Barloworld in hof gedaag oor ras-afleggings

(Argieffoto)

Solidariteit het Maandag aangekondig dat hy ’n dringende aansoek tot die arbeidshof sal bring om onregverdige afleggings deur Barloworld Equipment Suid-Afrika te stuit. Dit volg nadat Barloworld vanaf 17 Augustus ’n kennis van die beëindiging van indiensnemingskontrakte aan geselekteerde werknemers gestuur het.

Volgens die seleksiekriteria van Barloworld se afleggingsproses, speel ras ’n pertinente rol in die oorweging van werknemers vir aflegging en word dit selfs bo die aantal jare diens van ’n werknemer gestel. Daar is ook geen behoorlike konsultasieproses gevolg oor die seleksiekriteria nie en geen vakbond, werknemer of verteenwoordiger is by die samestelling van dié kriteria betrek nie. Dit het ook aan die lig gekom dat daar voortgegaan is met die proses om werknemers af te lê ten spyte daarvan dat daar tans verskeie poste by die maatskappy vakant is.

“Dit is skokkend dat ’n maatskappy só teen lojale werkers met jarelange diens kan diskrimineer. Swart werkers word ooglopend deur die prosesse bevoordeel ten koste van hul wit, bruin en Indiër kollegas wat langer by die maatskappy werksaam is,” sê Willie Venter, adjunkhoofsekretaris van metaal- en ingenieurswese by Solidariteit.

Solidariteit voer aan dat die afleggingsproses, soos gevolg deur Barloworld, onregverdig en diskriminerend van aard is en is van mening dat alle afleggings onmiddellik herroep moet word sodat alle betrokke partye tot ’n behoorlike konsultasieproses kan terugkeer om sodoende ’n billike en regverdige uitkoms te bewerkstellig.

“Hierdie optrede van Barloworld is onaanvaarbaar en kan nie net gelate aanvaar word nie. Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om die huidige proses te stuit en sal nie toelaat dat maatskappye onbillik optree en rasgebaseerde afleggings maak ten koste van ander lojale werknemers nie,” het Venter bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis in die arbeidswet dat niemand teen jou mag diskrimineer nie ongeag. Kom Solidariteit doen wat julle moet en wys die regering wat dink ons van hulle rassisme!

Hulle reëls maak naar verby en hulle pas als aan soos dit our people pas

Loop tsek man

Marcello ·

Stem saam , Solidariteit wys hulle julle staal, en staan agter die mense wat onregverdig behandel word, die maatskappy is maar net een uit honderde wat net doen wat hulle wil, so was ek ook amper afgedank na 28 lojale jare teenoor ‘n maatskappy, en dit was absoluut ras gebasseerd.

Karel Kobus Kruger ·

Aan alle studente en nuwe werksoekers, die volgende lewensles:
Die enigste plek waar jy lojaliteit kry, is in die woordeboek onder L.
Moet nooit maar nooit lojaal wees teenoor jou werkgewer nie, want hy is nie lojaal teenoor jou nie.
Doen jou bes en werk hard, maar stop daar.

Pandora ·

Gysbert, jou woorde is so wys.
Ons leer selfs in lewensafrigting dat mens moet onthou, jou bestuurder is nie jou vriend nie, en jou maatskappy is nie jou familie nie. Wanneer meer mense waarde in hul eie talente en kwalifikasies sit, kan ons almal werk daarna om ‘n konsultasie gesindheid te ontwikkel, waar jy basies jouself bemark en die beste aanbod aanvaar. Dit sal hierdie mosie van slawerny en mensbesit stopsit en mense se selfwaarde sal verhoog ongeag van die rassekwessie.

Jakes ·

Gaan kyk maar wie is die bestuur van hierdie maatskappye wat sulke onregverdige en rassistiese besluite neem. Glo my dis nie moeilik om te raai nie.

Sarel ·

Kom ons kyk of hier iets van gaan kom
Dit sal ‘n Waterskeiding saak wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.