Barclays Africa se adjunkhoof bedank

David Hodnett. Foto: ANA

Kort nadat die Barclays Africa-groep aangekondig het dat David Hodnett, uitvoerende adjunkhoof van Barclays Africa en Absa-bank, twee maande sabbatsverlof sal neem, het die groep Dinsdag Hodnett se bedanking aangekondig.

Die groep het gesê Hodnett sal ook nie meer as ʼn uitvoerende direkteur dien nie. Sy bedanking tree onmiddellik in werking, maar hy sal wel deel wees van die oorskakeling tot einde Augustus.

“Die raad bedank David vir sy uitgebreide bydrae oor die afgelope tien jaar by die groep, waaronder as hoofrisiko-beampte en finansiële direkteur, en mees onlangs as die hoof van die Suid-Afrika Bankdienste-portefeulje. Ons wens hom sterkte toe vir sy toekomsplanne,” het die groep in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig Barclays Africa het verlede maand ʼn nuwe bestuurstruktuur aangekondig om glo die groep se uitvoerendekomitee-portefeuljes in ooreenstemming te bring met die bank se planne om sy markstruktuur van Afrika se bankdienste-inkomste van 6% tot 12% te verdubbel.

Onsekerheid het toe reeds ontstaan oor Hodnett se toekoms by Barclays Africa aangesien daar gesê is dat hy twee maande sabbatsverlof sal neem, hoewel geen redes daarvoor verskaf is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Ek verstaan nog steeds nie hoekom het hy bedank nie.
Aangesien hy nie in die nuwe bestuurstruktuur ingesluit is nie?

B-man ·

So op die oog af sal ek vir jou kan sê hoekom hy nie sal ingesluit wees nie…

Rupert Ashford ·

Kom ons kyk wie is nou in sy pos. Dan word dinge dalk duideliker…

Oom Kalahari ·

EFF se nasionaliserings strategie van banke is sekerlik besig om op dreef te kom. Voorspoed en sterkte by jou nuwe Maatskappy en aanstelling David.

Koos B ·

Hy het nie bedank nie hy is gestoot om te gaan.Ek glo hy lyk miskien ‘n bietjie bleek vir hul toekoms.

Johan du Rand ·

Absa werk sy wit Bestuurders uit?? Dit is uit gemaakte saak en hy is gelukkig met baie hoe salaris en aandele ens. Waar ons as gewone bestuurder alles gegee het vir Absa, net eenvoudig swak verhoging ontvang het of geen verhogings en dan op pensioen gedwing word aangesien jy gemerk is. Dan kry jy n patetiese pensioen en dan kry R200pm verhoging in jou pensioen want dit is uitgewerk op April 2018 se inflasie koers van 4%???????? Hoeveel Absa wit pensioenarisse kan dit nie maak met hulle pensioen elke maand nie en Absa voel vere vir jou want jy is klaar opgebruik en uitgedien?? Want as jy in top posisie sit of baie hoe pos sal jy nie swaar kry nie????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.