‘Banke moet gestraf word’

sa-reserwebank

Die Suid-Afrikaanse reserwebank. Foto: Resbank.co.za

Die Tesourie het uitgevaar teen die beweerde sameswering van banke in ʼn beweerde geval van prysvasstelling en marktoewysing.

Die Mededingingskommissie het ʼn bevinding gemaak oor beweerde sameswering tussen 17 banke, waaronder die drie Suid-Afrikaanse banke Absa, Standard Bank en Investec.

Die kommissie het bevind die banke het minstens van 2007 af ʼn ooreenkoms gehad om saam te span met verhandelings van die dollar-rand-wisselkoers. Volgens die kommissie het banke die pryse van tenders en aanbiedinge gemanipuleer.

“Hulle het mekaar bygestaan om die verlangde prys vas te stel deur hul handeltye te koördineer. Daar is ook fiktiewe tenders geskep wat die vraag-en-aanbod-beskikbaarheid skeefgetrek het om hul eie winste te verhoog,” het die kommissie gesê.

Die kommissie het die saak na die Mededingingstribunaal verwys waar die banke nou die geleentheid gegun sal word om hul kant van die saak te stel. Die Tesourie het in ʼn verklaring gesê die proses moet sonder vrees of inmenging plaasvind.

“Ons beskou hierdie oortredings as baie ernstig en verwelkom enige stappe teen dié wat verkeerd opgetree het. Ons sal die resultate van die mededingingstribunaal respekteer.” Die Tesourie het bygevoeg dat indien die aantygings waar is, dit die ongelooflike hebsug van die banke bevestig selfs nadat dit al bewys is dat dié tipe optredes die ineenstorting van nasionale en internasionale finansiële stelsels tot gevolg kan h.

“Dit kan ongelooflike pyn by gewone mense veroorsaak – dit het ons gesien tydens die resessie van 2008-2009. Daardie resessie was veroorsaak deur banke wat roekeloos was. Dit moet gestraf word,” het die Tesourie gesê.

“Die Tesourie wil dit duidelik maak dat die Reserwebank ʼn omsigtige toesighouer is en nie ʼn markreguleerder nie. Geen markwaarnemingstrategie was ingestel ten tyde van hierdie beweerde ongerymdhede nie,” het die Tesourie gesê.

Die ander betrokke banke is: Bank of America Merrill Lynch International Limited, BNP Paribas, JP Morgan Chase and Co, JP Morgan Chase Bank NA, Standard New York Securities Inc., HSBC Bank Plc, Standard Chartered Bank, Credit Suisse Group, Commerzbank AG; Australia and New Zealand Banking Group Limited, Nomura International Plc., Macquarie Bank Limited, Barclays Capital Inc en Barclays Bank Plc.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem de Klerk

AL die PERSONE wat SKULDIG bevind word moet krimineel gestraf word. Die SKULDIGE BANKE moet swaar beboet word en die geld teruggegee word aan die mense van SA.

Piet Badenhorst

Is dit nie weerwraak oor die Gupta Sage nie.?

Jean

Straf hulle, en die Selfoonmaatskappye en almal wat tonne geld maak uit die verbruiker. Banke is een van die mense wat elke maand ‘n ander ‘heffing’ op jou kaart of rekening sit, en as ek daarna uitvra, dan is dit ‘n ‘nuwe’ adminfooi of ‘n bankfooi of ‘n kaartfooi wat hulle bo op die ander fooie hef, ek is al so KEELVOL daarvoor. Bele jy by hulle geld kry jy ‘n klein persentasie rente, leen hulle dit uit aan jou vat hulle die maksimum. Hulle buit beslis die kliente uit, ek gee regtig nie om as hulle boetes opgele word… Lees meer »

Connie

Almal, nie net sekers nie moet gestraf word. Die President inkluis.

PvZ

Kyk, ek het geen liefde vir banke nie. Maar, daar is verseker ‘n aanslag teen die banke, en ANC/Guptas is agter dit. Wat my koud laat word is die beperkte kennis waarmee die regering sulke moeilikheid wil oplos. Wat gaan gebeur as die grond sonder vergoeding onteien word? Die meeste boere het oeslenings en skuld op plase. Dit beteken die bates op die banke se boeke word oornag uitgevee. Dan is daar nog die veldtog van BFLF en ANCYL wat banke wil afbrand as hulle nie biljoene terugbetaal nie. Ek is seker daar is versekering vir sulke dinge, maar soos… Lees meer »