Barclays wil glo van Absa ontslae raak

absaDie Britse bank, Barclays, is glo op soek na ʼn koper vir Absa na die afgelope rondomtalie oor die minister van finansies.

Die Financial Times in Londen het Woensdag berig Barclays oorweeg dit om af te skaal in Afrika en dat die bank oor “sy amper eeu-lange teenwoordigheid in Afrika herbesin, as deel van ʼn hersiening gelei deur Jes Staley, sy nuwe uitvoerende hoof”.

Volgens die artikel het Staley vrae geopper oor of die “groot Afrika besigheid” pas in die groep, maar ʼn besluit is nog nie geneem nie. Die artikel het verder beweer die hersiening volg op pres. Jacob Zuma se aanstelling van twee nuwe ministers van finansies binne enkele dae, terwyl die ekonomie “onder erge stres” verkeer.

Barclays het nog nie op ANA se versoek vir kommentaar reageer nie terwyl ʼn verteenwoordiger van Absa gesê het die bank lewer nie kommentaar op “markspekulasie” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Loon ·

As dit gebeur wonder ek of Malema nog planne het om ABSA te beset vir sy finansiële vryheid…….kyk daar gaan die witman met jou geld Malema en jy kan boggerol doen. Ek dink die oorsese mark gaan nou terugvat terwyl hulle nog kan!

Deon ·

Hierdie besluit het niks te doen met Zuma se rondslomp of enige ander negatiewe boodskappe uit SA nie, dis bloot ‘n besluit wat geneem is omdat Barclays finansieel swaarkry en nou gebruik hulle allerhande verskonings sodat hulle nie hoef toe te gee dat hulle in die knyp is nie. Barclays skaal al stelselmatig af vir die laaste 3 jaar….

Frans ·

Die wisselkoers speel ‘n groot rol.Barclays is hier om geld te maak en tans is R15-00 ongeveer een Britse pond. Ons ekonomie se groeikeors is swak terwyl RA & SEB vereis dat jy meer mense indiens moet neem van die regte kleur en salarisse hoër as prestasie gelewer moet betaal.

Die tendens tref ‘n mens ook in Metrorade en ander regeringsinstansie aan.Baie poste wat voorheen deur een beman is word verdeel in ‘drie’ om meer werk te skep.

Ons swak geldeenheid is dan ook die rede waarom alhoemeer rugbyspelers oorsee speel want daar verdien jy inverhouding soveel meer vir dieselfde inset.

Dee ·

Dan het die rand vinnig herstel as ek ‘n pond kan koop met R15..! Toe ek laas gekyk het dit heelwat meer as R20 gekos. (Zuma moet nou net nie jòu oorweeg as ons volgende minister van finansies nie!)

Johann Marx ·

Hier is Malema se kans. Koop die bank…..dan het jy een!! Dan wys jy vir die res van Afrika HOE ‘n bank bedryf moet word. Komaan, jy kan nie so ‘n gulde geleentheid laat verby gaan nie? Jy kan selfs Rihya Piyega terug aanstel by jou nuwe bank….Sy het vantevore daar gewerk, en toe besluit iemand sy’s ‘n beter polisie kommissaris……….net soos hy besluit Des/Don van Rooyen is ‘n uitstekende Minister van Finansies. Dit MOET wees….hulle het almal hoër standards op skool geslaag as die prez…

Winston ·

Wat kan ons ouens op straat dink? Een oomblik spekulasie oor naamsverandering van ABSA na Barclays. Die volgende oomblik ontrek uit SA? Zuma se planne werk so goed dat almal soos hy rondspring. Malema daar gaan jou geld en my geld.

Louwboepens ·

Frans as jy wil kommentaar lewer wees net seker van jou feite.R15 is ongeveer 1 Amerikaanse dollar.23 Rand een Britse pond.

Berhalet Beukes ·

Dit kom nie as ‘n verrassing nie… Ag, as ons regering tog maar nie die groter prentjie kon sien.

Elize ·

Wat sou die implikasie wees vir Absa indien Barclays onttrek. Is dalk dalk tyd dat mens maar jou geld skuif na ‘n ander bank? Wat dink julle?

Frans ·

Louwboepens gewag vir daai een wat natuurlik Barclays se optrede nog beter motiveer.

Paul ·

Elize, was jou geld by Absa voor 2005 toe Barclays vir die eerste keer ‘n aandeel in Absa gekoop het? Wat van voor 2013 toe Barclays hul aandeelhouding in Absa vergroot het?

Indien jou geld wel voor dan in Absa was, hoekom sou jy dink dis nou nie veilig daar net omdat Barclays (‘n bank met ‘n reputasie vir allerhande shenanigans) hul aandeel wil verkoop?

Net verder, indien jy enige beduidende bedrag in ‘n spaarrekening hou, is jy besig om jouself te verarm in elk geval.

Berhalet Beukes ·

Barclays helps to fund President Robert Mugabe’s government in Zimbabwe.[106] The most controversial of a set of loans provided by Barclays is the £30m it gives to help sustain land reforms that saw Mugabe seize white-owned farmland and drive more than 100,000 black workers from their homes. A 2010 report by the Wall Street Journal described how Credit Suisse, Barclays, Lloyds Banking Group, and other banks were involved in helping the Alavi Foundation, Bank Melli, the Iranian government, and/or others circumvent US laws banning financial transactions with certain states. They did this by ‘stripping’ information out of wire transfers, thereby concealing the source of funds. Barclays settled with the government for US$298 million. Bye bye Barclays.

Dee ·

Jy’t vergeet dat Chriss Ball van Barcleys aan Winnie Mandela ‘n huis geskenk het in Soweto.

Hans Wors ·

Ja as ex werknemer van Absa is dit nogal snaaks hoe die goed werk, Barclays ry op Sa en Afrika se rug, kyk maar mooi in die internasionale pers hoeveel boetes Barclays al moes betaal oor die afgelope paar jaar. Barclays is wereld berug vir korporatiewe korrupsie. Daar is min etiek in die bank oor hulle is net ingestel op geld, hoe meer hoe beter. Die boet es beloop miljarde dollar, dit is bo en behalwe die impak op besigheid. Nee wat soos met die vorige keer, wanneer dinge begin moeilik gaan dan onttrek hulle. Ek het reeds my rekening na n ander bank geskuif, iemand wat minstens nie ‘geskiedenis het van lafhaartigheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.