Bankrot SAL borg nasionale sokkerspan vir R110 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Die SAL het sedert 2013 die Springbokke, SA Olimpiese span, Mej. SA, World Routes, NBA Africa Games en die International Jazz Extravaganza geborg teen ʼn waarde van R83,994 miljoen.

Die borgskap vir Bafana Bafana wat in Maart vanjaar aangekondig is, beloop R110 miljoen oor vyf jaar.

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het hierdie inligting Dinsdag in die parlement verskaf in antwoord op ʼn skriftelike vraag van dr. Pieter Groenewald, LP van die Vryheidsfront Plus.

Volgens die minister is die borgskap in die vorm van goedgunstige waarde (“value-in-kind”) en nie kontant nie. In wese beteken dit dat die borgskap gratis lugreise is.

“Dit is onaanvaarbaar dat die bankrot SAL, wat die afgelope jare met miljarde rande se belastinggeld aan die lewe gehou moes word, borgskappe van miljoene rande verskaf, al is dit in die vorm van gratis lugreise,” het Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Groenewald het verduidelik gratis lugreise verander nie die saak nie, aangesien dit ʼn inkomste sou wees vir die SAL en die las op die belastingbetaler kon verlig.

Loane Sharp, ʼn ekonoom van die Vryemarkstigting (VMS), het verlede jaar luidens ʼn berig in Netwerk24 gesê die staat se hulp aan die SAL oor die afgelope jare beloop na raming tussen R14 miljard en R45 miljard. Dié hulp is in die vorm van lenings wat op die staat se balansstaat getoon word asook waarborge.

Volgens Groenewald is die toestaan van borgskappe aan sportspanne in beginsel nie verkeerd nie, maar dan moet die instelling dit kan bekostig en nie ʼn las plaas op die belastingbetaler nie. Hy sê daar kan ook met reg gevra word hoekom die International Jazz Extravaganza geborg is, aangesien dit nie ʼn nasionale bate is nie.

“Die onderpresterende Bafana Bafana is tans sewentigste op Fifa se ranglys, en sal daarom sukkel om groot borgskappe vanuit die sakewêreld te lok. Dit is nie regverdig en aanvaarbaar dat die staat en die publiek ʼn span borg wat soos die SAL, onderpresteer nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lance ·

Vlieg nie meer SAA nie SAL was nog beter omdat SAA nie geld het om vliegtuie te diens nie …presies hoekom hulle n paar weke terug geground was …SAA dis n joke of note !!

Susan ·

Lance, SAA en SAL is presies dieselfde Maatskappy!
SAA = South African Airways
SAL = Suid Afrikaanse Lugdiens :-)

PJ ·

Hierdie nuwe Suid Afrika darem n ryk land ons het geld wat ons nog nie eers gebruik het nie

Johan ·

Fantasties. Een bankrot instansie borg ‘n ander bankrot instansie. Uitstekende besigheidsin!!!

jaun ·

Dis snaaks dat die staat hulle borg. Dan kan n ou maar net dink waar ons rugby heen gaan ai hulle is darum all n hele paar jaar tussen die top 8 dis seka wat hulle in die rugby ook wil he?

Tiger ·

SAA moes lankal verkoop of toegemaak gewees het.Weet nie vir wat moet ons ‘n bankrot lugredery vir jare aan die gang hou nie.Hier is genoeg ander wat winsgewend besigheid bedryf wat sy plek kan volstaan.Tyd om van “dooiehout” ontslae te raak sou ek se!

MissDemeanor ·

Hul bedoel seker dat belastingbetalers die borge via SAL gee. SAL kan maar aanhou uitdeel wat hul nie het nie, die staatskoffers sal vir hul oopgemaak word.

REGINA ·

Lance, nou verstaan ek nie jou redenasie nie, is SAL dan nie juis die Afrikaanse benaming van die SAA nie!? En daarby is die regering mos bitter dom om soveel miljarde aan hul te gee, terwyl hul sekerlik daarvan bewus was van die klomp borgskappe! Hoe kan enige regdenkende regering so-iets geks aanvang! Dit gaan my verstand te bowe en uiteindelik kom die geld uit ons gewone mense se sakke! Nou het ek alles gesien en gehoor, en dis allermins positiewe nuus! Wat nou nog verder vra ek hul met trane in my oe!?

Grap ·

En hoekom word rugby,atletiek nie geborg deur die staat of staatsdiens instelling nie?

KP ·

REGINA hierdie is nie n regdenkende staat nie hierdie is n korrupte staat wat tot enige iets in staat is.

Corné ·

Kan my hele familie nie aub ook een keer deur SAL geborg word nie? Ons betaal almal belasting wat so goedgunstiglik aangewend word tot voordeel van die anc. Borg sommer aub alle belastingbetakers met 1 gratis oorsese reis-alle kostes en sakgeld ingesluit. LOL

Theuns ·

Het mos gese Gordan is besig om die lot nou vas te vat. Dit is die rede waarom die 5 sport instansies nie geborg kan word nie! Maar die ANC weet goed hoe om n situasie kastig te verduidelik as n straf vir transformasie doelwitte wat nie behaal is nie.!!!

Griki ·

Hoekom word Bafana Bafana, wat nie transformeer, nie nog geborg?

albert ·

Die hele spul het diesefde finasiele kennis as ou no. 1 JZ
It is only one twenty-four hundred en seventy and one milion rands

SP ·

Persoonlik dink ek SAL sonder om rasisties te wees enige span met gratis vlugte borg wat ons internasionaal gaan verteenwoordig maar dit gaan net soveel gebeur soos wat hulle ooit sal winsgewnd sal wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.