Die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof (ICC), is steeds in Suid-Afrika, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.
Advokaat William Mokhari, regsverteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering, het aan ʼn vol bank regters gesê mediaberigte dat Basjir reeds landuit is, het die regering “verbaas”.
Die ICC het twee lasbriewe vir Basjir se inhegtenisneming uitgereik in verband met volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mense van Darfoer in Soedan. Die lasbriewe is in 2009 en 2010 uitgereik
As ʼn lid van die ICC is Suid-Afrika verplig om hom in hegtenis te neem en aan die ICC te oorhandig.
Die hooggeregshof is deur ʼn nie-regeringsorganisasie, die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum, genader wat Suid-Afrikaanse owerhede wil dwing om hul verpligtinge teenoor die ICC na te kom.
Vra my broer Jack hy lieg net soos ek.
Zuma, sien jy nou. hierdie is jou voorland,met dit wat besig is om te gebeur hier in SA.
Ons blankes word uitgemoor,en jy doen niks daaraan nie
Mokhari is net so ‘n liegbek soos sy baas, Zuma!! Die massamoordenaar is LANKAL op pad terug na sy land toe!!!
Hoe dan anders? zuma het hom vooraf gewaarsku hier kom bollie. Toe klim hy daai vliegtuig soos ‘n windhond en weg is hy! Weereens een van zuma se “guptagate” skandales. Plaas van hulle maar Waterkloof lughawe toemaak of hernoem na “the Gate to FREEDOM”!