Bankkonsultant bedrieg staatsdepartement glo uit miljoene

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Bankkonsultant vir Absa is agter tralies nadat hy glo nagenoeg R25 miljoen uit ʼn rekening van die Limpopo-regering gesteel het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, het gesê lede van die Valke en die Waterval-polisie het die 27-jarige konsultant Vrydag in hegtenis geneem.

Hy het glo die R25 miljoen rand na verskillende rekeninge wat hy vroeër geopen het, oorgeplaas.

“Ten spyte van sy pogings om dit te versteek, het die span met groot moeite die ingewikkelde web van rekeninge wat met hom verbind word, nagespoor en die geld laat bevries,” het Maluleke gesê.

Die verdagte is by sy werkplek aangekeer en sy huis is deursoek. Die polisie het beslag gelê op vier Absa-bankkaarte, twee onttrekkingstrokies en R2 030 kontant.

Hy verskyn na verwagting Maandag in die Waterval-landdroshof op ʼn aanklag van bedrog.

Maluleke het gesê nog inhegtenisnemings behoort binnekort te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Flip ·

Wanneer trek hulle bietjie die korrupte staatsamptenare vas en kry hulle agter tralies? Of word staatsamptenare net ondersoek?

Hoekom ·

Wat van die regering wat ons al vir 26 jaar lank bedrieg uit miljarde. Hulle het hulle bed gemaak en moet daarin slaap…

Peetjie ·

Dit is die norm, hoekom sal hy dit nie probeer nie, en …. Hoekom het die 27jarige soveel autoriteit by sy bank….

Yvonne ·

Dan is dit die tipe mens wat werk kry bo bevoegde mense en al op so n jong ouderdom so n belangrike pos en vry hand het met groot somme geld…hoe kry die persoon soveel mag en vryheid

Scalla ·

tans 27 jaar oud, sit maksimum 8 jaar, verdien dus R250 000 plus per maand, hoef nooit weer te werk nie, skatryk op 35 lekker in die nuwe sa

Simon ·

Die BRS Finansiele stelsel wat regdeur die Staatsdiens gebruik word, en destyds juis ontwikkel en geimplimenteer is om finansiele bestuur vir hulle ook makliker en meer verstaanbaar te maak, sou, toe die eerste ongeldige ontrekking uit die bankrekening gemaak was, die rooi ligte laat flikker het. Dit is nou as die provinsiale finansiele amptenare/bestuurders en ouditeure hul werk gedoen het. Hierdie insident is maar net weer ‘n bewys van hoe die belatingbetaler se geld wetend verkwis word en hoe korrupsie floreer en kaders beskerm word. Daar is ongetwyveld meer siele hier betrokke as net die bankamptenaar wat seersekerlik net as ‘n “tool” gebruik was. Die OG is vas aan die slaap of onkundig en is nie die geld werd wat hy betaal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.