Barry Roux sal Coligny-twee se stryd verder voer

Advokate Gerrie Nel en Barry Roux sal kragte saamsnoer om die appèlaansoek van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte te hanteer. . Foto: Oupa Mokoena/Independent Newspapers/Pool

Adv. Barry Roux SC, ʼn toonaangewende en bekende advokaat in regskringe, sal die appèlaansoek behartig van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte wat Woensdag gevonnis is vir die moord op ʼn tienerseun van Coligny in Noordwes.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in ʼn verklaring bevestig die burgerregte-organisasie sal die appèlkoste dra sodat Roux die saak kan hanteer. Adv. Gerrie Nel en sy span by AfriForum se privaat vervolgingseenheid lewer ook bystand om die saak te ondersoek. Die aansoek om appèl sal binne 14 dae ingedien word, sê Kriel.

Doorewaard en Schutte is onderskeidelik tot 18 en 23 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis in verband met die dood van Matlhomola Mosweu (16). Die hof het bevind die twee mans het Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgegooi wat sy dood veroorsaak het.

Die mans se skuldigbevinding en vonnis het gekom ten spyte daarvan dat Rapport vroeër vanjaar berig het die enigste ooggetuie in die saak, Bonakele Pakisi, het erken hy het in die hof gelieg toe hy getuig het dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu vermoor.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte word in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis. (Foto: Mia Spies/eNuus)

“Die ondersoekspan van AfriForum se privaat vervolgingseenheid het reeds verklarings van vier verskillende mense afgeneem. Dié verklarings dui daarop dat Pakisi teenoor hulle oor sy leuen in die hof gebieg het en dat sy bekentenis ook op band opgeneem is,” sê Kriel.

Juis daarom het die organisasie besluit om in te spring om Doorewaard en Schutte by te staan. Kriel sê AfriForum wil benewens die hulp aan Doorewaard en Schutte toesien dat Pakisi strafregtelik vervolg word vir die meineed wat hy glo gepleeg het.

Volgens Kriel is dit belangrik dat diegene tot verantwoording geroep moet word wat leuens verkondig om rassespanning te skep en valslik ’n wolk van “rassisme” oor onskuldige mense se koppe te laat hang.

“Soos wat Doorewaard en Schutte se lewe deur leuens vernietig is, het ons onlangs ook weer in Schweizer-Reneke gesien hoe rasse-opstokers Elana Barkhuizen, ’n bekwame onderwyseres, se lewe met leuens en wanvoorstellings ontwrig het. Die tyd het aangebreek dat ’n voorbeeld van leuenaars en rasse-opstokers gemaak word,” sê Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Hendrik ·

Bestaan die oortreding “meineed” nog? Wat is die maksimum straf vir ‘n getuie wat in ‘n hofsaak lieg? Hierdie Pakisi moet deeglik vasgevat word.

Afrikaner ·

As daar bevind moet word, soos ons glo, wat al tydens die verhoor afgespeel en daartoe aannleiding gegee het dat die media dit bevraagteken het, sal elke uur wat die twee in die tronk deurgebring het, ‘n minuut in die tronk te veel wees, soos vir die man in die berig hier onder:

https://www.news24.com/Video/SouthAfrica/News/podcast-justice-denied-13-years-for-a-rape-he-didnt-commit-20190304-2

Waarheen dan?

Ek dink ook hier aan die aanvanklike uitspaak van RegterThokozile Masipa oor Oscar, wat later op hersiening regverdigheid die lig laat sien het.

Weer vra ek ‘waarheen dan’?

leser ·

dankie kallie kriel en span, ek staan vierkantig agter afri-forum om reg en geregtigheid te sien gebeur

Gert ·

Dankie AfriForum,julle is nog n ligpunt in n baie donker tonnel.Sterkte aan daardie twee manne..Onthou,die fiets trap op sy swaarste as die afdraande op sy naaste is…

Pierre ·

Ek dink die regter wat nie die bewering dat die getuie gelieg het laat ondersoek het nie, moet ook aan die pen gery word.

Andrea ·

Stem 100% saam. Kan Afriforum sommer die regter ook dagvaar?

Afrikaner ·

As daar bevind moet word, soos ons glo, wat al tydens die verhoor afgespeel en daartoe aanleiding gegee het dat die media paar maande gelede dit al bevraagteken het, sal elke uur wat die twee in die tronk deurgebring het, ‘n minuut in die tronk te veel wees.

Waarheen dan?

Ek dink ook hier aan die aanvanklike uitspaak van RegterThokozile Masipa oor Oscar, wat later op hersiening regverdigheid die lig laat sien het.

Weer vra ek, betreffende hierdie spesifieke saak van vandag, waarheen dan?

En, hoe het dit gekom dat ons is waar ons vandag is?

Irma ·

Dit is gerusstellend dat Afriforum intree om die 2 manne by te staan. Die rede daarvoor is debateerbaar veral as mens sien dat slegs hoëprofiel sake aandag kry. Buiten die 2 mans is hul gesinne en ouers se lewens ook negatief impakteer. Wat my verwonder laat is die feit dat ‘n mens soos malema oral waar hy gaan haat verkondig en oënskynlik sonder stamp of stoot kan voortgaan. Sy hele optrede is op haat basseer en tog lewe hy mildelik en gemaklik met die uitvindings van die wat hy aanhoudend probeer kruisig. Wat gaan julle daaraan doen?

Frikkie Geld en huis ·

Sou Adv. Barry Roux nie die sg doodskis 2 se saak ook op appèl neem nie ?? Hoe verloop daai saak ??

Gert ·

Hoop ander besef nou los die mense uit tronk is jou voorland !!

Anoniem ·

“Die hof het bevind die twee mans het Mosweu van n bewegende bakkie afgegooi” wie het dan die bakkie bestuur?

Elvira ·

Seker die liegbek. Hy se dan hy het dit gesien. Waarheid sal uitkom.

Abe ·

T- man,
Wat jy se is glad nie wat die hof bevind het nie. Gaan lees weer die hofstukke. Jy het glad nie n idee wat in die hof gebeur het nie.

LHS ·

Barry Roux gaan daardie spul so uitmekaar haal. Op die einde gaan daardie kamstige getuie so verward wees dat hy sommer sal erken hy het die bakkie bestuur.

Abe ·

Meisie Dewing,
Jy het nie die hofsaak gevolg nie en weet niks van wat bevind is nie. Die hof het bevind dat Doorewaard die bakkie bestuur het, Schutte het die kind van die bakkie afgestamp, hulle is albei aan moord skuldig bevind omdat, volgens die hof, hulle n gesamentlike oogmerk, nl. die dood van die kind gehad het.

Elvira ·

Dankie Barry. Hoe slaap jy vannag Regter? Jy het die saak n rassistiese EFF sirkus gemaak. Daai verklikker het sooooo gelieg. Maar Barry sal hom kry. Hoop hy beland ook in die tronk.

Kalla ·

Ek glo nogsteeds dat die verdediging n regverdige kans het om die uitspraak te appeleer. Onthou dat die leun eers gebieg is nadat die skuldig bevinding uitgespreek is. Dit is nou tyd vir die “TMO” om n weerkyk te kry om te sien of die vonnis regtig regverdig is. Mag geregtigheid seevier.

Lilian Zaaiman ·

Ek sal net graag wil weet od die doodskis 2 nou net vergete is?

Lilian Zaaiman ·

Ek sal net graag wil weet of die doodskis mense nou net vergete is?

Gert ·

As ek na hierdie saak kyk, na die Pistorius-saak, en na die storie van die skolier wat die onderwyser doodgesteek het, lyk dit my dit werk so: As jy ryk is kry jy 5 jaar, as jy arm is en die regte kleur kry jy 10 jaar, en as jy arm is en die verkeerde kleur is dit 20 jaar.
Let wel dis as jy skuldig BEVIND word, nie as jy skuldig IS nie. Ek glo hierdie twee is absoluut onskuldig.

Diefie ·

Dankie AfriForum. Die 2 is onskuldig en die 2 van Coligny ook.

Hanna Hoekom ·

Kom ons wees nou maar eerlik: daardie regter is in sy pos agv SEB en niks meer nie. Tweedens is hierdie twee manne van dag een af deur die “gemeenskap” skuldig bevind (lees EFF) en ons het daarna die plundering en brandstigting van die dorp beleef. Die regter was dus geintimideer en dalk ook nie heeltemal opgewasse om hierdie saak te kon hanteer nie. Mag sy en die EFF rassiste se turf binnekort sit! Genoeg is nou genoeg.

Peter Holmes ·

Afriforum, Gerrie Nel en Barry Roux. Julle gaan hierdie saak wen in die Appelhof. Daardie hof in Mafikeng was n boendoe hof. !!!!Wonder net waar daai regter ????? Sy graad verwerf het.

TN ·

Peter , ‘n Regter HOEF nie ‘n graad te hê nie alhoewel dit deesdae meesal darem wel so is __ dit is gewoon ‘n aanstelling .

pieter ·

wat van n rassevonds om hierdie mense te ondersteun,vra maar net.

Pretty please ·

kan die saak nie ook op tv uitgesaai word nie? Soos Oscar! ek sal love om die saak te kyk

Gert J ·

Manne van die reg ek bid dat julle so geseend sal wees dat nie net die regter in die saak ontslaan moet word vir onbekwaamheid maar dat die onskuldiges vrygespreek en dat hulle vergoed sal word vir die valsheid teen hulle. Ook is dat die wat gelieg het betaal

Abe ·

Gert J,
Niks wat jy in jou kommentaar noem, sal ter sprake kom in die appelsaak nie. Al waaroor die appelsaak handel is die skuldigbevinding en die vonnis.

leser ·

mede afri-forum lede en mede suid afrikaners wat veg vir geregtighheid onthou die name:
regter – ronnie hendricks,
staats aanklaer – rapula molefe,
en dan leuenaar – bonakele pakisi
ons sal hulle verder in ons lewe “raakloop”

Allan ·

Dankie AgiForum ons almal waardeer die hulp. @T-man, baie goeie punt as die twee mans hom van die bewegende voertuig afgegooi het, wie het dan die voertuig bestuur – sommer die eerste vraag wat Barry moet vra. Daarna moet die regter ook aangekla word vir “keksejag”, kan pret wees. Ek sal verseker “springmielie” koop as dit moontlik kan wees.

Abe ·

Allan,
Jy en n groot aamtal kommentators het nie n idee wat die bevinding van die hof was nie. Daarom verstaan julle nie die kwessie van wie bestuur en wie afgegooi het nie. Lees weer die hofstukke. Hulle is beskikbaar.

Msp ·

Die regering en howe vrees die eff daarom sal hulle altyd in hul guns uitspraak uitlewer. Dis sooooo jammer.

w ·

Ek dink ons afgetreede regters skud net hulle koppe….met die onbevoegte regters in ons howe

blomie ·

Ek sal regtig my kleintoonjie gee dat Barry Roux of Gerrie Nel ons familie sal verteenwoordig in ons poging tot moord saak, dit gaan al 3 jaar aan en die beskuldigde kom net weg met uitstelling elke keer wat ons gelukkig is om hof toe te kan gaan. Ek is seker die tweetjies sal nou mooi baat hier uit .. opgewonde om resultate te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.