“Barmhartige samaritaan” se storie dalk ʼn foefie

a8Don Percival, ʼn inwoner van Harare in Zimbabwe wat beweer hy het Maandag die “Smith-egpaar van Suid-Afrika” gered toe hulle deur drie mans aangeval is, se storie klop nie lekker nie.

Maroela Media het Woensdag berig Percival het die egpaar gered nadat drie mans glo hul voertuig, ʼn wit Toyota-dubbelkajuitbakkie, wou steel. Nadat Maroela Media die berig en foto’s van Darren Smith, een van die vermeende slagoffers, gepubliseer het, het lesers gou aangevoer dit lyk of die foto’s geposeer is.

"Darren"

“Darren”

Percival is die uitvoerende hoof van Goddunnit Promotions, ʼn maatskappy wat natuurlewefilms in Zimbabwe vir ondermeer National Geographic vervaardig. Hy het selfs Woensdag aan Maroela Media gesê God het hom die krag gegee om die aanvallers ʼn goeie loesing te gee.

"Sharon"

“Sharon”

Die foto’s wat hy van die sogenaamde slagoffers op sy Facebook-blad gelaai het, blyk nou egter foto’s te wees wat van die internet af bekom is. Die ene “Darren” op die foto’s is egter die Russiese tennisspeler, Marat Safin, wie se foto op dié webwerf verskyn. Die foto van “Darren” se vrou, Sharon, is ook ʼn bekende televisieaanbieder van Engeland, Anna Richardson, wie se foto hier bekom is. Percival het intussen die foto’s en sy verhaal van sy Facebook-blad verwyder.

Toe Maroela Media hom Donderdag daaroor uitvra het hy gesê dit het te veel opslae gemaak. Hy het egter volgehou dat die voorval wel plaasgevind het en het gesê hy sal “nooit so iets opmaak nie”.

Nadat hy oor die foto’s van die bekendes uitgevra is, het hy gesê dat dit is volgens hom die “Smith-egpaar”. Hy het gesê soos hy dit verstaan doen die “egpaar” ʼn wêreldtoer en weet hy nie waar hulle hulself nou bevind nie. Hy het voorts gesê hy vermoed dat die “egpaar” die saak by die Hatfield-polisiestasie in Harare aangemeld het.

ʼn Woordvoerder van die Hatfield-polisiestasie in Harare het intussen aan Maroela Media gesê dit is baie moeilik om ʼn saak sonder ʼn saaknommer op te spoor. Hy is egter nie bewus van enige soortgelyke saak wat Maandag of Dinsdag by die polisiestasie aangemeld is nie. Hy sal egter hul rekords nagaan en so gou as moontlik terugvoer gee.

Lees ook:
Foto’s: Barmhartige samaritaan red SA-egpaar tydens Zim-aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Samuel Prinsloo ·

Ek wil net weet wie het die fotos geneem? Ruik n vrot rot

Lee ·

Do you guys make up your news stories? That picture of so-called “Darren” is international tennis pro Marat Safin!
I’m beginning to doubt the authenticity of Maroela Media’s reports.

Sune van Heerden ·

Dagsê Lee,

Dit is juis waaroor hierdie berig handel – dat die foto’s van die internet bekom is en die hele storie dus ‘n foefie mag wees.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Alfred Thorpe ·

Goeie werk deur wie ook al hierdie huiswerk gaan doen het.

Die ou het seker vergeet dat mens nou fotos kan soek via Google Images.

Fudge Kuki ·

So jul het ‘n hele spread gedoen gegrond op inligting wat jul by EEN mens gekry het en nie vir ‘n oomblik gewonder oor die ongewapende outjies wat geslaan word deur EEN ou ALLEEN nie? Woorde soos ‘held’ en ‘samaritaan’ word deesdae heeltemal te maklik gebruik. Ek dink in Don se geval is woorde soos ‘tsotsie’ en ‘rassis’ meer geldig. En feite toets het duidelik irrelevant geword in Afrikaanse joernalistiek…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.