Bapsfontein-paar ‘erg gemartel’ tydens aanval

Tas Hefer (87) en Duifie Oosthuizen (84) (Foto: Verskaf)

’n Bejaarde paar wat op ’n kleinhoewe in die Bapsfontein-omgewing vermoor is, is erg gemartel voor hulle geskiet en hul huis aan die brand gesteek is. Dit was boonop die tweede keer in twee maande wat dié paar op hul kleinhoewe aangeval is.

“Dit was een van die wreedste en gruwelikste aanvalle wat ek nog ooit teëgekom het,” het . Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noordstreek, gesê.

Adam Hefer (87) en Johanna Oosthuizen (84), beter bekend as oom Tas en tannie Duifie, is eers ure lank op hul plot in Welbekend gemartel, voordat hul huis aan die brand gesteek is en hulle onherkenbaar verbrand het.

Die paar is tydens die aanval geskiet voordat albei verbrand is. Hemmens sê twee rondes ammunisie wat in die afgebrande huis gevind is, bevestig dat hulle wel geskiet is.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê plaaslike veiligheidswagte het die polisie Saterdag in die vroeë oggendure ontbied toe hulle patrollie gery en die brandende huis opgemerk het.

Die brand was groot en brandbestryders is ontbied, waarna die paar se liggame gevind is.

Tas en Duifie se byna afgebrande huis (Foto: Verskaf)

Hemmens vertel volgens die inligting wat AfriForum ontvang het, is die paar Vrydag omstreeks 20:00 by hul huis ingewag. Hulle is vasgebind en buite langs die swembad erg aangerand en gemartel.

“Daar was ’n bloedspoor wat van buite in die huis na die slaapkamer geloop het. Die oom en tannie se liggame is daar gevind,” vertel Hemmens. “Daar was ook ’n Bybel tussen hul liggame gevind.”

In hierdie stadium kan die polisie nog nie bepaal wat gesteel is nie omdat die huis heeltemal afgebrand het.

Volgens Makhubela is niemand nog in verband met die paar se moord in hegtenis geneem nie.

Tas en Duifie se huis is afgesper terwyl die polisie die toneel gefynkam het (Foto: Verskaf)

Volgens Hemmens het verdagtes het in Desember die eerste keer die paar se huis betree en hulle van ’n vuurwapen, R9 000 se kontant, ’n selfoon en televisiestel beroof.

“Die oom en tannie het gelukkig ongedeerd van dié aanval afgekom.

“Ek is geskok oor hoeveel geweld hierdie twee kwesbare mense, wat nie eers kan terugbaklei nie, moes deurmaak. Hulle was maklike teikens.”

Hemmens sê die paar was baie geliefd onder die gemeenskap.

Maroela Media het vroeër berig die bejaardes se ouerige Jack Russel-reun, Wally, is wees gelaat na hul moorde. Hy was in die sorg van die skaaphondwelsynsorganisasie Border Collie Rescue, geplaas, maar het intussen ’n nuwe huis gekry.

Volgens Julie Morris, ʼn vrywilliger vir Border Collie Rescue, is Wally Donderdagoggend na sy nuwe eienaars in Kemptonpark.

“Hy lyk baie gelukkig en het sommer weer ’n huppel in sy stap,” vertel Morris.

Wally was met sy aankoms by die organisasie baie getraumatiseerd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hercules ·

hierdie veteraan weermag en moord/roof speurder is magteloos kwaad, maar vergelding kom my nie toe nie, al wat ek weet is dat Abba Vader nooit sluimer of slaap nie!!

baie sterkte aan die oom en tannie se familie en vriende

*saluut*

Johann ·

Liewe oom en tannie.

Ek ken julle nie, maar wat ek wel weet is dat ek as man en mens julle onvoorwaardelik jammer is, soos al die ander weerlose oumensies wat gewetenloos verniel en vermoor word. Die wat dit bedink en doen loop ongelukkig tussen ons rond vermom as mense…lafhartige vervloekte goed wat eenvoudig geen respek vir iets of iemand het nie. Ek is SO jammer dat julle nog n statistiek geword het van aanhitsing en geweldadige vergrype in die naam ban “freedom”!!!!!!

Askuus oom en tannie dat dit met julle gebeur het.

Alta Alleman ·

Lafaards!!!Hulle weet dis ou mense wat hulself nie kan verdedig nie !! Moet hulle op so ‘n wyse vermoor word??? Ons land is totaal en al in sy glorie in !

Rudolf ·

Ek wonder of die President in sy Staatsrede vannaand `n woord gaan rep oor die vlaag van geweldsmisdaad wat die land so teister. Ek hou egter nie my asem op nie.

gatgogga ·

Natuurlik nie, want daar is mos nie plaasmoorde nie.
En die drie plaaslike TV nuuskanale beaam dit, want hulle sal nooit ‘n berig dra oor plaasmoorde nie – maar hulle is nie gekaap nie, nee glad nie.
Vanaand sal CR net weer probeer suggereer dit die Rampokker regering beter is as wat die Apartheidsregering was.

Pieter ·

Vandag met ‘n ou tannie van in die 80 gesels. Toe vertel sy my van die aaklige moorde op blankes in Kenia en Zimbabwe en hoe mense mal geraak het daarvan. Die rasmoorde begin by grondgrype en die EFF het te veel beweegruimte. Mag God ons beskerm. Daar gaan weer ‘n Bloedrivier plaasvind om die land en God se paradys te suiwer.

Ietsanders ·

Ek sal dalk vir die volgende woorde gekruisig word deur sommige mense: Ons blankes hoort nie in hierdie land nie. Afrika is vir die Afrikane. Ons het dit binnegedring en oorgeneem. Ons het gegryp en ryk geword……ja, deur harde en slim werk, maar met uiters goedkoop arbeiders. Hierdie mense haat ons met ‘n onbeskryflike haat en hulle sal elke wit persoon uitroei. Ek weet nie wat nog alles gaan gebeur nie, dit voel net vir my na ‘pay back time’! Mag die Vader ons almal genadig wees. Hier is Afrikane onder hulle wat pragtige mense is, maar het nie seggenskap nie. Dis so verskriklik jammer, want as ons eers uitgeroei is, sal die land vergaan soos met al die ander Afrika lande…..totaal onskuldige mense sal dan ook baie swaarkry.

Oujongvrou ·

Jy praat die waarheid. Ongelukkig is ons hier in die helhool gebore, en sal hier omkom. Daarom vra ek in alle nederigheid, nee ek smeek, probeer alles wat julle kan om jou kinders hier weg te kry. Ons oues is vasgevang. Dit gaan nie goed eindig nie.

Mira ·

Ietsanders ek kan met jou saamstem,maak nie saak hoe ons almal daarna kyk nie,,ons betaal vir die sondes van die vaders aan albei kante.Want die moordenars weet niks van 40jaar gelede se dinge nie,ds hul verbitterde ouers se skuld.

Olly ·

Waar val julle uit? Natuurlik hoort blankes in dié land. Mens hoort waar jy gebore is! Blankes het net soveel reg soos enige iemand anders om hier te wees. Dis sulke mentaliteit wat die probleem is, blankes moet ophou hulle self jammer kry en terugstaan vir almal. Wees trots op jouself en jou geboorte land en moenie dat enige iemand jou onwelkom hier laat voel nie. As jou belasting geld goed genoeg is, is jy ook! Blankes moet begin opstaan en terug stoot…

Danie ·

Ja n dag is bepaal.
Maar wat my woedend maak is dat die dag bepaal is om met marteling en moord gepaard te gaan.

Karina ·

En wanneer gryp die staat in by hierdie onnodige en wrede moorde? Dit kan nie so aangaan nie, maar nou ja, die vermoorde mense is nie ‘sy’ mense nie, so Ramaphosa gee niks om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.