Ballito-video: Só het gebeure glo verloop

Die pa hou sy seun vas nadat een van die beamptes die seun aan sy hand gevat en met hom begin wegstap het. Foto: Skermskoot uit die video.

Op dieselfde dag wat ‘n video geneem is van ’n pa en seun wat hardhandig deur beamptes in Ballito in KwaZulu-Natal hanteer word, is elf mense gearresteer omdat hulle glo nie die afsonderingsregulasies gehoorsaam het nie. Die pa en die persoon wat die video geneem het, is van diegene wat in hegtenis geneem is, hoewel nie al die beskuldigdes op een slag in hegtenis geneem is nie.

Sipho Mkhize, woordvoerder van die KwaDukuza-munisipaliteit, het dié inligting Dinsdagmiddag aan Maroela Media bevestig. Volgens Mkhize het die voorval Sondag plaasgevind. Die video, wat wys hoe beamptes eers ’n kind en toe ’n man aan die arm beetkry en die man boei, is wyd op sosiale media versprei. Maroela Media het vroeër oor dié video berig. Volgens Mkhize is die man in die video ’n werknemer van die provinsiale departement van gesondheid.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die beamptes die betrokke oggend ’n klagte ontvang het oor mense wat nie die afsonderingsregulasies nakom nie. Die beamptes het omstreeks 08:45 by die Shaka’s Rock-strand aangekom waar hulle glo verskeie mense saam met hul kinders aangetref het. Dit word nie toegelaat gedurende vlak 4 van die afsonderingstydperk nie, verduidelik Mkhize.

Volgens Mkhize het die beamptes die vermeende oortreders se regte aan hulle voorgelees, waarna hulle in hegtenis geneem is.

Volgens die ondersoek was daar in dié stadium sewe kinders in die omtrek. Vier kinders is “op korrekte wyse en veilig, sonder enige probleme” by hul huise besorg, het Mkhize verduidelik. Dit is nie seker of dié kinders se ouers teenwoordig was nie. Mkhize sê beamptes het volgens bepalings van die Kinderwet opgetree.

Beamptes staan met die geboeide man by die hek. Foto: Skermskoot uit die video.

Volgens Mkize is van kinders na huise geneem by dieselfde woonstelkompleks waar die voorval in die video plaasgevind het. Dit is tóé dat die onderonsie tussen die polisie en die man in die video ontstaan het. Dit is nie duidelik of die man en kind in die video hier woon, of bloot hier gekuier het ten tye van die voorval nie.

In die video stap twee beamptes by ’n woonkompleks in en vat een van die beamptes ’n seuntjie aan sy hand en begin met hom wegstap. Dit is nie duidelik of die beamptes die seun wegneem met die doel om hom na sy ouerhuis terug te neem en of hulle hom juis weg van sy ouerhuis sleep nie. Die pa kom agterna gehardloop en probeer sy seun by die beamptes afvat. “Haal jul hande van hierdie kind af! Iemand bel die polisie,” skree die man wat die video neem.

Die pa vat die kind by die beamptes af, waarna hy geboei word. Die kind hardloop huilend weg terwyl ’n vrou met nog twee kinders nadergestap kom. Die beamptes staan dan met die geboeide man by die hek van die kompleks terwyl kinders in die agtergrond huil.

Volgens ’n senior landdros van Pretoria, wat verkies het om anoniem met Maroela Media te praat, is die kind in die video jonger as tien jaar en dus ontoerekeningsvatbaar. Hy sou dus in elk geval nie in hegtenis geneem kon word nie.

Die landdros verduidelik dat die kind in ag genome artikel 9 van die Kinderwet aan sy ouers oorhandig moes word. Indien die beamptes op die toneel besluit het om die kind saam met sy pa in hegtenis te neem, sou dit ’n misdryf wees.

Volgens Mkhize is sake teen die oortreders by die polisie in Umhlali aanhangig gemaak, insluitend die man in die video. Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig wat op hul beurt egter bevestig het dat hulle geen aanklagte teen die betrokke pa in die video kon vind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oros Soros

Daar is soveel wat verkeerd gedoen is, dat ek nie weet hoe die mnr Mkhize nou sy beamptes se optrede wil regverdig nie. ‘n Spietkop is nie ‘nlid van die SAPD nie en het nie al die magte van ‘n SAPD lid nie. Full stop. Julle kan nie privaatpersele betree sonder ‘n lasbrief nie. Die beamptes se gebrek aan die “Child Justice Act” is vermoedelik omrede dit nie deel van hul alledaagse werk is nie. Nee, julle verduideliking word nie geglo nie. Dit kom voor asof julle julself meer magte aanmatig siende dat julle ook “enforcement officers” is, maar die… Lees meer »

Jan

Daar’s ‘n prima facie saak van poging tot ontvoering gepleeg deur die verkeersman/polisieman.

Riaan

Mkhize, jy lieg. Dit was onwettig. Hoeveel swart kinders is al in die swart woongebiede in hegtenis geneem. Welkom in die nuwe kommunistiese bestel…

Deon

Wie ookal wat gedoen het, die hardhandige hantering van die kind is verkeerd… Het die verkeers beampte die regte opleiding om kinders te hanteer? Kinders in trauma? As hulle nou die kinders begin wegry/rond ry, waarheen word die kinders gevat? Het hulle vervoer permitte vir die kinders in die sin van openbare bestuur permitte? Kan hulle die kinders voer? Weet hulle watter kinders het wat se mediese kondisies? LOS ONS KINDERS UIT!!!

Michael 1

Ek maak ook geen hond haar uit wat gebeur het nie.