Bankkoste: Kyk hier hoe vaar jou bank

banke-absa-standard-fnb-capitec-nedbankMededinging in die mark vir basiese bankrekeninge is steeds aktief, terwyl die druk van mededinging die koste van rekeninge wat aan die middelklas bemark word, in toom hou. Dit is volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se sesde bankkosteverslag, wat vandag vrygestel is.

Volgens Paul Joubert, senior navorser by die SNI, is die strawwe mededinging onder basiese bankrekeninge by veral FNB se EasyAccount sigbaar. “FNB het fooie vir verskeie elektroniese transaksies op die EasyAccount noemenswaardig verlaag. Dit beteken dat die maandelikse bankkoste van die EasyAccount nou beduidend laer as dié van Capitec se Global One-rekening is – selfs al word rente op ʼn positiewe saldo in Capitec se rekening in ag geneem. Absa, met sy Transact-rekening, ding ook op hierdie vlak goed met FNB en Capitec mee,” het Joubert gesê.

Ten spyte van die strawwe mededinging op die vlak van basiese bankrekeninge blyk Nedbank steeds uit voeling met hierdie tendens te wees. Die bank se Ke Yona-rekening is ongeveer dubbeld so duur as sy naaste mededinger se rekening.

Betreffende die rekeninge wat aan die middelklas bemark word, is dit by Absa, FNB, Standard Bank en Nedbank slegs die bondel-rekeninge wat vir die verbruiker finansieel sinvol is, almal teen ʼn koste van ongeveer R100 per maand. Die betaal-soos-jy-gebruik-rekeninge (PAYT) is, selfs vir iemand wat baie min transakies per maand doen, feitlik altyd baie duurder as R100 per maand. “Die uitsondering hierop is Capitec se PAYT-rekening wat verreweg die goedkoopste is onder die rekeninge wat aan die middelklas bemark word,” sê Joubert.

“Hoewel die kosteverskille tussen die bondel-rekeninge minimaal is, is daar steeds sterk mededinging tussen die banke op hierdie vlak. Waar Standard Bank se Elite Plus-rekening byvoorbeeld verlede jaar oorwegend die duurste in hierdie groep was, is dit vanjaar meestal die goedkoopste naas Capitec. FNB se Gold Unlimited-rekening is vanjaar die duurste van die bondel-rekeninge wat aan die middelklas bemark word,” het Joubert gesê.

Volgens Joubert is die mededinging tussen hierdie rekeninge nie meer hoofsaaklik op koste gegrond nie, maar eerder op byvoordele soos beloningsprogramme. “Kliënte wat in hierdie beloningsprogramme belang stel, moet hul huiswerk deeglik doen voordat hulle besluit watter bank om te ondersteun. Hulle moet ook bewus wees van die feit dat die bepalings en voorwaardes van hierdie programme dikwels kan verander,” sê Joubert.

Joubert het ontevrede bankkliënte aangeraai om nie die verskillende banke met mekaar te vergelyk nie, maar eerder die spesifieke rekeninge. Dit is dus belangrik dat verbruikers presies vasstel watter rekening hulle tans het en wat die koste van hul huidige rekening is, voordat hulle van bank of rekening verander.

Joubert het bygevoeg dat ingeligte verbruikers die beste reguleerders van bankkoste is. “Bankkliënte wat ontevrede met hul bankkoste is, moet dit nie net gelate aanvaar nie. Deur gedurig alternatiewe te oorweeg, hou kliënte die banke op hul tone.”

Klik hier vir die verslag. Let wel: Die Solidariteit Bankkosteverslag vir 2015 word in verkorte vorm uitgereik as deel van ‘n verandering om die verslag in die eerste helfte van elke kalenderjaar uit te reik pleks van in die tweede helfte van elke jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charnie ·

Spelfoute kom amper in elke artikel voor. Maar reg asseblief. Belangstel is een woord.

Donald ·

Hulle BOOR nog steeds die klieente!!! New Zealand GEEN bankkoste, selfs op besigheids rekening.

Andrew ·

Mense vir my is ABSA se platinum rek die beeste. R149pm dan kan jy soveel transaksies maak soos jy wil. Jy kry ook n personelike rekkening bestuurder wat alles vir jy doen. Dit sluit ook jy internet transaksies en jou internet baking elke maand. Dan as jou vrou /man ook die selfde package vat betaal hy/sy net R70pm.
Met ABSA nou hoof ek glad nie in die bank tr gaan nie. Ek bel of email my rekkening bestuurder hy sy doen alles vir my. Ek was 2 jaar las in die bank.

Thea ·

Net jammer Absa Borg nie meer ons beste Rugby spanne…………sies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.