Balju vat vervoerdepartement se bates

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê hy is bekommerd en uit die veld geslaan nadat die balju op verskeie staatsbates beslag gelê het.

Mbalula het nou aan die rekenpligtige amptenaar geskryf om volledige besonderhede te verskaf oor die saak om vas te stel of daar enige nalatigheid of pligsversuim oor enige hofsaak was wat tot die beslaglegging en verwydering van staatseiendom gelei het.

Die minister sê voor enige lasbrief uitgevoer kan word, moet bepaalde prosesse gevolg word om die geraakte partye daaroor in te lig.

Hy het die departement opdrag gegee om die nodige stappe te doen om die saak op te los, die departement se bates te herwin en te verseker dienslewering word nie nadelig geraak nie, lui ʼn verklaring van die departement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hennie J ·

Die ergste van alles is dat die balju ook beslag gele het op sy teepot en -koppie!!!

Petrus Albertus ·

Wha-ha-ha-ha! Hierdie kommentaar het my oggend gemaak!

Jaco ·

Die balju is deel van die staatsdiens. Die dept van vervoer is deel van dieselfde staatsdiens. En albei val onder beheer van die ANC-regering. So die ANC lê eintlik beslag op die ANC se bates. Dis mos nou absurd. Daar moet ‘n ander manier uit dié nonsens uit wees. Dit kan mos alles binne die ANC huis hanteer gewees het.

Sarel ·

Balju so ver ek weet is ‘n amptenaar van die Hof en voer
Opdrag van die Hof uit.

Johan ·

Nie heeltemal nie, want die eisers is waarskynlik privaat, en hulle is nie betaal vir hulle dienste nie.

marius ·

Nie staats amptenaar. Voer bevele uit van die hof volgens die wet .

Joe Olivier ·

Nee Jaco. Die anc was ingestem deur sy stemvee om die land en sy bates te bestuur. Die anc dink ongelukkig ook dat alles aan hulle behoort. Dit is nie die geval nie. Die anc het die land en die land se bates in die verderf in bestuur.

Snowball ·

Hulle gaan die lazy boy leunstoele vreeslik mis; namiddag dutsessies is vir tyd en wyl iets van die verlede.

Anel ·

Hy het geen idee wat regtig in sy departement aangaan nie. Hy weet nie een hoek om die te regeer nie. Dink net idees uit om ons van ons geld te skei en sy sakke te vul. Ai, tog!

Sandra ·

Hulle maak ‘n be spotting hiervan. Net soos alles wat hulle doen. So jammer dat die diegene dat diegene wat iets Wil en Kan doen in die minderheid is.

Kobus ·

Hulle moet nou nog net die KFC wat in die omgewing is ook toemaak

Sarel ·

Dienslewering????
Ek sien nie dat een van die Opposissie vra dat die
Geagte Minister moet verduidelik oor die plundering van
Transnet eiendom nie.

Sarel ·

Sover ek weet kan die Balju slegs in opdrag van ‘n
Hofbevel op Bates beslag lê. Hy het nie geweet nie???

Persheks Adri ·

Baie onnosel as jy my vra… Nie pille vir hulle nie

Casper ·

Jaco net ter inligting,die balju het niks met die staatsdiens uit te waai nie.Die balju funksioneer onafhanklik en kry opdragte van die hof om op bates beslag te lê.Dit verskil van die bate beslagleggingseenheid.

KB ·

‘n Minister is ‘n bestuurder, dus geld beginsels en reëls vir ‘n minister. Nou die les…
Stelling:
Die basiese reël vir goeie bestuur is:
“Wat jy nie meet nie, sal jy nie weet nie”.
Vraag:
Hoeveel, wanneer en wat meet ons geëerde minister?
Antwoord:
Nie veel nie, want hy is uit die “veld geslaan”!
Opmerking:
Is hy ‘n titel soos minister werd?

Dup ·

Leon Schuster het genoeg materiaal in SA om ten minste tien “Funny movies” te maak. Hy hoef ook nie eers te soek vir akteurs om rolle te vertolk nie.Ons regerende party se kader ministers kan dit sommer self doen!

Jr ·

Die dag wat hulle wakker word gaan die doodoo die fan slat. Sirkus ou maat. I am so shocked haaauuuww

Wielspore ·

As ‘n werknemer gereeld by die werk is en sy pligte nakom sal hy weet wat by die werk aangaan.

Mariana ·

Nou ja weereens ‘n minister wat ONBEWUS en vreeslik geskok is oor wat in sy departement aangaan. Wat doen hulle dan heeldag, verdien astronomiese salarisse maar weet nie wat om hulle aangaan nie? Altyd vreeslik verbaas. Rede: Nie geskik vir sy pos nie. Onbekwaam.

jou gewete ·

en hy is uit die veld geslaan, hy weet dus glad nie wat in sy departement aangaan slaan hom uit sy pos.

Fanie ·

Ag shame. Hulle lewe in ‘n lugborrel, hopelik bars dit een van die dae.

Pieter ·

Dit is sekerlik nog ‘n eerste voorval in die wêreld, waar die balju op ‘n regering se eiendom beslag lê!!!! Well done, ANC!!!!

Willem ·

In ou SA sou balju nooit staat se bates beslag opgelê het nie!!!Hierdie verhaaltjie bewys die korruptheid en onvermoë van anc regering!!!!!SIES anc!!!!!!

Jack ·

Die proses van beslaglegging is nie net skielik nie. Alle partye het geweet daarvan behalwe die minister. Vreemd of ook nie vir die minister nie.

Winnie ·

Seker iewers rekenings wat nie betaal is nie weens onbevoegde kader aanstellings. Nou eis die Krediteure hulle pond. Hoekom verbaas wees Fikie? Dit werk so in enige besigheid. Weer gaan apartheid die skuld kry. Wag maar en sien

Bushy ·

Wat hulle die meeste gaan mis is die horlosie teen die muur om te sien wanneer is teetyd, ete en om huistoe te gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.