Band wat bars, veroorsaak kettingbotsing waarin een sterf

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Band van ʼn vragmotor het Sondag op die N3-snelweg gebars en ʼn kettingbotsing veroorsaak waarin ʼn man gesterf en twee vroue beseer is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het sowat 25 km van die Villiers Toll Plaza in die Vrystaat plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel het ʼn motor langs ʼn swaarvoertuig gery toe ʼn band van die swaarvoertuig gebars het. Die vragmotor het die motor getref, waarna die motor verskeie kere gerol het,” het Botha gesê.

Die swaarvoertuig het daarna in aankomende verkeer ingeswenk en ʼn Mercedes-Benz reg van voor getref.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was die man in die Mercedes reeds dood. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.”

ʼn Vrou en haar dogter was in die motor wat gerol het. “Die vrou het ernstige beserings opgedoen en haar dogter is wonderbaarlik net gering beseer.”

Die ma is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Alberton geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

arie plaasboer ·

My beskeie mening is dat mense wat swaar vragmotors gebruik uit die aard van die saak dit op `n professionele basis doen en ek wonder of daar een mens is wat met my hieroor kan verskil.
per slot van rekening as ek `n swaar vragmotor koop doen ek dit beslis nie om mee teater toe te gaan nie, maar wel deeglik om vrag mee te vervoer – dus professioneel.
Om toe te laat dat `n band bars is professioneel onverantwoordelik – `n band bars nie sommer so op `n dag nie – die tekens dat hy kan bars is lank tevore reeds sigbaar. Dit is onbetwisbaar so.
In die gemelde geval het `n band gebars en is `n onskuldige persoon gedood as gevolg gebeure daarna.
Die gebruiker / eienaar van die vragmoyor is dus krimineel strafbaar nalatig gewees en moet die geregtelike gevolge daarvan dra.

NEL ·

Arrie, ek was so pas 35 jaar in die transport industrie . Stem saam met jou dat die voertuig se bande in goeie toestand moet wees as jy die besigheid stylvol wil besdryf maar daar is baie ander fatore . As ons in agneem die klomp trokke wat scrap vervoer en die die goed val af, Paaie soos by Lydenburg na Machadadorp wat meer slaggate het as wat daar pad in gaan jou nuwe band of die oue seer kry. Ek het my eie bakkie amper gerol deurdat ‘n stuk yster in die pad my band laat bars het…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.