Bank waarsku teen misdadigers se nuwe slenter

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Nedbank het sy bankkliënte vandeesweek gewaarsku teen ʼn nuwe slenter waarin voorgegee word dat dié bank glo kliënte bel en dan vir persoonlike inligting vra.

Die bank het in ʼn verklaring op sy webwerf, wat ook as massa-SMS aan kliënte uitgestuur is en op sosiale media versprei is, gesê misdadigers het glo onlangs kliënte begin bel om te vra vir hul kaartbesonderhede en ander inligting, waarna hulle die kliënt vra om ʼn transaksie met behulp van die Approve It-sisteem goed te keur.

Die Approve It-sisteem stel kliënte onder meer in staat om ʼn internet-transaksie met behulp van hul selfone goed te keur.

Nedbank het gesê die misdadigers vang kliënte in ʼn wip deur hulle te oortuig dat die transaksie goedgekeur moet word om sodoende toegang tot hul bankdienste te behou.

Die bank het ook kliënte gewaarsku om nooit hul sogenaamde “one time”-wagwoord (OTP) aan enigiemand te gee nie.

Die bank het gesê hy sal nooit ʼn kliënt bel om telefonies inligting soos onder meer die kliënt se kaartnommer, vervaldatum, CCV-nommer of OTP te bekom nie. Hoewel die bank soms vir ontbrekende inligting mag vra, sal hy ook nooit kliënte vir persoonlike besonderhede soos ʼn profielnommer en PIN-kode vra nie.

“Indien jy wel ʼn Approve It-boodskap kry, moet jy dit nié goedkeur nie en Nedbank onmiddellik in kennis stel,” waarsku hulle in die verklaring.

As jy vermoed jy was moontlik ʼn slagoffer van bedrog, kan jy Nedbank nader by 0800 110 929. Jy kan ook ʼn e-pos stuur na [email protected].

Meer inligting oor kaartbedrog is beskikbaar op Nedbank se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willem ·

Klaar gevang, “inside job” iemand in Nedbank verskaf inligting aan so genaamde misdadigers, Nedbank is nie bereid om pa te staan vir misdaad nie, die klient trek maar altyd aan die kortste ent. As die “misdadigers” jou bel weet hulle alreeds alles van jou en jou kaarte se nommers. Die swendelaars maak dit net ampelik :(

A3 ·

Ja Willem ek stem 100% saam jou – ek is ook so gevang met my Nedbank Savings nodeloos om te sê, hulle het geweier om my geld terug te gee waarna ek toe oorgegaan het na Capitec. Nie een dag spyt daaroor nie.

John ·

Ek het nog nie so sms gekry nie. Maar dankie ons moet katvoetloop.

LB S ·

Hierdie is een van die oudste skelmstreke ooit. Niks nuuts nie.

agge nee man ·

Nuwe Slenter??? Is dit iets nuut? Agge nee man ek sê dit weer dis mos nie iets nuut nie.Ek kan wragtig nie glo dat mens nogsteeds gevang word nie. As jy ‘n verdagte oproep kry sê jy sal sommer self bank toe gaan of bel..

Luska ·

@WeesSlim, Std Bank veiliger? Net jammer oor die 3keer wat hulle al by die bank self vir my vervalsde note verskaf het, en patetiese customer service.

Miss Muffet ·

Standard Bank veiliger? Ons het eerste handse kennis hoe SB bankamptenaar bedrog gepleeg het met ons geld…..die bank is net so veilig soos wat jy dit maak. Hoeveel keer moet mense nog gewaarsku word? As jy nie wil leer nie moet jy mos voel?

Slimmie ·

Truecaller is n awesome app. Ek kry gereeld die “blocked caller” boodskap wat se “Nedbank scam”. Somtyds vloeg hy verby die blocker maar sodra ek hoor dis een wat se hys van n Bank, sit ek neer. Ek het 2 rekeninge en albei skuld niemand niks. As ek iets wil weet gaan ek aanlyn of self in bank toe.

bgj van der westhuizen ·

mense jou naam en cel nomer word verkoop deur die banke / cel maatskappy aan mense wat bemarking doen waar dink julle kry die tellefoon bemarking jou nomer cel nomer van daan alles gaan oor geld en die banke weet dat hulle werknemers nie mee betrou baar is soos 25 jaar trug nie en hulle gee glad nie om as jy geld verloor nie so lank hulle nie hoef pa te staan vir dit nie wand hulle maak dit net elke keer dat dit jy is wat nalatig was

Poot ·

Sjoe dit alles in een sin gesê. Sonder punte of kommas. Maar darem nie sonder spelfoute nie.

Jacques Venter ·

Ek is 12 jaar gelede weg van Nedbank na FNB. Was nog nie een dag spyt nie. Wat n wonderlike verbetering

Anita vd Westhuizen ·

Die dame wat saam my werk is by Standard bank en sy is so gevang ‘n maand terug. Hul al haar spaargeld getrek, haar hele salaris, aangesien dit net mooi op payday geval het, hul het ook sommer ‘n overdraft op haar rekening gevat. Die persoon wat gebel het het al haar besonder hede gehaad en sy moes net se als bevestig en die OTP aan hul gee.

Standard bank wil ook nie pa staan vir dit haar verlies nie. Sy kan nie eers haar rekening by hul toe maak nie, hul se hy moet oop wees sodat as hul die geld opspoor en vir haar kan terug gee moet dit in haar rekening in kom wat dit uit gevat is. Sy het nou maar ‘n alternatiewe rekening by ‘n ander bank oop gemaak, gelukkig nie Nedbank nie. Maar sy moet nogsteeds bank kostes betaal.

Gescam ·

Ek is by Standard Bank gescam. Ja, ek weet ek was dom, maar hulle was ongelooflik oortuigend: Bel vanaf ‘n SB oproepsentrum, met die regte SB-telefoonnommer, en as jy terug bel om te verifieer, klink dit boonop soos SB met al die SB-opsies, SB-luitone, ens. Hulle het ook reeds jou rekening nommer. Dit het vir my geklink asof hulle regtig vanaf binne SB af bel. SB het die duisende Rande wat van my gesteel is, als binne ‘n week terugbetaal – prys hul daarvoor!!! Die bank het my egter gewaarsku dat ek volgende keer nie ‘n sent uit hul sal kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.