Die Nedbank-tak in die Tuine-winkelsentrum in Kaapstad is Saterdag omstreeks 10:30 beroof.
ʼn Ooggetuie, wat anoniem wou bly, het gesê die mans het verby die kafee gehardloop waar sy werk. “Hulle het vier groot sakke kontant gedra,” het die vrou gesê.
Geen skote is gevuur nie en die mans het in drie VW Golf GTI’s gevlug.
Dit is die tweede keer in drie maande wat rowers op die sentrum in Meulstraat toeslaan.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan News24 bevestig dat ʼn gewapende roof omstreeks 10:20 plaasgevind het. “Twee onbekende mans het veiligheidswagte genader terwyl hulle ʼn kitsbank binne die bank volgelaai het,” het hy gesê. “Hulle het vuurwapens op die beamptes gerig en met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug. Geen skote is gevuur nie en niemand is beseer nie.”
Die polisie ondersoek die kringtelevisiebeeldmateriaal en het verklarings afgeneem van die ooggetuies.
Die sentrum se sekuriteitsbestuurder het die rooftog bevestig, maar wou nie met die media praat nie. Sentrumbestuur het ook die rooftog bevestig, maar kon nie verdere besonderhede aan die media verskaf nie.
Oproepe na die Nedbank-tak is nie beantwoord nie. ʼn Woordvoerder van Nedbank was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Bron: Thomas Hartleb, News24
Ek glo nie dis die Standerbende.
Dit moet ‘verdagtes’ wees wat uit is op borgtog. Dalk op parool?
Kom ons kyk?
Dit vebaas my dat die kitsbank gedurende werksure terwyl die bank oop is, gelaai word.
Dink tog!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Inside job?