Bankwerknemer steel glo R2 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

‘n Werknemer van ‘n bank in Groblersdal is Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die man, wat kontant in kitsbanke moes laai, het glo net die helfte van die kontant gelaai en die ander helfte met vervalste note vervang.

Volgens Mulaudzi het die 30-jarige verdagte dan die res vir homself gehou. Die bank het agterdogtig geraak nadat die verdagte glo reeds meer as R2,2 miljoen gesteel het. Die verdagte het glo gevlug toe hy besef het die bank is agterdogtig en is hy deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid en lede van die Groblersdal-polisie in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Akram ·

Genugtig. Ek wonder nou of mens na die bank sal kan gaan en se dat die note by die ATM gekry is? Sal hulle dit aanvaar en omruil vir die regte note?

Daan ·

Maak nie saak watter bank dit is. Hulle gaan jou nie glo nie. Al weet hulle Wat die waarheid is.

Griki ·

Mens moet maar hierdie artikel bêre en dit saamneem as bewys wanneer soiets met jou gebeur.

Peet Schabort ·

Dis nou slim (totdat slim sy baas vang). Gewoonlik eers ‘n klein sommetjie steel en mettertyd meer en meer totdat gulsigheid oorneem. Dieselfde met verkeersoortredings: begin met die verontagsaming op die platteland met stoptekens wat dan naderhand lei tot groter oortredings en dan op ‘n dag daardie grand finale . . .

Hennie ·

Dis die resultaat van regstellende aksie, mense met ‘n agtergrond wat gladnie voorsiening maak vir verantwoordelikheid nie MOET aangestel word.

AmY ·

En dit terwyl ek 25 jaar vir ñ bank gewerk het en nie eens R6 000 per maand (na aftrekkings) huis toe gevat het nie!!!

Ek het 3 keer vir ñ huislening probeer aansoek doen. Vrugteloos! !!

Dave ·

Word ‘n enkeling vertrou met die laai van geld? Dit is waarna dit klink en dan is dit swak beplanning.

amelia ·

Snaaks dat nie voorsiening gemaak word dat 2 persone teenwoordig moet wees met laai van kontant nie.

Winston ·

Vindingryk ou kerel vindingryk al was dit by n ATM of OTM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.