‘Basiese onderwys is ontvouende tragedie’

Argieffoto

Argieffoto

Baie leerders voltooi nooit hul hoërskoolloopbaan nie aangesien hulle moeilike vakke in Engels, wat nie hul moedertaal is nie, probeer baasraak.

Só meen adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys. Alberts het gesê dit is bekend dat moedertaalonderrig in die grondslagfase leerders help om vakke te bemeester. “Leerders raak moedeloos en gooi tou op wanneer hulle nie vakke onder die knie kry nie.”

Volgens hom toon die dalende matriekslaagsyfer van die afgelope twee jaar dat daar ʼn krisis op hande is. “Die werklikheid is dat minder as 50% van leerders wat hulle skoolopleiding begin het wel matriek voltooi.”

Alberts het gesê Engels word deur politieke ideologieë in die land tot “supertaal” verhef. “Dít terwyl dit die meeste mense se tweede taal is.”

“Indien die minister van basiese onderwys werklik erns daarmee het om iets aan die dalende matriekslaagsyfer te doen, sal sy dringend die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) se vlerke moet knip,” het Alberts gesê. Volgens hom moedig dié vakbond onderwysers aan om te staak en heers daar ʼn swak werksetiek onder die vakbond se lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MCS ·

Dis wat die government wil he in skole! Ons almal moet dieselfde lyk, dieselfde presteer, dieselde lae standaarde handaaf . Universiteite is mos nou vir almal , en nie vir die slimkoppe. Dis hoekom dit so gaan , ons word in dieselfde blik gedruk en vir party is dit onmoontelik om teswem! In alles vou die land , net niks is n sukses!

elize naude ·

daarmee het die vorige goverment al begin met skooldrag ens. dank hulle daarvoor!!!

Frans ·

Engels word nie verniet die taalmoordenaar van ander tale genoem nie.Kyk maar na wat het van die inheemse tale geword van Wallis,Skotland ens. Toe die ANC dus die 11 amptelike
tale ingeskryf het in die grondwet was dit mi die doodsteek van inheemse tale,want in poraktyk is Engels nou die voertaal in regeringsdienste en ook besig om Universiteite en skole oor te neem.

Sarie ·

Die Overbergdistrik is een van die distrikte in die land waar die meeste leerlinge in hul moedertaal, naamlik Afrikaans tot matriek onderrig word. Dit is ook een van die distrikte wat altyd onder die eerste drie distrikte op nasionale vlak presteer. Die meeste van hierdie leerders kom uit ‘n landelike agtergrond en daar is ook armoede. Gelukkig het hulle hierdie voordeel.

CHRISTA ·

Vir eerste 3 grade moet leerlinge in hulle moedertaal onderrig word (soos in die verlede). Vanaf graad 4 moet hulle ‘n 2de taal begin leer.

elize naude ·

tja as julle die engelse skool sisteem oorneem dat kan julle mos engels besig ook… kinders wat engels nie baasraak nie ly seker onder hul ouers wat ook in engels swak is…
engels is ń wêreldtaal en in SA die enigste neutrale keuse..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.