Basjir is vort

Omar al-Bashir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag gelas dat die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis geneem moet word, net voordat hulle gehoor het dat hy reeds die land verlaat het.

Advokaat William Mokhari het aan ʼn groep regters, onder leiding van regterpresident Dunstan Mlambo, gesê die president, wat deur die internasionale strafhof gesoek word, is nie meer in die land nie. “Die regering het my in kennis gestel dat hulle betroubare inligting het dat pres. Al-Basjir uit die Republiek vertrek het op pad na Soedan,” het Mokhari net na 15:00 aan die hof gesê. “Die minister van staatsveiligheid en die minister in die presidensie het my in kennis gestel dat die omstandighede rondom sy vertrek ten volle ondersoek sal word.”

Mokhari het die bekentenis gemaak net nadat die hof beslis het dat Basjir aangehou moet word.

“Ons het ʼn besluit geneem en sal binne ʼn week die redes vir ons besluit bekend maak,” het Mlambo gesê. “Die hof verklaar dat die optrede van die respondente (die Suid-Afrikaanse regering) in hulle versuim om die Soedannese president Omar Hassan al Basjir in hegtenis te neem of aan te hou, teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en dus ongeldig is. Die respondente word gedwing om redelike stappe te doen om pres. Basjir in hegtenis te neem en hom aan te hou hangende ʼn formele versoek vir sy oorgawe van die internasionale strafhof.”

Mokhari het in die oggend aan die hof gesê dat mediaberigte wat aandui dat Al-Basjir reeds die land verlaat het is slegs gerugte en dit het die regering “verras”.

Basjir word beskuldig van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik.

As ʼn lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika verplig om Basjir aan die hof uit te lewer.

Basjir het die 25ste Afrika-unie-beraad in Johannesburg bygewoon.

Lees alle vorige berigte oor Omar al-Basjir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Manna Pieters ·

Dit is ‘n iets wat ten hemele skreeu. Hierdie man is verantwoordelik vir dood van meer as 5 miljoen mense en ANC regering laat hom skotvry loop terwyl hulle geleendheid gehad het om om uit te lewer sodat geregtigheid kan geskied

Peet Schabort ·

Minagting van ‘n hofbevel Manna maar daar gaan niks van kom.
Dat ons dit probeer ?

OP ·

En mense is verbaas hoekom?
Hierdie land is n grap en gee incompetent ‘n nuwe definisie.
Sak my kop in skaamte. Maar dan weer ons regering by hulleself is verantwoordelik vir miljoene mense se afsterwe want hier is geen getegtigheid.

Petrus ·

Mense gaan my kruisig – maar dit is beter dat hy vort is – die belastingbetaler sou sy alie moes veilig hou teen enorme koste – nee wat een Nkandla is genoeg!

CHRISTA ·

Dit wys jou hoe aan die slaap al die departemente is wat veronderstel is om ons plaaslik veilig te hou. Of is dit net weer die ANC se manier om hulle vriend te help wegkom?

Pietertjie ·

Nee, my kind: dis boeties wat vir mekaar sorg. Onthou, Bashir was in die eerste plek uitgenooi na die beraad in Sandton. Deur wie? Sy boetie Zuma! Wetende dat daar ‘n lasbrief vir die krimineel bestaan. Ons land se “kaptein” is ‘n god in sy eie oë.

Pieter dP ·

Ek het nie gedink dat die krimenele regering wat tans aan bewind is hul mede bende leier ooit sou uit lewer nie. Net soo sal hier geen toepasing van die wet in onse krimenele regering teen sy krimenele lede wees nie.

Pieter dP ·

Ek het nie gedink dat die krimenele regering wat tans aan bewind is hul mede bende leier ooit sou uit lewer nie. Net soo sal hier geen toepasing van die wet in onse krimenele regering teen sy krimenele lede wees nie.

Winston ·

As SA hierdie gedrag op internasionale vlak openbaar, dink net wat die regering vir n gewone landsburger beteken. Niks.Ons ploeter voort. Die Grondwet is niks werd nie. Wanneer gaan ons wakker word mense? Hierdie is n skande van enorme aard!!

Deon ·

Ek staan verstom oor hierdie nasie van ons. Praat, praat, praat…. En dit kan ons goed doen. En wat kan ons nog goed doen? Glo dat hierdie gepraat ‘n verskil aan ons penarie gaan maak om binnekort nog ‘n zimbabwe te wees. Wat gaan jou aftreegeld werd wees as rsa ń biljoen persent inflasie beleef. Dink maar dis nie moonlik nie, kyk wat gebeur in zim. Maak oop jul oë mense

HEVW ·

2 + 2 = 4 So logies as dit. As dit die gesindheid van die regering teenoor n massamoordenaar is en teen wie daar reeds 2 lasbriewe uitgereik is, dan spreek dit tog in die duidelikste taal waarom die plaasmoorde nog nie n prioriteitsmisdaad is nie . Hul arem om die die lyf met hierdie persoon se tog duidelik waarheen hul met ons onderweg is. Ek dink daar is een voordeel in die misplaasde optrede van die regering en dit kan wees dat die internasionale wereld se oe sal begin oopgaan. So n daad regverdig beslis belangrike sanksie teen SA. Ons sal maar weer die lydende party wees.

Lappop ·

Het julle regtig gedink dat die pot die ketel in hegtenis gaan neem?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.