Bankteller steel glo by pensioenarisse

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

ʼn 35-jarige bankteller is in hegtenis geneem nadat sy glo geld uit bejaardes se bankrekeninge gesteel het. Sy is Maandag omstreeks 07:30 by haar huis in Rosedale in Uitenhage in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê sy is borgtog van R600 toegestaan. Sy gaan volgende Woensdag in die hof in Uitenhage verskyn op 25 aanklagte van bedrog en ses aanklagte van diefstal.

Nkohli sê die bankteller het glo tussen Augustus verlede jaar en Mei vanjaar geld uit bejaardes, meestal pensioenarisse, se bankrekeninge gevat.

Die bank, waar die bankteller gewerk het, het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die bestuur agterdogtig geraak het oor verdagte transaksies vanuit verskeie kliënte se rekeninge.

Na ʼn maand lange ondersoek deur Uitenhage se handelsmisdaad-taakspan en forensiese ondersoekspan is die bankteller aan dié verdagte transaksies verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Mag die persoon, wat in n vertrouens possisie geplaas is, hard gestraf word.

Jacobus ·

Wat sê mens tog. Die banke moet tog ons seniors se veilig vesting wees vir die bietjie wat ons het. Ai.

JohanR ·

Dit is nou ANC parlement materiaal. Hulle sal haar sommer in die tronk gaan “head hunt”!

Alida ·

Liewe genade ek is bewus van al die ANC se mislukkings maar mens kan tog nie een en elke misdaad aan die ANC koppel nie. Kry n lewe. Hoe kan jy n dief wat in die bank werk verbind met die ANC. Kom by asb!!!

Cherokee ·

Jy sien Alida, sommige kommentators skryf vir duim-oppe. Hulle skryf nie realisties nie, maar skryf wat hulle dink graag gelees wil word.

Cherokee ·

Jy;s reg. Die borgtog moet tog op ‘n manier vergelyk met die skade.

marius ·

R600 borg ? Hoop die pensionarisse besoek haar , met krukke , elke aand ….

Genis ·

Liewe aarde, skaamteloos.. Hoop die straf regverdig die vieslikke onverskoonbare daad

MAGRIETHA ·

vat van hulpelose ou mense sluit toe en gooi sleutel weg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.