Ballito-ma pleit skuldig

Die landdroshof in KwaDukuza. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Madelein Ackerman van Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus het Donderdag skuldig gepleit op die moord op haar vierjarige dogtertjie Layla.

Layla is op 26 April 2022 in ʼn emmer water by haar ouerhuis in ’n gegoede woonbuurt op Ballito verdrink. Ackerman se man, Layla se pa, was nie die betrokke dag tuis nie.

Ackerman het Donderdag weer in die streekhof op KwaDukuza verskyn waar sy skuld erken het.

Paul Nel, staatsaanklaer, het aan Maroela Media gesê die saak is tot April uitgestel vir vonnisverrigtinge. Dit sal dan presies twee jaar sedert die moord op klein Layla wees.

Aanklaers het reeds kort ná die moord aangedui dat Ackerman sou skuldig pleit. ’n Bekentenis is glo kort ná die moord afgelê, het Maroela Media destyds berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ore ·

Liewe genade, nee, daar hoeveel mense wat kinders begeer en dan doen sy dit!

Alta Alleman ·

Hoe kan n moeder haar eie kind vermoor? Dan nog op so n wyse?

Karoo ·

Ai Roek….. dis nie dieselfse familie nie en min nog bekend oor die saak. Se eerder iets posetiefs soos… dis tragies en simpatie met die familie.

Casper ·

Roek as jy sê”seker”dan is jy nie seker van jou feite nie.Die pa was nie by die huis nie en daar word geen rede verskaf vir haar daad nie.

Daisy ·

Ek onthou die ma het destyds gese die kind was moeilik en sy was besig

Koen ·

Gaan die ma ook soveel simpatie kry soos die vrou wie haar 3 dogtertjies vermoor het. Of gaan sy uitgeskel word soos die een in Saldanha. Die mense is maar erg eenogig.

Casper ·

Koen,dit walg my om te lees van ouers wat hulle kinders vermoor omdat hulle kwansuis moeilik of te besig is.As jy nie kans sien vir hulle nie gee hulle weg aan ouers wat hulle liefde sal gee.Die kinders het nie gevra om hier te wees nie.As ek na my 2 kinders kyk wat vandag volwasse is besef ek hoe gelukkig ek is om 2 pragtige kinders te he wat vir my en my vrou net vreugde verskaf.Mag die kindertjies wat so wreed en voortydig dood is rus en vrede vind in die teenwoordigheid van Jesus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.