Banke draai rug op Bosasa

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa. Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA

African Global Operations, voorheen Bosasa Operations, het Maandag aangekondig dat sy groep maatskappye aansoek sal doen om vrywillige likwidasie ná Suid-Afrikaanse banke besluit het om nie meer met die omstrede maatskappy sake te doen nie.

Dié likwidasie sal sowat 4 500 mense werkloos laat.

“Dit is met diepe spyt dat die direkteure die sluiting van die African Global Operations-groep se maatskappye aankondig,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê wat deur direkteur Johannes Gumede onderteken is.

“Ons het formele kennisgewing van ons finansiële instansie ontvang van sy besluit om hom van die groep te distansieer en die gevolglike sluiting van al die entiteite se bankrekeninge op of voor 28 Februarie 2019.”

Bosasa is sterk by bewerings van korrupsie betrek in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, en ander werknemers het getuig oor hoe Bosasa na bewering by talle omkooptransaksies betrokke was.

Agrizzi het onder meer getuig hoe Bosasa se uitvoerende hoof en medestigter, Gavin Watson, na bewering omkoopgeld aan talle regeringsbeamptes en politici betaal het om voorkeur aan die maatskappy te gee vir die toekenning van winsgewende staatstenders.

Bosasa sê die omvang van die skade wat dié bewerings aan die maatskappy se beeld aangerig het, het daartoe gelei dat ander plaaslike en internasionale banke geweier het om rekeninge vir die maatskappy te open.

“Die besluite deur die finansiële instansies is nie gegrond op die African Global-groep se likiditeitstatus, finansiële stabiliteit, bedryfsprestasie of groeivooruitsigte nie. Inteendeel, die groep is feitelik en kommersieel solvent. Ongelukkig kan die groep nie handel dryf sonder ʼn bankrekening nie.”

Bosasa sê hy is soos volg aangeraai: Indien hy nie binne ses maande in staat sal wees om sy krediteure te betaal nie, móét hy volgens die Maatskappyewet om sakeredding of vrywillige likwidasie aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Die gewone werkers by Bosassa is werkloos. Ek kry hulle baie jammer.
Maar die grootkoppe swem in die miljarde. Ek sou voorstel dat hulle in hegtenis geneem word en in aan houding bly terwyl die ondersoek aan die gang is.
Hulle is ‘n vlug risiko en die aantyging is ernstig

blye koor ·

dankie aan die banke wie die besluit geneem het. n naamsverandering is maar net jakkals in skaapklere

Estelle ·

Nou besluit banke om nie verder sake te doen nadat hulle self lekker geld gemaak het terwyl alles aan die gang was.

Laksman ·

Daar sit nou nog 4500 mense sonder werk! Korrupsie het Afrka waar hy is, verarm , siek en bemors deur die klein groepie gewetenlose misdadigers.

Gerhardb ·

Ek wil nog steeds weet waar is Watson, Dudu en kie……..hoekom is hulle nog nie gearesteer nie…maar die fluitjie blasers sit?

Klasvakie ·

Struggle veterane………… hulle SAL nie suksesvol vervolg word nie.

Winx ·

Ek het ‘n vraag, bloot omdat ek nie weet hoe dit werk nie: As die groep maatskappye en direkteure suksesvol gelikwideer / gesekwestreer word, en hulle het wel biljoene onregmatig verdien deur korrupsie, ens. , beteken dit dan dat hulle daarna nie meer aanspreeklik gehou kan word vir die terugbetaling van die onregmatige/korrupte verdienste nie?

Avra ·

Ek praat slegs uit n regsoogpunt (dis toe ek nog gepraktiseer het) . Die direkteure kan afsonderlik of gesamentlik aanspreeklik gehou word vir uitstaande skuld.
As dit ek as werknemer was, sou ek ook n eis ingedien het met die lokwudasie van hierdie maatskappy(e)

SjN ·

Wet op Finansiele dienste wetgewing verplig banke om dit te rapporteer en op te tree, geldwassery, fica en pocca is hier ter sprake en die strawwe is kwaai. Vertou en hoop dat geregtigheid sal geskied.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis heeltemal voortydig van die banke om dit nou te doen………Nou is alle rekening gevries, alle gelde is weg, en die maatskappy en direkteure is “gelikwideer”………om wat te bereik? Dit sou veel meer sin gemaak het om hierdie proses sy gang te laat gaan……en die skuldiges aan die pen te laat ry…….Nou spring FNB op en af……..maar toe die geld gevloei het, het hulle hompe rente en dienstefooie gehef………Toe het hulle nie gevra waar kom die geld vandaan nie?

George van Bloem ·

En soos gewoonlik gaan die grootkoppe,die WARE skelm en korrupte gespuis wegkom. Die arme werknemers wat as gewone belastingbetalers ‘n sukkelbestaan voer gaan nou EERS sukkel. Hoeveel van die spul wat verantwoordelik was vir die wandade is verhoorafwagtend in die tronk? My “gutfeel” se vir my geen enkele een nie. Dis mos hoe dinge onder die korrupte ANC regering werk. GEEN toerekensvatbaarheid bestaan meer nie. Daai Shabir Scheik kerel op menslikheidsparool breek lankal mediese rekords vir die ou wat die langste terminaal is en enige oomblik kan sterwe. Die spul maak ons regstelsel die grap van die wereld. Belaglike klomp narre.

Carel ·

Laksman
Die korrupte misdadigers is nie n klein groepie nie

Adam ·

Ek verstaan die banke se posisie, maar sal graag wil weet of hulle ook al die omgekoopte kaders se rekeninge gaan sluit. Banke bly maar eenmaal ‘n klomp opportunistiese hoogheilige “rowers”. Dit sal verder interressant wees om te hoor watter “voordele” banke uit hul ruimskootse borgskappe kry, veral die wat gegee word vir instansies en liggame naby aan die staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.