BASA ondersteun Reserwebank oor VBS-besluit

SA Reserwebank (Foto: ANA)

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het Donderdag gesê die Suid-Afrikaanse Reserwebank het binne sy mandaat en die wet, en onafhanklik van spesiale belange opgetree toe dit VBS Mutual Bank onder kuratorskap geplaas het.

Dié bank, wat in swart besit is en likiditeitsprobleme ondervind, is Maandag onder kuratorskap geplaas.

Basa het gesê die primêre doel om ʼn bank onder kuratorskap te plaas is om deponeerders se geld en die nasionale finansiële stelsel te beskerm terwyl die besigheid gestabiliseer word.

Basa het bygevoeg hulle het volle vertroue in die Reserwebak. “Die Reserwebank se aksies bevestig die belangrikheid om ʼn onafhanklike, onpartydige reserwebank te hê wat die belange van alle Suid-Afrikaners beskerm.”

Die Reserwebank het deurgeloop onder kritiek van sommige sektore van die samelewing wat die Reserwebank daarvan beskuldig dat hulle nie VBS Mutual Bank, wat deur swart mense besit word, ondersteun nie. Kritici blameer die Reserwebank vir die krisis omdat die bank munisipaliteite opdrag gegee het om nie hul besigheid na VBS te neem nie as gevolg van lisensiebeperkings.

Basa het gesê alhoewel hulle toegewy bly aan die transformasie van die finansiëledienste-industrie, verhoogde kompetisie en bemagtigde bestuur en eienaarskap, moet dit op só ʼn manier plaasvind dat daar volhoubare besigheid geskep word.

“Alle Suid-Afrikaanse banke moet gehoor gee aan die wet en hul wetlike plig nakom om met sorg om te gaan met die wat geld wat aan hulle toevertrou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Sekwr weer Jan van Riebeeck en KOLONiaisme en Apartheid en blankes en die tanne muis se skuld dat die bank in die wanbestuurde situasie is wat dit is? Maar NOOIT word die wat wel verandwoordelik is aangespreek nie. Moet altyd uitgehelp en gered word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.