Bane op N1 in Pta tydelik gesluit

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het motoriste gewaarsku van tydelike baansluitings op die N1-snelweg in Pretoria.

Sanral het in ʼn verklaring gesê die sluitings vind reeds saans op die N1-noord naby die Garsfontein-brug plaas.

“Die gedeelte van Garsfontein-brug oor die noordelike ryvlak is al herhaaldelik beskadig deur swaarvoertuie wat te hoog is. Sanral het ʼn kontrakteur aangestel om staalplate aan die onderkant van die brug aan te bring om die brug te versterk en teen soortgelyke trefslae in die toekoms te beskerm.”

Twee bane aan die linkerkant van die noordelike ryvlak sal tydens die eerste fase, wat tot 15 Maart strek, tussen 21:00 en 06:00 vir verkeer gesluit wees.

Die tweede fase gaan van 15 tot 22 Maart duur waartydens bane aan die regterkant van die ryvlak van 21:00 tot 06:00 vir verkeer gesluit gaan wees.

Al die bane behoort teen 22 Maart om 06:00 weer permanent oop te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mart ·

Trokke in die algemeen moet ook nie tydens spitsverkeer op hoofroetes in stede behoort te ry nie. Daar is genoeg tyd na ure om aflewerings te doen. Kyk na die foto wat wys hoe lyk dit in spitstyd.

Kobie ·

Wel dis spitsverkeer so hulle is nie nou besig om af te lewer nie hulle hoort nie op die paaie tussen 4 en 6 pm nie. Stel saam. Ook natuurlik oggende.

Goedgedacht ·

Dis mos die brug waar die kameelperde hulle koppe gestamp het. Ek het verstaan daardie brug is laer as al die ander vir een of ander rede.

Thinus ·

Wel as Metro Polisie net hulle mandaad volg instede van heeltemal nutteloos wees sou daar dalk minder van die soort ding gebeur maar terwyl daar nog enige iets langs ons paaie is wat skaduwee gooi kan ons seker net droom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.