Bankklerk gevonnis wat kliënt bedrieg

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Voormalige kliëntediensklerk by Absa is in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog.

Siphokazi Katyu het skuldig gepleit op aanklag van bedrog van meer as R1,1 miljoen. Sy was by Absa se Kwadwesi-tak werksaam toe sy in November 2015 wederregtelik die rekeningnommer van ʼn Absa-kliënt se spaarrekening verander het. Sy het ook die woonadres en selfoonnommer wat aan die rekening gekoppel was, verander.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Katyu ʼn debietkaart uitgereik in die kliënt se naam en dit aan ʼn spaarrekening gekoppel en nog ander rekeninge wat nie aan die kliënt behoort nie. Sy het twee betalingsaanwysings na drie FNB-rekeninge geskep.

Tussen 13 en 23 November 2015 is die debietkaart by vyf kitsbanke in Port Elizabeth gebruik om R1,1 miljoen van een rekening na die spaarrekening te betaal. Die Absa-kliënt is uit ʼn algehele bedrag van R1 164 057,20 bedrieg.

Daar is vasgestel dat die Absa-kliënt nie versoek het dat enige besonderhede verander word nie en dat die kliënt in Johannesburg gewoon het.

Adv. Leigh-Anne Pillay-Selahle, senior staatsaanklaer, het in die hof aangevoer dat Katyu in ʼn posisie van vertroue was en dat haar optrede haar werkgewer en die kliënt blootgestel het.

“Daar was ʼn sterk saak teen die beskuldigde met ʼn papierspoor en beeldmateriaal wat duidelik haar betrokkenheid bevestig het. Sy het geen ander keuse gehad as om skuldig te pleit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nie Verbaas ·

En ANC kaders wat haar soos n vakleerling laat lyk stoom nog steeds voort in hul posisies. Niks gebeur met hulle nie.

Johann ·

Het in die week oproep ontvang van DSV koerier wat vir my ‘n nuwe ABSA “garage kaart” kom aflaai. ek gebruik glad nie ‘n garage kaart vandat mens die gewone debietkaart kan gebruik nie. Daar is ‘n fooi op die garage kaart, sal mooi uitkyk om te sien of hulle sonder toestemming begin om die fooi te hef.

ES ·

Dis is nogsteeds vir my skokkend dat mense dink hulle gaan wegkom met die tipe van bedrog… sy gooi 10 jaar van haar lewe weg vir geld wat amper nie eers ‘n huis kan koop nie.

En wanneer sy uit die tronk kom sal sy nooit weer werk kan kry nie.

Thys Dup ·

Met al die tegnologie beskikbaar, is dit nog steeds ‘n raaisel hoekom mense bedrog probeer pleeg.

Persheks Adri ·

Mooi geleer by kaders ne!

Hoekom sit die kaders nog steeds nie en hulle kan plunder!

Adeline ·

Wonner of daar ‘n tronk is waarin sy haar tronkstraf van 10 jaar kan uitdien aangesien gevangenisse uit die tronk vrygelaat is weens covid-19 se oorvol tronk bewoners weens misdaad. Haar tronkstraf van 10 jaar kan sy maklik kwalifiseer vir ‘n pos in die parlement – want sy het haar self bewys op hulle kriteria van werkverskaffing met ‘n 100% aanvaarding vir ‘n parlement pos naamlik ‘n minister van finansies vir haar hoë kapasiteit van misdaad kreatiwiteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.