Bapsfontein-moorde: Hond wees gelaat

Wally, ’n ouerige Jack Russell-reun, is wees gelaat ná sy eienaars op ‘n kleinhoewe vermoor is. (Foto: Verskaf)

Die twee bejaardes wat oor die naweek op hul kleinhoewe in die omgewing van Bapsfontein vermoor is, se geliefde hond het die aanval oorleef. Hy is baie getraumatiseer, maar sal binnekort beskikbaar wees vir aanneming.

Wally, ’n ouerige Jack Russell-reun, is tans in die sorg van die skaaphondwelsynsorganisasie Border Collie Rescue nadat sy eienaars Vrydagaand na bewering geskiet is en in hul huis onherkenbaar verbrand het.

Julie Morris, ʼn vrywilliger vir Border Collie Rescue, het aan Maroela Media gesê ’n polisiebeampte aan diens het die organisasie in die vroeë oggendure gebel en gevra of die organisasie Wally tydelik in hul sorg sal kan neem. “Ons het natuurlik ingestem.”

Sy vertel dat Wally die soveelste hond is wat die organisasie inderhaas moes inneem ná ’n aanval op ’n plaas of kleinhoewe.

Wally was die naweek met sy aankoms baie getraumatiseer, maar dit gaan nou beter met hom. “Dit gaan goed. Ek het vanmiddag ’n uur lank by hom gesit.”

Wally ná die aanval. (Foto: Verskaf)

Volgens Morris wil die organisasie wel vir Wally eers kans gee om tot verhaal te kom voordat hy binnekort beskikbaar gestel word vir aanneming.

“Hy is ’n liewe ding,” het nóg ’n vrywilliger by Border Collie Rescue, wat verkies het om nie haar naam te noem nie, vanmiddag gesê.

Maroela Media het vroeër berig Wally se eienaars, onderskeidelik 88 en 84 jaar, is gedurende die aanval na bewering geskiet voordat albei onherkenbaar verbrand het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê plaaslike veiligheidswagte het die polisie Saterdag in die vroeë oggendure ontbied toe hulle patrollie gery en die brandende huis in die Welbekend-omgewing opgemerk het.

Brandbestryders is ook na die kleinhoewe ontbied en die liggame is gevind nadat die brand geblus is.

Makhubele wou nie Maandagmiddag die oorledenes se identiteit bekend maak nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van dubbelmoord.

Niemand is egter nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maggies ·

Hierdie berig ruk my hart snare in ‘n benoude knoop. My trane sit vlak. Ek het self 2 Jack Russell kinders (waarvan een ook aangeneem is). Hulle is hoogs intelligente diere wat met my kommunikeer. Gevoel diere. Mag sy aanneem ouers opregte liefde vir hom gee. Mag sy weg geneemde ouers nou in vrede rus.

Saartjievandiebosveld ·

Dit wil voorkom dat die nuwe gier nou is om jou te vermoor en Dan jou huis aan die brand te steek.
Ek wens net dat al hierdie wreedheid einde moet kry…hoekom moet ons so in vreeslike leef.

Andre ·

Ek het besluit om’n politikus met die grootste minagting te ag. Is hulle nie maar net parasiete as jy na hul optredes kyk. Soos ‘n vollie; plenty beat but no speed. . Vir die naastbestaandes; my hartseer is met julle en so moet baie van ons ons voorberei vir dieselfde noodlot

Tanniepetoors ·

Wat dryf enigiemand tot so ‘n afstootlike daad? Twee bejaarde mense wat hopelik dood was voor hul huis afgebrand is met hulle binne-in. Dis wanneer so-iets gebeur wat die versoeking sterk is om iemand te verwens.

Realis Thailand ·

Baie simpatie aan die familie en vriende
Ek weet die hond sal n goeie tuiste kry maar ek het een wens en dit is as die moordenaars gevang word kan hulle die lot maar vir my en my vriende vir n dag gee met geen nagevolge vir ons nie.
Die soort aanvalle gaan meer en meer voorkom want dit het die stilswyende goedkeuring van die anc

Dana ·

Ek hoop hy kry ‘n fantastiese huis. Ek self het 2 hondekinders, waarvan 1 ‘n Jack Russel is, en sy is die liefdevolste hond ooit.

Regverdigheid ·

So hartseer hoop iemand neem ho aan , en dat hy baie liefde kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.