Ballito Rage gekanselleer

(Argieffoto: Ballito Rage / Facebook)

Matrikulante wat Dinsdag na KwaZulu-Natal opgeruk het om die Ballito Rage-byeenkoms by te woon, sal nou weer hul tassies moet pak nadat die res van dié matriekfees Woensdag gekanselleer is.

Dít volg nadat 32 feesgangers en vier personeellede positief vir die koronavirus getoets het.

“Ons neem die veiligheid van al ons kliënte, personeel en verskaffers uiters ernstig op. Dit is om dié rede dat daar besluit is om die res van Ballito Rage te kanselleer,” het die organiseerders in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring het die fees Dinsdag met “ongekende Covid-19-maatreëls” afgeskop, wat verpligte inentings vir alle personeellede en feesgangers ingesluit het. ʼn Toetsfasiliteit is ook naby die feesterrein opgerig sodat Covid-19-toetse voor en ná die fees gedoen kon word.

Die 122 werkers wat Maandag vir die virus getoets is, het almal negatiewe uitslae getoon.

Uit die 940 mense wat die volgende dag getoets is, onder wie oorblywende personeel en feegangers, het 36 mense egter positief vir Covid-19 getoets.

“Beamptes van die departement van gesondheid was ook by die terrein en het saam met ons span gewerk om kontaknasporing te doen sodat die nodige isolasie van positiewe gevalle volgens regeringsvoorskrifte kan geskied.

“Hoewel ons die teleurstelling verstaan ​​wat dit vir diegene veroorsaak wat daarna uitgesien het om die fees te geniet, is dit ongekende tye. Ons waardeer almal se begrip en ondersteuning. Kaartjiehouers sal in die komende dae verdere inligting per e-pos ontvang.”

Die organiseerders het verder ʼn beroep op alle feeskaartjiehouers gedoen om uiters veilig en verantwoordelik te wees, indien hulle verkies om gedurende die vakansietydperk in die Ballito-omgewing aan te bly.

Dit is nie duidelik of feesgangers hul kaartjiegeld gaan terugkry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Eiervrug ·

Wat het hulle gedink gaan gebeur??. Ek kan raai dat niemand nou gaan isoleer nie, hulle het reeds vir hulle “vakansie” betaal, en gaan nou net ander kuierplekke opsoek…

anniekiewiet ·

Klink snaaks as nie een werker maandag positief getoets het nie, maar dinsdag toets 4 van die oorblywendes positief.

Chantel ·

Want… die inkubasietydperk met die variant is veel vinniger as voriges, Voriges het 7 dae gevat om te wys, hierdie een, kan jy Maandag negatief wees en Dinsdag laat positief toets.

JohanvandieNoorde ·

Ander artikels stel dit duidelik hulle het nie Maandag al die werkers klaar getoets nie, so nie noodwendig dieselfde persone nie…ek onthou iets van 120 is getoets en die res die vlge dag…
Kinders het positief getoets nog voor hulle kon ingaan. So het seker so daar aangekom vanaf Gauteng. Wens ander feeste, waarvan daar tans baie is, wil ook so deeglik wees. Dan het ons dalk ‘n kans.

Misky ·

En almal was ingeent en daar was beloof dis jou “paspoort na vryheid en terug na normale lewe”….. toe nou nie, neh

Baardman ·

Weereens, niemand het nog ooit gesê die inspuiting maak jou immuun nie. Dit sorg wel dat jy nie ernstig siek word nie.

VaalDonkie ·

Ons weet, Baartie. Ons lag vir die mense wat gedink het jy kan weer na normaal terugkeer en vir ons vinger gewaai het oor ons dit nie geglo het nie.

Pieter ·

Hoop jou bar / drankwinkel vra nie dalk jou sertifikaat nie. dan sit jy droog, lippe onder die klippe.

Baardman ·

Soos miljoene mense voor covid elke jaar die griep inspuiting gevat het. Niks nuuts. En niemand het bohaai gemaak, alhoewel die griepvirus ook elke jaar ander variante gehad het. M.a.w. meeste mense was ook maar elke jaar proefkonyne, sonder om te kla.

Lourens CFG ·

Ai tog, ek wens julle wil bykom, daar is ‘n reuse verskil tussen die griep en covid inspuitings.
Hulle gebruik dooie “griep” virus vir griep inspuiting, vir covid gebruik hulle Mrna.
Gaan kyk wat alles in Mrna is, en jy sal sien hoekom ons daarteen is.
Vind uit vóór jy kommintaar aub.

Leeu ·

Lourens – miskien moet jy gaan kyk – daar is niks IN mRNA nie! En mRNA bereik nooit jou selle se DNA nie. Julle wat dink julle is so slim moet tog bietjie julle navorsing gaan doen, asb.

Drikus ·

Vir wat is hulle so bang, as almal daar dan die JAB gehad het, sal hulle mos nie baie siek word nie.. As die JAB dan niks help nie, hoekom moet almal dag ge-JAB word. Al wat JAB help is om ‘n paar mense BAIE BAIE ryk te maak.

Francois ·

Probleem is hulle neem dit dan na hul kuier saam na areas waar daar dalk baie is wat nie geënt is nie en daardié persone word dalk baie siek.

Drikus ·

Ek is seker dat die wat wou ge-JAB wees is al ge-JAB, die wat die kanse vat sonder die JAB vat hom so. Volgens Discovery het ons al in Junie 2020 die 60% infeksie merk vir die hele bevolking oorskry. Ek vermoed dat ons die kudde immuniteit merk van 70% al verby gesteek het. My punt is, dat daar nie meer nodigheid is om verder in vrees te leef nie, ons is in die kudde immuniteit merk, en die wat hoë risiko gevalle is, het waarskynlik lankal die jab. Dit is tyd om die COVID vrees aanjaag ding te los, en met dit saam te leef soos alle ander siektes wat ons mee saam leef.
En vir die wat nie die JAB het nie, dit is hulle eie keuse, dit is nie die Staat of enige iemand anders se reg om te besluit watter risiko’s die individu wil neem nie.

Catherina ·

Ai ons weet hoe belangrik hierdie RAVE vir matrieks is, maar dit moes nooit eers plaasgevind het nie. Kry die kinders jammer maar is n moeilike tyd vir almal

Lubbe ·

In my tyd het ons as matrieks nie nodig gehad om vresslikke rave parties te hou nie. Ons was n groep wat saam vakansie gaan hou het, en ja daar was baie gekuier maar die bederfdes van vandag verwag baie meer.

Toy ·

Mense wat ingeent is kan nogsteeds mense aansteek en ook siek word.

Johannes ·

Gaan ons weer dieselfde pad loop as laasjaar? Gaan almal weer ingeperk word agv toegewings wat gemaak is on n klomp matrieks gelukkig te hou?. Hoop nie so nie

JohanvandieNoorde ·

Tans baie ander byeenkomste – baie vir volwassenes. Kyk maar om jou rond. Om die matrieks te blameer /alleen te blameer is bloot verkeerd.

Anke ·

Voel jammer vir die wat nou positief/siek is, maar die storie moes van die begin af nie gereel gewees het nie.

SwartBees ·

Fantasties. Die Sodomse gedoente moes nooit plaas gevind het nie.

Tokkel ·

Ek dink dit is goed dat dit gekanselleer is. Ons kinders en families kan nie van oorsee kom kuier agv mense wat nie wil saamwerk nie.

JohanR ·

Dis nou gooie nuus. September 2022 sal ‘n stil maand wees by die land se kraam afdelings!

My siening ·

As jy nie wil hoor moet jy voel! Party of lewe dis jou keuse, net jammer die gehoorsame moet dit ontgeld. Die gevolge is ons wil huil as daar lockdown kom maar help nie om dit te verhoed nie.

Frank John ·

Snaaks dat alle vees gangers moes ge-ent wees, as die wat ge-ent is dan nou Corona het, dan is dit mos duidelike bewys dit werk nie. So, waneer julle ‘n regte enting het wat regtig werk sonder al jul by bedoelinge, dan sal ek belandstel onder leiding van my hemelse Vader.

My siening ·

As is verbrande hout, geld is vir organiseerders meer as feite!

Waarnemer ·

Blameer die pas afgelope verkiesing hiervoor….toue en toue mense sonder beskermende kler wat gaan kruisies trek het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.