‘Barmhartige Samaritaan-verkragter’ in Kimberley vasgetrek

Die verdagte is in Roodepan buite Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. In die foto is die goudkleurige Toyota Corolla en van die handsakke wat gevind is Foto: Noord-Kaap SAPD

Die verdagte is in Roodepan buite Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. In die foto is die goudkleurige Toyota Corolla en van die handsakke wat gevind is Foto: Noord-Kaap SAPD

ʼn 46-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn paar vroue in die Kimberley-omgewing in die Noord-Kaap verkrag het, is by sy huis in Roodepan in hegtenis geneem.

“Die polisie het ook beslag gelê op ʼn goudkleurige Toyota Corolla waarmee die verdagte rondgery het om glo die misdade te pleeg,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die man het homself na bewering voorgedoen as ʼn barmhartige Samaritaan en het vroue rygeleenthede aangebied voordat hy hulle beroof en verkrag het.”

Tydens die inhegtenisneming het die polisie handsakke, selfone, sonbrille en identiteitsdokumente wat glo aan sy slagoffers behoort het, in sy huis en voertuig gevind.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat glo hulle was een van die verdagte se slagoffers, om met die polisiestasie in Kimberley in verbinding te tree om moontlik die selfone, handsakke en identiteitsdokumente uit te ken,” het Tawana versoek. Kontak die ondersoekbeampte, speurder kaptein Doggie Magugu by 082 469 0578 of 053 838 5588.

Van die identiteitsdokumente wat in die verdagte se besit gevind is Foto: Noord-Kaap SAPD

Van die identiteitsdokumente wat in die verdagte se besit gevind is Foto: Noord-Kaap SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Se Maar Net ·

Baie dankie!!! Nou is nog een gemors agter tralies. Mag hy ‘n bitter lang trok straf kry!!!!!

Seookmanet ·

Ag as Oscar net 10 maande sit, ga die een prys kry van onse nr1 president, en vrygelaat word.
“Don’t do it a….gain..”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.