Barclays bevestig verkoop van Afrika-groep

Argieffoto

Argieffoto

Ná wye bespiegeling het die Britse bank, Barclays, Dinsdag aangekondig dat hy wel sy 62,3%-aandeel in die Barclays Afrika Groep sal verkoop.

Barclays Afrika het in ʼn verklaring die besluit bevestig en gesê die besluit is geneem weens onlangse regulerende laste wat spesifiek en in die besonder teenoor Barclays PLC, as globaal belangrike finansiële instansie met sy hoofkantoor in die VK, ingestel is.

ʼn Verklaring van Barclays Afrika wat Maandag uitgereik is, het skynbaar die besluit voorspel, maar steeds sy eie toewyding aan Afrika en optimisme oor groeivooruitsigte beklemtoon. “Barclays Afrika is ʼn entiteit wat onafhanklik op die Johannesburgse Effektebeurs gelys is en ons is goed gekapitaliseer met ʼn bewese rekord van goeie opbrengs,” het die verklaring gelui.

Maria Ramos, uitvoerende hoof van die Barclays Afrika Groep, het vroeër gesê die groep bied steeds ʼn reeks produkte en dienste aan meer as 12 miljoen kliënte in 12 lande oor die hele Afrika en “ons kliënte het steeds volle vertroue om sake met ons te doen net soos voorheen”.

Die Suid-Afrikaanse filiaal, Absa, het vroeër Dinsdag op sy amptelike webwerf en Twitter-profiel gehou by vorige boodskappe dat sy strewe om Afrika se toonaangewende bank te wees, onveranderd sal bly.

Die Financial Times of London het Dinsdag Jes Staley, Barclays PLC se nuwe uitvoerende hoof, aangehaal wat gesê het Barclays se strategie is gegrond op sy “krag as transatlantiese verbruikers-, korporatiewe en beleggingsbank, gesetel in die twee finansiële brandpunte van die wêreld, Londen en New York”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JOHAN ·

Tipies die klomp Britte. Net soos dit swaar gaan dan is hulle vining om die land te verlaat. Net om volgende keer as dit pap reen weer te kom skep. Geskiedenis het dit oor en oor bewys.

JE ·

@Johan; dit is wat ons besigheid noem!
Geen rede om te belê in n besigheid as die geld eenheid 35% terugsak in n jaar nie. Opbrengs van £8% jy kan meer kry as jy dit belê in die Bank. :)

Burger ·

Gister was Maria Ramos in denile oor dit . Net amazing hoe die hele land weet wat aangaan en die leiers bly in denile .

Ook vreemd is hoe die share price en financial index dit as n positive vibe opgetel het .

Niets ·

Barclays Afrika (Maria) en Barclays PLC (London) is 2 verskillende entiteite. Laasgenoemde wil sy aandele in Barclays Afrika verkoop. So dis nie Barclays Afrika wat ontrek nie..Maria is reg.

Manie ·

Tipies Maria Ramos jy kan haar eenvoudig nie glo nie. Gister nog het sy die verkope ontken. Vandag klink dit soos ou nuus vir haar.

Niets ·

Barclays PLC verkoop sy aandeel in Barclays Afrika. Dit is 2 heeltemal afsonderlike entiteite. Maria het gesê Barclays Afrika bly verbind tot Afrika en gaan nêrens heen nie. Dis UK gebasseerde Barclays PLC wat verkoop…..

Niets ·

Barclays PLC verkoop sy aandeel in Barclays Afrika. Dit is 2 heeltemal afsonderlike entiteite. Maria het gesê Barclays Afrika bly verbind tot Afrika en gaan nêrens heen nie. Dis UK gebasseerde Barclays PLC wat verkoop…..

snuffels ·

Abandon ship…hulle is darem nie blind nie, kan sien wat aangaan!

GES ·

Hoe veilig is ons geld by ABSA ? Is dit tyd om te skuif of is dit te oorhaastig ?

Koos ·

Wel, as ek iets oorkom, die geld is onder die matras, veiligheid gebêre.

Ben (:-) ·

Is dit nie ook hulle wat ons vrouens verkrag het en ons in konsentrasiekampe opgesluit het nie ?

Rik ·

Die pers gee nie die storie feitelik 100% reg deur nie. Daar is regulasies wat in 2017 in die gaan inkom wat verhoogte belasting inhou vir UK banke wat meerderheids aandele in buitelandse maatskappy het. So Barlcays PLC vermider sy aandeelhouding oor die volgende 3 jaar tot ‘n vlak waar dit hom nie negatief gaan raak nie. Bydraend is ook natuurlik die swak rand wat enige goeie winste van Barclays Africa, afwater tot ‘n klein inkomste vir Barclays PLC.

En nee. Maria Ramos het dit nie ontken nie. Barlcays Africa het net soveel geweet as wat in die pers was en kon nie enige kommentaar oor die saak lewer tot dat Baclays PLC die aankodiging gemaak het nie.

Oor die vraag of jy jou geld uit ABSA moet vat? Moet nie simpel wees nie. Barclays Africa (ABSA) is ‘n los staande bank met sy eie strukture, strategie en bestuur. Die bank is nie afhanklik van Barlcays PLC om te bestaan nie. ABSA get goeie winste getoon vir 2015 en gaan woort om voledige bank dienste te lewer aan sy kliente.

Barclays Africa is eintlik baie goed af in die sin dat hy op sy eie staan en Barclays PLC net ‘n meerdeheids aandeel houer is. Barclays PLC gaan baie ander besighede wat hy ten volle besit heeltemaal verkoop of toe maak en so ook gaan baie mense in PLC hul werk verloor.
Barlcays Africa (ABSA) staan sterk en word nie geraak deur enige afleggings van PLC nie.

Ahooy ·

Maria kom van Transnet af wat sy op haar eie opgebou het tot die winsgewende en groot besigheid wat dit vandag is!!!(sic) En nuwe lokomotiewe bestel het wat nie op ons spore pas nie!!Wonder of ABSA in Soweto net n diens in Afrikaans lewer – want in ons Afrikaanse woonbuurt is daar by ABSA slegs diens in Engels?? En ALTYD toue mense wat wag om gehelp te word want die diens is uiters STADIG!!!!! Die NUWE Suid Afrika !!!???

pop ·

Ja die transnet mense weet en ken vir Maria Ramos. Hulle sit nou meestal in ellende . Wonder waar gaan haar volgende lekker pos wees.

ou tannie ·

Ahooy jy is in die kol. Vir dieselfde rede het ek my rekening geskuif na fnb en was nog nooit n oomblik spyt nie! By Absa is nie een Afrikaanssprekende nie, maar hulle wil graag ons geld he! Hulle diens by ons is power! Sou ook my aandele verkoop het as ek gehad het. Wonder of swak dienslewering en regstellende aksie nie dalk n rol gespeel het in hierdie saak nie?

ou tannie ·

Ahooy jy is in die kol. Vir dieselfde rede het ek my rekening geskuif na fnb en was nog nooit n oomblik spyt nie! By Absa is nie een Afrikaanssprekende nie, maar hulle wil graag ons geld he! Hulle diens by ons is power! Sou ook my aandele verkoop het as ek gehad het. Wonder of swak dienslewering en regstellende aksie nie dalk n rol gespeel het in hierdie saak nie?

CWS ·

Hehehe altyd n klomp wat met alles ontevrede is…ons dogters is 36 en 38 jr oud…ons het vir hul rekeninge oopgemaak as peuters. Pa se salaris was ook in sy Absa inbetaal, en ons is almal vandag nog daar.!! Lyk my jy hol net as jy TEVEEL geld het..Engels of Afrikaans ons pensioen bly dieselfde so ook hul salarisse…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.