Bankkaartdiewe in hul spoor gestop

Die wegkomvoertuig (Foto: SAPD, Wes-Kaap)

Twee mans het Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met bedrog en die diefstal van ʼn bankkaart van ʼn toeris.

Die Valke se kitsbank-taakspan het Woensdagoggend omstreeks 08:00 brandstof ingegooi by ʼn vulstasie in Groenpunt, toe hulle in kennis gestel is dat ʼn bankkaart by ʼn nabygeleë kitsbank gesteel is, het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beeldmateriaal van die voorval is dadelik geanaliseer en die ondersoek het begin deur die voertuig op te spoor, wat in die vermeende oortreding betrokke was.”

Musawenkosi Charles Mndaweni (33) en Trevor Lindokuhle Ngcobo (28) is kort daarna in hegtenis geneem. “Die twee mans is vermoedelik deel van ʼn groter bankkaart-omruilingsindikaat wat spesifiek persone teiken wat kitsbanke gebruik.”

Die mans is Woensdagaand net voor 23:00 by ʼn vulstasie naby Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem, terwyl hulle met dieselfde voertuig gery het.

“Beamptes het beslag gelê op verskeie bankdepositostrokies en hul selfone en hulle het ook ʼn groot bedrag kontant in hul besit gehad,” het Ramovha bygevoeg. “Die twee, oorspronklik van KwaZulu-Natal, het vlugtig in die hof verskyn. Hulle sal weer op Woensdag, 27 Desember, in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.”

Ngcobo het egter drie uitstaande lasbriewe vir inhegtenisneming vir oortredings soos bedrog, poging tot moord, die besit van gesteelde goedere en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem de Klerk ·

Goeie werk SAPD. Dankie en ‘n Geseënde Kersfees vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.