Barmhartige ma in kleinhoewehuis vermoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die Witbank-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Laetitia Jakobs (51), ʼn getroude ma van vier, se liggaam Dinsdag in haar kombuis op ʼn kleinhoewe in Witbank, Mpumalanga, gevind is.

Sers. David Ratau, woordvoerder van die Witbank-polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 11:00 na die vrou se huis in Springbokstraat in Reynorif ontbied nadat ʼn buurman op haar liggaam afgekom het. Sy was Dinsdag ten tyde van die aanval alleen by die huis. Haar twee jong seuns was by die skool en haar man by die werk. Haar twee volwasse kinders woon elders.

Jakobs bedryf ʼn koswaentjie vanaf haar perseel en verkoop ook hondekos aan die gemeenskap.

“Die buurman was omstreeks 09:30 by haar gewees om hondekos te kry. Toe hy ongeveer 11:30 terugkeer om haar vir die hondekos te betaal, het hy haar liggaam op die kombuisvloer aangetref. Haar gesig was met ʼn lap toegegooi. Kledingstukke en ʼn sambok is naby haar liggaam aangetref,” het Ratau gesê.

Die buurman het dadelik die polisie ontbied en ʼn moordondersoek is van stapel gestuur.

“Dit is in dié stadium nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Dit lyk ook asof niks gesteel is nie. Sy het ʼn snywond aan haar neus gehad en is vermoedelik verwurg. Daar kan nie met sekerheid gesê word of sy verkrag is nie. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om alles te bevestig,” het Ratau bygevoeg.

Jakobs se dood is ʼn groot skok vir inwoners van die buurt wat aan die Dixon-kleinhoewes grens.

“Ons lewe elke dag in vrees en die misdaadsyfer is baie hoog. Die polisie was gistermiddag nog op die toneel, toe ʼn tiener se selfoon voor die huis geroof is,” het Laetitia Botha, ʼn buurvrou van Jakobs, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Botha het gesê haar honde is Sondagaand in haar erf vergiftig. “Ek kon hulle gelukkig deurhaal en het my bure gewaarsku om paraat te wees omdat hondevergiftigings die eerste teken van inbrake is.”

Sy het gesê Maandag is daar by twee huise langs haar ingebreek en Dinsdag is Jakobs vermoor.

Botha beskryf haar buurvrou as ʼn barmhartige samaritaan. “Sy was ʼn mooi vrou en geliefd in die gemeenskap. Sy sou gereeld kospakkies aan hulpbehoewendes van die nabygeleë wit plakkerskamp uitdeel en help met geld en los werkies as mense sukkel.”

Botha het gesê die gemeenskap hou vanaand ʼn vergadering met rolspelers om veiligheidskwessies in die omgewing te bespreek.

Niemand is nog in verband met Jakobs se moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Han ·

Here, ons vra dat U asseblief sal ingryp in hierdie land waar misdaad handuit ruk!

tamboti ·

Han, ek kry jou net so jammer as al die slagoffers in hierdie wêreld – want dit is al wat ons is: slag offer s. En julle almal glo dit sal eendag reggemaak word.

Wessel ·

Soos met Deon se moord is hierdie nog ‘n rede waarom daar nie versoening in die land kan wees nie.

Andre ·

Dis waar, want die persone wat die misdaad, moord pleeg veroorsaak dat jy niemand kan vertrou nie. Alle onbekende persone wat in my area rond loop, sien ek aan as n dief, moordenaar, ens. Die wantroue veroorsaak ook dat jy gegoede mense ook verdink. Dis wat die ANC aan die land gedoen het.

Jane ·

Dit is absoluut skokkend, dit gaan oor die vernedering en moord op blankes want weereens is daar omtrent niks gevat nie .. hulle wou net die wit vrou verneder en doodmaak .. wat se sin is daaraan? Dan is daar wragtie mense wat dit nog wil ontken dat daar ‘n ongekende aanval op veral BLANKE mense op hoewe en plase is?? Sy het kospakkies vir hulpebehoewendes gegee en julle gaan vermoor haar?? DIS absoluut afgryslik. Mag die grootste straf julle tref. EN dan is daar sowaar nog mense wat oor apartheid kerm????

Nettie ·

@Jane, wag so bietjie. Ek dink jy lees verkeerd. Dié dame het kospakkies in die WIT plakkerskamp naby haar huis gaan afgee (ja, daar is iets soos WIT plakkerskampe). Dit is ook nie te sê dat dit noodwendig iemand uit die nabygeleë plakkerskamp/omgewing is wat die moord gepleeg het nie.

Naomi ·

Dis waar André. Mens skeer nou almal onder dieselfde kam van “SKULDIG tot Onskuldig bewys”. Die teorie van “Onskuldig tot Skuldig bewys”, werk nie in SA nie, dit is net n teorie. ELKEEN is n potensiële misdadiger.

1+1 ·

Dis baie erg!! Ek dink dinge het so verander dat ons nie meer weet wie vriend of vyand is nie.

Noujatoe ·

En wie’s jy nogals om die Here se wil aan te spreek en te bevraagteken?
Bid eerder om vergifnis want jy’s waarskynlik volgende.

Herklaas ·

Mense is steeds nie paraat nie!!!!!!!!!!! Hoeveel moorde nog voordat julle dit gaan besef? Die man aan bewind moet voor gebid word- hy is die een wat als in ‘n oogwink kan verander as hy wil maar dit lyk my hy hou baie daarvan om die chaos net so te los!!! Bewapen jouself en skiet om te dood. Ek het klaar gepraat!

Koos de Meyer. ·

Herklaas ek stem. Ons kan nie vir een oomblik nie waaksaam wees nie. Ek sal ook skiet om dood te skiet wanneer my lewe bedreig word. ‘n onskuldige mens se lewe deur gewetenlose skurke geneem vir wat. Dit hou net aan en aan. Daar is eintlik nie woorde nie. Woede stoot op want daar word niks aan gedoen nie.

Siek en sat ·

Gatvol vir hierdie land en sy Regering. My hart is seer. My kinders emigreer maar ek prys die Here dat hulle kan gaan.

Geelheksi ·

Die sogenaamde leiers het almal lyfwagte…huise…nee eerder paleise wat met hitech sekuriteits sisteme gerig is. As hulle in die nag hulle koppe toetrek…het hulle vrede of ontskuldige mense en sagte teikens aangeval word.
Hukom sal Ramaphosa hom blootstel om n doodstraf terug te bring? Al wat hulle doen is om die bodemlose put uit te put met hulle astronomiese uitgee van geld op onbenullige goed.
Nee dis tyd God ingryp en sien dat ons beloofde land besig is om te brand….en ons is die offerhande.

Marius ·

Dit blyk dat daar baie misdaad in die omgewing vookom, daarom moet mense hulle bewapen (‘n vuurwapen in die kluis beteken niks)… dra hom aan jou lyf. Vroeër of later sal misdadigers die boodskap ontvang.

Sarel ·

Noujatoe jy weet nie wat jy se nie.
God se wil geskiet nie op aarde nie. Bid laat sy koningkryk kom en Sy wil geskiet jaa. Niks anders sal werk nie

Moedeloos ·

Kan iemand nie vir Oom Cyril laat weet ons sit met ‘n probleem in ons land nie? Hy’s mos die man wat ons land regeer so dit maak vir my sin dat hy maatreëls in plek moet stel om die probleem op te los. Elke dag lees ons van aanranding, verkragting en moord op ons minderheidsbevolking. Ek kan nie help om te dink dat hierdie klas van dinge rassehaat misdaad is nie. Ons lees nie daagliks van blankes wat in woonbuurte invaar en nie-blankes verkrag en moor nie. Oom Cyril sou al lankal plan gemaak het as dit die geval was. Ek kan verkeerd wees…

Johanna ·

Dis so tragies. Mag die skuldiges swaar gestraf word. Innige simpatie met die familie.

Andre ·

@Johanna – swaar strawwe vir moord bestaan ongelukkig nie. Jy kry dalk maksimum 25 jaar – sit lekker in die tronk en niksdoen met drie etes per dag, televisie, speel sokker, en so meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.