Bankbestuurder vas oor ‘bedrieglike lenings’

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal sê nog inhegtenisnemings word verwag nadat ʼn bankbestuurder van Ubombo in KwaZulu-Natal vandeesweek vasgetrek is in verband met miljoene rande se bedrog.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê beamptes het Donderdag toegeslaan en die 35-jarige man in hegtenis geneem. “Daar word beweer hy het kliënte gehelp om vervalste dokumente by die bank in te dien om aansoek te doen vir persoonlike lenings. Sodra die lening goedgekeur is, sou elke kliënt hom glo tussen R30 000 en R40 000 in omkoopgeld betaal,” sê Mbele.

Sy sê teen die tyd dat dié onwettige aktiwiteite aan die lig gekom het, het die bank reeds meer as R3 miljoen verloor.

Die bankbestuurder is vasgetrek ná ʼn ondersoek deur die polisie en die bank se forensiese ondersoekers. Die man het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Die datum van die beskuldigde se volgende hofverskyning is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

RN ·

Ag tog, wat is nuut hieraan? By hierdie tyd is 3m niks in vergelyking met staatkorrupsie nie…

Gert van Wierdapark ·

Dat die “helpende hand ” van die bankman nou so gou ontdek is, is verstommend. Het dalk opleiding by vbs gekry?

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid! En daar het ons nou SEB in sy volle glorie.

H.A. ·

Die pad is nou oop parlament toe. Blink toekoms by die ander kaders

Ellisras ·

Ons kan skryf wat ons wil. Daardie Bank Bestuurder lees nie MM nie. Virseker nie

Chris Ws ·

Ek wed hy is reeds uit op borg en teen die’ tyd “missing”!

John ·

In 2020 sit ons alweer in die AU voorsitterstoel. Dit is seker ons hogere etiese waardes wat telkens die deurslag gee. ‘n Land met soveel skade en skandes agter sy naam. Of wag, seker is dit ons olie-en gasbronne wat nou die res van Afriia gaan help bevry van hul massas werkloses. Pack your bags and go South… far south, then turn left… to where the coast is sweet and clean… and mess it all up. Bye, bye… and don’t come back!

jakes ·

Die bankbestuurder was eers n “takbestuurder”. Hy het maar net die status-qo gehandhaaf. Daar word van bestuur verwag om vingers in die geldlaai te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.