Ballito-video: Só het gebeure glo verloop

Die pa hou sy seun vas nadat een van die beamptes die seun aan sy hand gevat en met hom begin wegstap het. Foto: Skermskoot uit die video.

Op dieselfde dag wat ‘n video geneem is van ’n pa en seun wat hardhandig deur beamptes in Ballito in KwaZulu-Natal hanteer word, is elf mense gearresteer omdat hulle glo nie die afsonderingsregulasies gehoorsaam het nie. Die pa en die persoon wat die video geneem het, is van diegene wat in hegtenis geneem is, hoewel nie al die beskuldigdes op een slag in hegtenis geneem is nie.

Sipho Mkhize, woordvoerder van die KwaDukuza-munisipaliteit, het dié inligting Dinsdagmiddag aan Maroela Media bevestig. Volgens Mkhize het die voorval Sondag plaasgevind. Die video, wat wys hoe beamptes eers ’n kind en toe ’n man aan die arm beetkry en die man boei, is wyd op sosiale media versprei. Maroela Media het vroeër oor dié video berig. Volgens Mkhize is die man in die video ’n werknemer van die provinsiale departement van gesondheid.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die beamptes die betrokke oggend ’n klagte ontvang het oor mense wat nie die afsonderingsregulasies nakom nie. Die beamptes het omstreeks 08:45 by die Shaka’s Rock-strand aangekom waar hulle glo verskeie mense saam met hul kinders aangetref het. Dit word nie toegelaat gedurende vlak 4 van die afsonderingstydperk nie, verduidelik Mkhize.

Volgens Mkhize het die beamptes die vermeende oortreders se regte aan hulle voorgelees, waarna hulle in hegtenis geneem is.

Volgens die ondersoek was daar in dié stadium sewe kinders in die omtrek. Vier kinders is “op korrekte wyse en veilig, sonder enige probleme” by hul huise besorg, het Mkhize verduidelik. Dit is nie seker of dié kinders se ouers teenwoordig was nie. Mkhize sê beamptes het volgens bepalings van die Kinderwet opgetree.

Beamptes staan met die geboeide man by die hek. Foto: Skermskoot uit die video.

Volgens Mkize is van kinders na huise geneem by dieselfde woonstelkompleks waar die voorval in die video plaasgevind het. Dit is tóé dat die onderonsie tussen die polisie en die man in die video ontstaan het. Dit is nie duidelik of die man en kind in die video hier woon, of bloot hier gekuier het ten tye van die voorval nie.

In die video stap twee beamptes by ’n woonkompleks in en vat een van die beamptes ’n seuntjie aan sy hand en begin met hom wegstap. Dit is nie duidelik of die beamptes die seun wegneem met die doel om hom na sy ouerhuis terug te neem en of hulle hom juis weg van sy ouerhuis sleep nie. Die pa kom agterna gehardloop en probeer sy seun by die beamptes afvat. “Haal jul hande van hierdie kind af! Iemand bel die polisie,” skree die man wat die video neem.

Die pa vat die kind by die beamptes af, waarna hy geboei word. Die kind hardloop huilend weg terwyl ’n vrou met nog twee kinders nadergestap kom. Die beamptes staan dan met die geboeide man by die hek van die kompleks terwyl kinders in die agtergrond huil.

Volgens ’n senior landdros van Pretoria, wat verkies het om anoniem met Maroela Media te praat, is die kind in die video jonger as tien jaar en dus ontoerekeningsvatbaar. Hy sou dus in elk geval nie in hegtenis geneem kon word nie.

Die landdros verduidelik dat die kind in ag genome artikel 9 van die Kinderwet aan sy ouers oorhandig moes word. Indien die beamptes op die toneel besluit het om die kind saam met sy pa in hegtenis te neem, sou dit ’n misdryf wees.

Volgens Mkhize is sake teen die oortreders by die polisie in Umhlali aanhangig gemaak, insluitend die man in die video. Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig wat op hul beurt egter bevestig het dat hulle geen aanklagte teen die betrokke pa in die video kon vind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Oros Soros ·

Daar is soveel wat verkeerd gedoen is, dat ek nie weet hoe die mnr Mkhize nou sy beamptes se optrede wil regverdig nie. ‘n Spietkop is nie ‘nlid van die SAPD nie en het nie al die magte van ‘n SAPD lid nie. Full stop. Julle kan nie privaatpersele betree sonder ‘n lasbrief nie. Die beamptes se gebrek aan die “Child Justice Act” is vermoedelik omrede dit nie deel van hul alledaagse werk is nie. Nee, julle verduideliking word nie geglo nie. Dit kom voor asof julle julself meer magte aanmatig siende dat julle ook “enforcement officers” is, maar die normale wette van die land geld nog. Ons praat weer nadat u munisipaliteit en u beamptes ‘n vet bedrag aan siviele eis betaal het.

Ronel ·

Enige persoon in ‘n uniform is deesdae op ‘n powertrip.

Jan ·

Daar’s ‘n prima facie saak van poging tot ontvoering gepleeg deur die verkeersman/polisieman.

Riaan ·

Mkhize, jy lieg. Dit was onwettig. Hoeveel swart kinders is al in die swart woongebiede in hegtenis geneem. Welkom in die nuwe kommunistiese bestel…

Deon ·

Wie ookal wat gedoen het, die hardhandige hantering van die kind is verkeerd… Het die verkeers beampte die regte opleiding om kinders te hanteer? Kinders in trauma? As hulle nou die kinders begin wegry/rond ry, waarheen word die kinders gevat? Het hulle vervoer permitte vir die kinders in die sin van openbare bestuur permitte? Kan hulle die kinders voer? Weet hulle watter kinders het wat se mediese kondisies? LOS ONS KINDERS UIT!!!

Anel ·

Die Mikeze is net die woordvoerder. Wat se wetsgeleerdeheid het hy? En dan is hy slimmer as ‘n senior landdros. Geen wonder ons regstelsel is so in sy kanon in nie. Hierdie is KINDERS!! Hoe sê jy vir’ ‘n kind hy mag nie vir die afgelope 2 maande met sy maatjies speel, of die wat die voorreg het om by see te bly en elke dag daar speel hulle mag nie? Hierdie regering is SIEK!! Lig did die inperking, dit dien geen ander doel as om van wetsgehoorsame burgers misdadigers te maak nie, die mense van hongersnood te laat omkom en ons land na komunisme te verander. Die grondwet word ook so oortree. Selfs ons reg op assosiasie word ons ontneem. Hoop hierdie mense stel siviele eis teen die beamptes in.

My2Sent ·

Indien mnr Mkhize die waarheid praat, is daar ‘n “klagte” ontvang. Dit beteken dat ons mede landsburgers hierdie kinders verkla het. Jitte man, dit maak my amper net so kwaad as wat hierdie magsbehepte verkeersmanne se optrede my maak. Kyk, ons groot ondergang in hierdie hele inperking debakel, is ons eie bure!

Eugene ·

Dink ook dis laakbaar om by polisie te kla. Praat met die ouers

Michael 1 ·

Wat ek sien op die video is n swart kind wat saam met n verkeers polisie lid loop dan kom n wit man en gryp die kind ,hy sê dan in Engels “leave this child” waarna die swart kind begin huil,ek kan regtig nie sien hoekom hierdie ernstig is nie.Die polisie was nie per toeval daar nie hulle het n klagte ondersoek en niemand is hardhandig behandel nie die nodige geweld is gebruik om die persoon onder beheer te bring .

Nie Verbaas ·

Klink my Mkhize self ken nie die wet nie. Dit is soos the blind leading the blind. Daardie amptenare moet gestraf word, en ek hoop dit word oordentlik gedoen.

Lizanda ·

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is nie ‘n resgeleerde nie, maar een van hulle moet dit waag om my 10 jarige kind te probeer wegvat, ek kan hom waarborg hy sal nie in staat wees om gou weer te werk nie, wat nog te se kinders te boelie of te intimideer!

Jax ·

Ek sou die beamptes gedagvaar het. Raak aan my kinders en die hel is Los!
Daai arme kind/ers is lewens lank met die trauma sit!
Wie ookal die mense gaan verklae het, kan maar hulle koppe in skaamte laat sak. Wat n aaklige ding om te doen aan jou mede-mens! Die gesinne met hul kinders het niemand skade aangedoen nie.
Die verkeerspersoneel en mislikepaliteit (dis met opset so gespel) moet liewer in die ope publiek jammer sê, alle onkostes tov van berading vir die kinders, betaal! Gaan parkeer liewer julle karretjies en eet doughnuts of gaan vang taxis!

Sê Ook Maar Net ·

Jax. Goed gestel.
Ek wonder of die kla-kous die hele dag by die huis sit en kyk wie is buite.
Dis mos nie so erg om die polisie te bel as ‘n kind buite is nie.
Ek wonder of die kind en sy ouers dalk saam met die drawwers buite was?

Sê Ook Maar Net ·

Ek bedoel eintlik. Is dit so erg, as die kind buite is,dat die polisie gebel moet word?

Eerlik ·

Dis sommer n bog storie, daar is nerens n strand in sig nie, niemand se regte was voorgelees nie en hulle het beslis nie die kind huis toe gevat nie. Die beamptes het die kind gegryp binne die erf/kompleks en met hom begin hek toe stap. Hoe kan enige iemand die feite so verdraai!! Die beste van alles is dat die een “metro lid” glad nie eers n masker dra nie!

Ricus ·

Die kind is nie aan die hand deur die spietkop gevat nie en alles wat Mkhize se is n leun hy weet nie waarvan hy praat nie onbevoeg almal van hul maar so gaan dit gaan in n komunistiese staat waarheen ons oppad is.

Porseleintjie ·

Die hele storie gaan nou net reg ingekleur en reg geplooi word om hul onregmatigde optrede te regverdig. Niks gaan hieruit kom nie want die benadeelde is in n minderheidsgroep met die verkeerde velkleur.

Eugene ·

So die bulkebak polisie was reg? Daar is geen manier nie. Hulle het geen reg om aan die kind te raak nie. Hulle was beslus in oortredibg van die kinderwet

Willem ·

In my dorp loop die kinders in die informele nedersetting in die strate rond. Dis normaal maar die plaaslike polisie doen nie veel nie .in Balito is beamtes rof.

Sê Ook Maar Net ·

Daar het jy dit nou..Elke storie het twee kante van ‘n saak.

EERSTENS ek stem die beampte het geen reg om enigsins aan die kind te raak in die kind se eie erf.

Maar twee ander dinge:
1) Die lockdown is ‘n klug. Mense ry op en af en die strate is besig ,tydens werksure vir die kamptige vrygestelde werkers. Daar moet tog feitlik niemand op straat gedurende werksure wees omdat almal wat “essential” werkers moet dan tog by die werk moet wees. Maar die verkeer is so erg. Koop almal van die mense wat rondry die heeltyd kruiderniersware? Ek kan dit nie glo nie.

2)En dan vra ek die persoon wat gekla het oor die 11 mense wat buite is en die polisie ontbied het. Was dit baie lekker om te sien hoe die kind ge-traumatiseer word? En gaan jy NOOIT uit nie?

Erica ·

Ek stem 100% saam met jou. Die rede hoekom al die mense so rond ry is om te kyk waar hulle cigarette onwettig kan koop. [dit is n nuwe ding want ek kan dit mos nie net koop saam met my brood en melk nie] Daar is van ons wat nie van zol rol en lek hou nie. Ons soek ons zol klaar gerol.

JM ·

Sommige mense het niks beter om te doen nie, as om aan ‘n sieklike vervolgingswaan te ly.

Erika ·

Natuurlik gaan die meerderheid wat in magsposisies is dit uitbuit teen die minderheid Om hulle hardhandig te boelie en sommer die kind aan trauma ook bloot te stel en te verlekker daaraan ..-dit is so tipiese gedrag …en dit agterna te regverdig onder dekmantel “van bloot wet en.orde handhaaf” ….Ne As jy mos mag het kan jy doen wat jy lus kry…en mense behandel soos diere terwyl jy jou self soos een gedra…

Pieter francois ·

Die hele afsondering is n siek mags vertooning almal ly daar onder

Pieter J ·

Ek dink nie hierdie ouens het werlik ń klagte ontvang nie. Dit is net ń storie om hul optrede te regverdig. Waar ek bly loop die pad vir amper ń kilometer baie skerp afdraand. Kinders van ń woongebied drie kilometer hiervandaan het vanmiddag met hul skopfietsies gekom en die pad kom ry. Om hier te kom moes hul verby die polisiestasie beweeg. Nie die polisie of enige lid van die publiek het hulle aan die kinders se doen en late gesteur nie.

Sê Ook Maar Net ·

Presies… Wat maak die amptenare binne in ‘n privaat perseel? As die doel is om mense van die straat af te kry en hulle “vlug” huistoe is die doel mos bereik.

marius ·

Hoeveel honderd duisend is in ander gebiede in hegtenis geneem ? Leunaars !

Fae Fubar ·

Ek wil nóóit, maak nie saak wat die omstandighede is, ‘n kindjie só angswekkend en histeries hoor skreeu nie. Skaam julle, julle yslike boelies!

Tienie ·

‘n Geregsdienaar sonder n gesig masker.

Hy is seker onskuldig aan n misdryf of hy dink sy uniform sal vir Covid afweer.

Ek salliweti

Sê Ook Maar Net ·

Ek dag ek is die enigste een wat dit gesien het. Tienie. Hulle moet die ou sonder ‘n masker OOK arresteer!!

Sean ·

Nou hoe nou Daar was oorlog in die Spur geval waar die man die kind aan die arm gegryp het Hoe werk die ding nou Wat nou Hierdie is n rassistiese aanval en klaar

Nico ·

Die man stap by die hek in en gaan haal die kind dit sonder rede, die kind was binne sy erf, toe die pa nader kom om sy kind te help word hy summier gearresteer. Kruip hierdie beamptes agter die uniform weg, doen hulle dit net om te wys hulle die gesag om sulke dinge te doen. Die verkeers beamptes moet hulle
by hulle werk bepaal, kyk hoe ry die taxi’s en die groot vragmotors wat ‘n gevaar wat gevaar op die pad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.