Banier steel die aandag by Zuma-Kerspartytjie

Foto: @DasenThathiah op Twitter.

Foto: @DasenThathiah op Twitter.

President Jacob Zuma het Dinsdag geskenke aan hawelose gesinne in Savannah Park in Durban uitgedeel en ook beloof om ʼn donasie van R50 000 aan die gemeenskap te maak.

Zuma het gesê dit is betreurenswaardig dat daar nie genoeg sorg aan bejaardes en jong kinders verskaf word nie. Hy het gesê die donasie van R50 000 sal aangewend word om weeskinders te help.

Dit was egter ʼn spelfout op ʼn banier wat die aandag gesteel het tydens die geleentheid. Op die banier staan “Living no one behind” in plaas van “Leaving no one behind”. Die banier is deur die kantoor van KwaZulu-Natal se premier opgerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

Die banier was net weer ANC propaganda. Ek dink die stem vee so nie eers die spelfout agtergekom het nie. Die R50 000 is seker weer belasting geld.

Bielie ·

Nog ‘n produk van die 30% matriek slaagsyfer. Deur hoeveel kaders se hande het die banier nie beweeg voordat dit daar opgeland het nie?

Steve Coetzee ·

Maar net 50 000 ?? Swak na al die geld wat hulle gesteel het die afgelope 6 jaar. 362 Miljard, dis hoeveel ons van weet wat hulle gesteel het. Daai donasie is net weer n bewys hoe min respek hulle eintlik vir die oues het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.