‘Barbaarse optrede’ by Clover veroordeel

Terence Tegg, ‘n veiligheidspesialis, is een van die jongste slagoffers van die geweld deur stakende Clover-werkers. (Foto: Facebook)

Die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) het die moord die afgelope week op nog ʼn veiligheidswag by Clover se vervaardiging- en verspreidingsaanleg in Johannesburg – glo deur stakende werkers – ten sterkste veroordeel.

Terence Tegg (56), ʼn voormalige lid van 5 Verkenningskommando wat vir die private veiligheidsmaatskappy PPS gewerk het, is die jongste slagoffer. Hy is Donderdag dood toe stakende werkers by die maatskappy se aanleg probeer inkom het.

Tegg se moord volg op dié van Tshephe Molatsi, ʼn veiligheidswag wat verlede maand dood is toe ʼn bus met stakende werkers glo ʼn Clover-afleweringsvoertuig, begelei deur veiligheidswagte, voorgekeer het. Molatsi is geskiet en aangerand en op die toneel dood verklaar.

“Psira veroordeel hierdie barbaarse optrede teen private veiligheidswagte en doen ʼn beroep op die polisie om sy beste te doen om al die betrokkenes in die moord aan te keer en te verseker dat geregtigheid geskied,” lui ʼn verklaring van die reguleringsowerheid.

Ook die Raad van Militêre Veterane Organisasies van Suid-Afrika (RMVO-SA) het sy medelye met Tegg se geliefdes betuig en het Donderdag as ʼn “hartseer dag” bestempel.

“Ek salueer jou, makker, en sal jou nooit vergeet nie. Ons dra ons innige simpatie oor aan sy familie. Yster, mag jy rus in vrede en dankie vir jou diens,” lui ʼn verklaring van die raad.

Twee mense is reeds in verband met die moord op Tegg in hegtenis geneem.

Clover het intussen gesê die aanvalle mag nie voortduur nie. “Herhaaldelike geweld deur vakbondlede is heeltemal onaanvaarvaar. Nog ʼn mens is nou vermoor. Die vakbondleiers en hul lede ignoreer basies twee hofbevele en is duidelik buite beheer,” het Steven Velthuysen, woordvoerder van Clover, vroeër gesê.

“Hierdie is nie werkersoptrede nie, dit is moord.”

Beeldmateriaal van een van die gewelddadige aanvalle op ʼn veiligheidswag word intussen wyd op sosialemediaplatforms versprei. Dit vorm deel van die polisieondersoek.

Die staking by Clover duur sedert November, met werkers wat eis dat die maatskappy afleggings en salarisbesnoeiings opskort. Hulle is ook gekant teen Clover se bande met die Israelse botteleringsmaatskappy Central Bottling Company (CBS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jack ·

Nee wat Clover.Maak julle deure toe en laat die sonder werk nou maar voel.

MakersMark ·

Maak toe die deur voer die produkte in. Laat die wat so staak en moor rietrot eet.

Marieta ·

Kyk, mens kan miskien, as jy baie hard probeer en baie vergewensgesind is, die polisie se faling en versuim van daadwerklike optrede tydens verlede jaar se opstande probeer verstaan. Maar hoe gebeur dit dat hulle nie eers n gelokaliseerde groep moordende skurke kan kortvat nie?! Wat is hulle doel dan? Of word hulle deesdae net opgelei om die vreedsame weerloses in die samelewing te teister met waterkanonne of hoe om deel te word van kapings en diefstalsindikate? My hart krimp elke keer as ek hoor dat nog n polisieman of vrou vermoor is. Maar terselfdertyd kan ek ook nie help om die polisiemag self daarvoor te blameer nie. Dit is hul eie gebrek aan optrede teenoor die skurke en die toenemende getalle kriminele elemente in die mag self, wat veroorsaak dat daar geen meer respek vir die wet of sy gesag is nie!

Steyn ·

Die dood was niks anders as rasisties aangehits nie, daai arme man is gemartel. Was skoen aan die ander voet dan het polisie en rooi berete lankal die onskuldiges op gehang!

Louis ·

En waar is Malemmer en Lesufi nou. Hierdie ongeregtigheid kan nie vir altyd duur nie.

Di ·

Meestal veroorsaak Vakbonde en hulle lede dat onskuldige mense se lewens op die spel geplaas word met stakings! Hierdie hele vakbonde storie is ‘n spul gemors! Voodat vakbonde oorgeneem het, was daar minder geweld en sakebeskadigings. Almal in die land wil mos’n deel vn die pie he teen ‘n prys.

Kokerboom ·

‘n Lewe beteken absoluut NIKS vir die ANC en sy aanhangsel gespuis!!Dis die doodskoot vir ondernemende beleggers. SA is ‘n moord en rowerstaat

Frank John ·

Gaan weer terug oer tyd toe. Mense tree op erger as roof diere. Die polisie en weermag is hoopeloos en pateties. Rampies en sy trawante met al sy voorafgaanders het die land heeltemaal opgevoeter. As hulle so aangaan sal daar niks oorbly nie. Al die lande waar die spul oorgeneem het om dit beter te maak het dit slegter gemaak. Kyk maar net na een, Zimbabwe. Nou is Molema, ‘n vlugteling uit Zimbabwe uit hier om dieselfde te doen. Meeste indien nie almal van sy volgelinge weet nie dat hy eintlik nie van Suid Afrika is nie.

Corne123 ·

My stadpunt en 1c komentaar is daar word wagte Vermoor maar as daai teruggeskied word dan wil almal huil.Marikana was presies dieselfde skied hulle die reg om n lewe te neem so hulle lewe kan ook geneem word.SA moet maar reg maak staaksysoen is hier gaan land baie kos en nog SA se ondergaan beteken

gatgogga ·

Hierdie valsheid wat jy noem is te danke aan die hoofstroom media, veral die drie propaganda TV uitsenders.

Miskruier ·

Gister was daar betogings in Johannesburg teen onwettige immigrante wat Suid Afrikaners se werk vat, intussen vernietig Suid Afrikaners hul eie plekke waar hul nog kan werk.

Stephen ·

Komaan SA. As Clover toegee aan hierdie gemors se eise trek n Spur op hulle. Waarom maak die betogers soos hulle wil? Daar is geen respek vir die wet nie

bananasemi ·

SA, soos elke ander Westerse land, word regeer deur antiwit regerings. Dis die kern van die probleem.

Misky ·

Die wortel van 90% probleme in die tipe stakings, is die vakbonde. Jaag hulle en al die stakers weg en stel mense aan wat wil werk.

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel aan die naasbestaandes en kollegas van Terence Tegg. Betaal die stakende werkers summier af en neem mense in diens wat wil werk. In die vroeg 80’tigs het dit soos ‘n bom gewerk. Daar moet aan die Regering gewys word dat hierdie wetteloosheid nie langer geduld sal word nie.

Andrew ·

Pas maar julleself op, die optrede gaan meer dikwels gebeur namate onproduktiewe “ge-herstruktueerde equity WOKE co-orpoartions” hulle deure sluit en hul geld land uitvat. Laas jaar se zuma opstande het gewys die lont brand al lankal en die polisie gaan soek eerder kastige rassiste wat hulle eiendom beskerm, want dis makliker as om 10 000 gewapende besurke aan te vat wat aan peaceful assemblies deelneem.

Owlie ·

Dis tyd dat stakers vervang word met mdnse wat wil werk – “no work no pay” maar ptoduksie moet voortgaan Polisie se versuim of stadige spoed om op te tree is grootliks van die hoogste stoel af maar duidelik ook die bevel van elke stasie geoaardgaandd met TROTS vir jou werk, jou land, jou medemens en jouself wat daar net nie meer bestaan nie Daar moet iemand wees wat regtig goed is met die geskrewe, publiseerde, aanvaarde wette en daarmee saam moet daar iemand wees wat nie bang is om sy rug op hul mammon god te draai en hierdie wette te gebruik om op te staan teen dit wat so muldeik handuit ruk en verwoesting saai nie.

Astrain ·

Waar is die res van die RECCE’s…een vir almal en almal vir een, oog vir ‘n oog…

Debbie ·

Aan hulle probleem met Israel moet hulle maar laat gaan. Israel het aandele in clover gekoop en ek is seker hulle gaan nie net onttrek nie. Ek hoop al die wat staak gaan hulle werk verloor want hulle is moordenaars, kriminele en sover ek weet hoef n maatskappy nie n krimineel in diens te hou nie

Renier ·

Die bus maatskappy wat betogers aanry moet ook aanspreeklik gehou word vir aanhitsing van geweld.

Johann ·

Kla die “vakbonde” aan van moord en aanhitsing tot geweld en doelbewuste skade aanrig! Of ten minste vir die feit dat hulle wetend hofbevel verontagsaam! Absolute GEKKEPARADYS!!!!!

Anton ·

Daar was seker 10 mense betrokke gewees, net 2 is gevang en alles is op kamera. As jy ander mense se mense regte wegneem verloor jy jou eie. Begin weer hardepunt ammunisie gebruik teen kriminele. En hou op mense soos kriminele hanteer wat hulle self verdedig!

Stoffeltjie ·

My hart is ongelooflik stukkend oor hierdie spesifieke voorval. Hoekom???? Wat regverdig so ‘n moord?

Di ·

RAAK ONTSLAE VAN AL HIERDIE VAKBONDE GEMORS! Dis deur hulle dat die land in ‘n rommelstaat verander het. Stakers in hierdie land voel ‘n veer wat hulle vernietig in die proses om hulle sin te kry nie en die vakbonde is deel van die aanhitsing. Solank hulle bly kry wat hulle soek, come hell or high water, gaan dit nooit eindig nie.

Erika ·

Sekere mense sal nie ophou om geweld te gebruik of te roof as hulle staak nie..en hou jy hulle verantwoorbaar vir hulle gedrag dan word die rasse kaart uitgetrek..
Hoe kan daar dan n verskil kom in ons land. .if its only one sided…(All life matters..)

Genis ·

Weereens swaai die unies die swepter… ry hulle aan om te kom moor… Maak die plak toe….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.