Bankstelsel kan onder druk kom weens onteiening

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: Morné van Rooyen)

Die Bankvereniging van Suid-Afrika het in die parlement gewaarsku dat oordrewe gebruik van onteiening sonder vergoeding die bankstelsel in Suid-Afrika onder groot druk kan plaas. Dít gegewe die bedrag wat verbandhouers aan banke verskuldig is.

Die hoofamptenaar van die Bankvereniging, Bongi Kunene, het gesê die vereniging onderskryf volhoubare grondhervorming met die oog op ekonomiese groei, en dat huidige eienaarskapspatrone vir grondbesit nie volhoubaar is nie.

Daarom is ʼn versnelling asook groter doeltreffendheid in grondhervorming noodsaaklik vir die Bankvereniging, wat die voorgestelde omvattende rol van die hof wanneer die moontlikheid van nul-vergoeding by onteiening ter sprake kom, verwelkom het.

Die Bankvereniging is ten gunste daarvan dat eienaars wat onteien word, vergoeding ontvang vir die eiendomsontwikkeling en -verbetering wat op die grond aangebring is.

Hulle het ʼn baie belangrike waarskuwing oor die proses uitgereik, gegewe dat banke R5,9 miljard spaargeld van Suid-Afrikaners bewaar en R1,6 triljoen aan verbande op eiendom hou.

Kunene het gewaarsku as vergoeding by onteiening met oordadige gereeldheid minder as die markwaarde van die grond is, gaan dit probleme veroorsaak vir diegene wat die verband moet afbetaal, want dit is die bedrag wat geleen is wat terugbetaal moet word, nie die verkoopprys of vergoedingsbedrag in geval van onteiening nie.

Indien enige gevolglike onvermoë van verbandhouers om hul verbande af te los op groot skaal voorkom, kan dit die bankstelsel onder druk plaas, want as slegte skuld op groot skaal voorkom, kan dit ʼn knyptang-situasie skep aangesien dit statutêr verpligtend is vir banke om genoeg geld byderhand te hê om alle deposito’s dadelik op aanvraag te kan uitbetaal.

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

Die Komitee vir die Uitbou van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) het by monde van Lawson Naidoo gesê dit is eintlik onnodig om die Grondwet te verander, want alles wat nodig is vir onteiening sonder vergoeding is klaar in die Grondwet.

Naidoo het gesê dit is ʼn goeie vraag of die wysiging in die Grondwet enige verskil gaan maak aan grondhervorming, want korrupsie en onbevoegdheid kan ook ʼn rol speel. Naidoo het die belangrike punt gemaak dat dit lyk asof die grondkwessie tans grootliks die elite se belange eerste stel en eerstens dien.

Soos verskeie van die voorleggings van ander groepe het Casac gevra dat wegbeweeg word van die oormaat klem op die onteiening van landbougrond, en dat die onteiening van stedelike grond nie uit die oog verloor moet word nie. In hierdie geval het Naidoo beklemtoon dat die geleentheid gebruik moet word om die stadsbeplanning wat dateer van die apartheidsera op sy kop te draai.

Casac het gesê kaart en transport moet die eiendomsreg in tuislande drasties verander, en sy steun vir die rol van die hof in gevalle van nul-vergoeding beklemtoon.

Volgens Casac is die hoofprobleme met grondhervorming onbekwame staatsamptenare, korrupsie en gulsige grondeienaars.

Die oplossing is na Casac se mening behoorlike institusionele funksionering – dat mense die vermoë en die wil het om hul werk korrek te doen.

In hul voorlegging het die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers hulle ten gunste van onteiening sonder vergoeding uitgespreek, afgesien van die grond wat onder tradisionele leiers val. Dit moet dus geld vir almal behalwe hulle.

Namens die Grondverantwoordbaarheidsentrum aan die Universiteit van Kaapstad het Senane Booi gesê daar moet nie te veel besonderhede in die Grondwet ingeskryf word nie, want dan is die situasie nie aanpasbaar genoeg nie.

Mandisa Shandu van die aktivistegroep Ndifunda Ukwazi het gesê onteiening moet proaktief gebruik word in stedelike gebiede om apartheidstadsbeplanning te verander sodat arm mense ook behuisingstoegang in goeie dele van die stad kan kry.

Sy het benadruk dat dit nie veel help om die Grondwet te verander solank die staat se vermoë om sy werk te doen so swak bly as wat dit is nie. So is dit byvoorbeeld al lankal kragtens die Behuisingswet vir stadsrade moontlik om grond vir behuisingsprojekte te onteien, maar die stadsrade doen dit nie.

Die laaste voorlegging het gekom van Wilmien Wicomb van die Regshulpbronnesentrum, wat gesê het die hele debat oor onteiening fokus uit alle hoeke te veel op die wenslikheid al dan nie van wit belangekwessies. Intussen word swart mense se grond voortdurend onteien of op ander maniere weggeneem, byvoorbeeld sodat mynbou kan plaasvind, en hulle word nie eens bykans markwaarde betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jr ·

Vat my grond en daai bank kan vergeet van hulle terugbetaling. Dis “wettig” die nuwe dief se grond. Doen wat julle wil. Nie een dooie sent van my af. Die bank kan mos op hulle koppe staan en fluit deur hulle agter ente. NIKS, NIL, NADA AHISIKO #$& LL

Pieter ·

As die siek ANC my plaas vat sal ek nie my verband betaal nie. Wat gaan die bank doen my dagvaar dan maak ek soos zuma gaan nie hof toe nie of my plaas vat wat die brein dood ANC reeds gevat het.

Henry ·

Kom ons wees eerlik met mekaar. cANCer gee nie ‘n duit om vir die Bankwese soos dit nou is. Dis in elk geval Westers in hul oë, só hoe meer hul enige tekens van dit wat hul as Westers beskou kan verwyder hoe beter vir hulle. EN kan ons nou regtig iets beters verwag van ‘n regering waar daar gesê word as geld se waarde verminder en jy kan al hoe minder koop met R100 dan DRUK ons maar net nog geld OF dat wanneer die Ekonomie VAL dan TEL ons dit maar net weer op.

Dit vat nie hoërgraad wiskunde om te kan sien dat die tipe redenasies nie werkbaar is nie en dit maak ook hoegenaamd nie sin nie. Maar nou ja wat weet ONS nou eintlik…

Mariana ·

Hier kom nog groot probleme vir banke. Die regering soek eintlik daai plase vir hulself, maw als moet aan die staat behoort nes in kommunistiese lande. En ja dis net die elite wat gaan voordeel trek.

Persheks Adri ·

Nog ‘n brein dood organisasie saam met hulle regering pffft!!! Los ons almal se grond uit en gaan werk soos ons WIT mense doen julle slegte goed voetsek ANC!

Grassie ·

Dit maak ‘n mens die vieste in dat die leier van die bankvereniging, ene kader Bongi Kunene, ook ten gunste is van vergoeding sonder betaling. Dit is mos nou hul eie kliënte waarvan hulle praat. Uit die goedheid van sy hart reken hy dat mense darem ietsie moet ontvang vir verbeterings wat op die grond aangebring is. Die haat teen witmense wat iets besit loop in diep strome, want volgens die heer Bongi is die eienaarskappatrone soos dit tans is nie volhoubar nie. Ek wonder of die handelsbank wat ek al donkiejare by is ook deel van hierdie bankvereniging is. B%!k$&ms!!!!!

Johann ·

Is vreemd hoe min mense agterkom wat die doel van die onteieningswet is. Dit is onteiening, oordrag van eienaarskap aan die staat van alles. Dit staat se onvermoë om ‘n omgewing vir ‘n suksesvolle ekonomie te skep of ‘n suksesvolle ekonomie te verdra word eenvoudig uitbasuin as die enigste doel van die wetgewing. As almal niks het nie, is almal ook gelyk. Werk hom van daar af.

Herpiet ·

Uiters goed gestel.
Min besef dit.
Hoe meer jy het hoe meer het jy om te verloor

Debbie ·

Die banke gaan deure toemaak as die boere stop om hul verbande te betaal. Ons land is nou besig om teen n hoe spoed ten gronde te gaan. Dis mos wat hulle wil he.

Yolandie ·

Die regering moet net onthou as hulle eiendom en grond onteien daar nie ‘n manier is dat die voormalige eienaars hulle verbande by die banke gaan betaal nie. GEEN regdenkende SA gaan betaal vir iets wat nie meer aan hulle behoort nie. So ja……..hulle moet maar aankarring want hulle wil na NIKS en niemand luister nie.

Jacova ·

Wat ek nie verstaan nie is dat BASA(Die banke se spreekbuis en verteenwoordiger in die voorleggings) dan die onteiening proses en wetsontwerp ondersteun???

john ·

Nou wil hulle al begin in steede vat my huis en daar sal niks staan behalwe die paar klippe wat daar 300 jaar terug gele het..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.