Bangkok-bom: Dodetal styg tot 15

Die toneel in Bangkok, Thailand op 17 Augustus 2015

Die toneel in Bangkok, Thailand op 17 Augustus 2015

Minstens 15 persone is dood en meer as 80 beseer ná ʼn ontploffing Maandagaand in Bangkok, die hoofstad van Thailand.

Plaaslike media berig die ontploffing het omstreeks 19:00 plaaslike tyd naby Erawan-tempel by Ratchaprasong plaasgevind, ʼn gewilde aantreklikheid vir plaaslike en buitelandse toeriste.

Die ontploffing is veroorsaak deur twee springstoftoestelle en nog twee toestelle is later skadeloos gemaak, berig die Bangkok Post.

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale gehaas.

Die junta, of nasionale raad vir vrede en orde (NCPO), het gerugte ontken dat hy ʼn noodtoestand in Bangkok afgekondig het of dat skole en sakeondernemings Dinsdag gesluit sal wees. ʼn Aantal uitlanders is beseer en meer as 40 voertuie is beskadig in die ontploffing, volgens ooggetuies.

Dit is nog nie duidelik of enige Chinese burgers dood is in die ontploffing nie.

Paaie rondom die toneel is gesluit en die polisie en soldate stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.