidsdiens te bied met die minimum nalatigheidseise,” het Bloom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leahim ·

Hierdie is weereens n bewys dat die ANC na 20 jaar nog steeds nie kompeterend is om in beheer te wees nie net n koalisieregering gaan die land beter maak.

Ferreira ·

Afrika skaam jou ! Ek skaam my om te se dit is my land !

Jaco ·

Hierdie sinkende skip is al so gevrot, maar ons regering steek dit baie goed weg. Soms, net soms as jy die regte rot volg kan jy vir ‘n oomblik jouself vergaap aan die vrot en roes van leuens wat ons ons regering moet noem. Die vrottes haal jou in.

Johann ·

Howk? Mar hes hallos ni vorniet ni? Hoerekom hons mut potaal ver hiets? Free 4 all! ANC LEGACY. Verstaan die beginsel van udget nie.

Jacobus Kotze ·

Die premier kan sy advertensie begroting van R127m gebruik om van die verskaffers te betaal, sy onthaal toelae sal ook ‘n paar gate toestop.

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as ‘n “struggle organization” ‘n land oorvat na ‘n bloedlose kaping….Alles verander in ‘n “struggle” want dit is wat hulle KAN doen. Nêrens in enige van hulle dokumente of manifeste of grondwette sal jy die woord “presteer” of “prestasie” of “achieve” hoor of raak lees nie. Alles is net “struggle, struggle, struggle”….

Speedguard ·

Dit is presies wat hul wil he, hulle het nooit eintlik ‘n rede gehad om niks te doen nie, nou het hul ‘n rede, dit is nie asof die salarise gaan stop nie, nou gaan hul eers piekniek hou en betaal word met ons geld, laat my dink aan die POF hulle kon nie wag dat iemand hul goed kom haal nie, dan hou hul eers fees !!

Duikerkie ·

Tienie. Die amptenare is useless. Net die meubels is iets werd. Party het seker ook nog nie agtergekom hulle goed is nie meer daar nie.

Protes ·

Ek het gehoop die DA was die andwoord maar as jy kyk na die nuutste gebeure in die Weskaap en Zille wat so gemuilband word sou sy net die waarheid praat dink ek dit is n geval dat die DA lyk goed gesien aan die vlak van “incompetence”van die ANC en dit is ook nie die andwoord nie.

piper ·

wag maar en kyk wat gaan gebeur met die NHI wat hulle probeer aan die gang kry.

Skaam ·

Dis ‘n vreeslike skande, aangesien daar oorgenoeg geld begroot word, maar die incompetent bestuur wend die geld verkeerd aan , te veel korrupsie, te veel bonusse, te veel geld wat net ‘verdwyn’ of op tenders uitgegee word waar daar geen werk verrig word nie. DALK leer hulle nou ‘n les hieruit, of dalk is hulle gemaklik op die vloer, want hulle verwag van PASIENTE by staatshospitale om op die VLOERE te lê. SKANDELIK. Ek is skaam vir die regering!!!

REAList ·

Wonder hoeveel vertroulike info is op die rekenaars.
Wens ek kan daar wees wanneer hulle dit terug kry.
Moet dan jou rekenaar soek tussen die honderde. Lol
Dis nou ‘n goeie verskoning om nie te betaal of te bestel nie.
Dit gaan nog lank gery word vir “underperformance excuses”.

CAROL ·

Hoop hul gaan die meubels op veiling hou (lol), ek kort meubels …… oh ja ek kan doen met n updated rekenaar – myne het saam Noag op die ark hier uitgespoel. ha ha ha

GES ·

Dit is ‘n skande. Waarheen verdwyn belastinggeld wat bedoel is hiervoor?

HPV ·

Ditsem! Lekker verskoning vir ‘n paar dae verlof, dan nuwe tafels,stoele, rekenaars, ens. Die wat die balju gevat het was in elk geval al oud. Lekker man!

Zelda ·

Dis nie dat hulle eintlik werk by daardie kantore nie. Jy kom daar dan moet jy deur die sekuriteit met die klomp van gesondheid departement kommunikeer. As hulle nie lus is om te help nie word daar net gesê die persoon is nie daar nie. Hulle het nou net ‘n meer geldige rede om nie te werk nie. Ons as prokureurs is geskok hoe die mediese nalatigheid toeneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.