Barclays ontken onttrekking uit Afrika

Maria Ramos. Foto: www.home.barclays

Maria Ramos. Foto: www.home.barclays

Die Britse bank, Barclays, het Maandag bespiegeling dat dit heeltemal aan Afrika sal onttrek, ontken.

“Barclays wil graag beklemtoon dat hy toegewyd bly aan Afrika waar hy steeds optimisties is oor die groeivooruitsigte en steeds soos normaalweg voortgaan met sy bedrywighede,” het die groep in ʼn verklaring gesê.

Die aankondiging volg nadat die Financial Times Vrydag berig het dat Barclays Bank besluit het om sy bedrywighede in Afrika te staak. Barclays PLC, wat 62,3% van Barclays Africa besit, het Sondag gesê hy evalueer nog sy strategiese opsies met betrekking tot sy aandeelhouding in Barclays Africa Group Limited en sal na verwagting sy besluit hieroor bekendmaak wanneer hy sy 2015-jaarresultate op 1 Maart bekendmaak.

Sowel Barclays PLC as Barclays Africa Group Limited sal hul finansiële resultate vir 2015 Dinsdag bekendmaak.

Maria Ramos, uitvoerende hoof van die Barclays Afrika Groep, het in die verklaring gesê dat Barclays ʼn toekoms in Afrika het. “Met ʼn onafhanklike raad en afsonderlike notering op die Johannesburgse Effektebeurs, is ons diep gewortel in Afrika en streng in beheer van ons toekoms. Ons is toegewyd aan die sukses van die kontinent. Ons bestemming is Afrika,” het Ramos gesê.

Ramos het bygevoeg dat Barclays se vooruitsigte in Afrika, waar die bank bates van meer as R1 triljoen het, steeds positief is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Manie ·

Ja Maria Ramos! Ongelukkig kan ek nie jou woord daarvoor neem nie.

DPJ ·

Hulle het ‘n klompie jare ook uit RSA ontrek waarom nie weer nie?

scalla ·

Die syfers more gaan nie so rooskleurig lyk soos wat voorspel is nie, ek dink hul gaan onttrek soos reeds voorheen die geval was.

Topster ·

Ek sou ook my geld of besigheid ontrek het as dit in my sake belange getel het maar die vraag wat gevra moet word is Hoekom ontrek bellegers hulle geld uit Suid Afrika uit want as ek en jy die gewone ou belasting betaler kan sien hier is n ramp op pad hoe kan die regering dit nie sien of wil hulle dit nie sien nie

Zena ·

Ja, hierdie “rumors” gaan maak dat mense van banke gaan verander.
Die storie kom al n rukkie aan. en mense gaan die Saambou fiasko onthou en ook hul geld gaan wil uittrek voor die bank dalk sy deure sluit hier in Afrika.

Johann ·

Dit is heel opvallend dat daar klem gelê word dat hulle nie uit Afrika sal onttrek nie – Suid-Afrika word glad nie deur Me Ramos genoem nie. Laat mens wonder…

Kerneels ·

Ek is bekommerd. Onthou ook Saamkom. Sy is Trevor Manuel se vrou. Kan ons ANC lid vertrou. Neem aan sy is.

chris ·

Ek dink nie dat jou stelling waarde het nie. Hierdie vrou is uiters bekwaam in wat sy doen. Sy was destyd Trevor Manuel se raadgewer gewees toe hy nog minister van finansies was. Ek glo nie dat al is sy n lid van die anc dat mens haar daaroor hoe te oordeel of wantrou nie. Persoonlik dink ek ook dat ABSA het probleme. Barclys gaan hulle drop en verskeie mense het my al vandag gese dat kliente se oortrokke rekenings word herroep by ABSA. Ek dink dat hierdie besluit van Barkleys kan direk voor die regering se deur gele word.

Johann ·

Maria Ramos is Trevor Manual se vrou as ek dit reg het. Ek kan maar net hoop dat sy en haar man hulle invloed sal gebruik om só ‘n stap te probeer verhoed. Hopelik kan hulle die regering die lig laat sien, anders gaan ons iets anders sien (ons sitvlakke) as groot investeerders uit die land se banksektore begin onttrek. Dit is onder andere die hele banksektor wat saamstaan om die ekonomie aan die gang te help hou. Ek skat ons het rede tot kommer as hierdie stap realiseer. Kom ons hoop een van ons ekonome lewer kommentaar op hierdie artikel – iemand met kennis om ons gerus te stel.

Della ·

Marie Ramos, jy smile so breed….wat weet jy wat “Afrika” nie weet nie…..????

jakes ·

Jul wat Maria Ramos so ophemel? Onthou wat sy met Transnet gemaak het- AL die eiendom en bates verkoop toe lyk sy goed op rusiltate maar maatskappy hol binne? So tekere gegaan pensionarisse kry jare al 2% verhoging. Haar besigheids etiek bedenklik ongeag wie haar man is.

Andre ·

Ek het 50 jaar gelede by bekende sakemanne die volgende stelling geleer : If you are not in business for fun and PROFIT , what the hell are you doing there……….Ik hebbe gesegd.

Rln ·

Waar n rokie is , is n vuurtjie dit is nie die eerste maal dat Barclays ontrek nie… sal nie verbaas wees as dit weer gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.