Basson, regsman stap uit verhoor

Wouter Basson. Foto: Werner Beukes/Sapa

Wouter Basson. Foto: Werner Beukes/Sapa

Dr. Wouter Basson se tugverhoor het Maandag voortgegaan nadat Basson en sy regsverteenwoordiger die sitting verlaat het en gedreig het om die hooggeregshof te nader oor die voorsitter se optrede.

“Uit die bewyse wat ons het, is dit duidelik dat jy ʼn lid is van een van die organisasies wat ‘n petisie ondersteun het vir die verwydering van dr. Basson se naam van die register van mediese praktisyns,” het Jaap Cilliers, Basson se regsverteenwoordiger, aan prof. Jannie Hugo, die voorsitter, gesê. “Ons versoek dat ons verskoon word van die verrigtinge sodat ons die hooggeregshof kan nader om jou te dwing om ons van meer inligting te verskaf oor die kwessie.”

Cilliers het vroeër gesê die verdediging het inligting tot sy beskikking dat prof. Jannie Hugo, die voorsitter, ʼn petisie onderteken het vir die verwydering van Basson se naam van die register van mediese praktisyns. Volgens Cilliers is Hugo ʼn lid van een van die organisasies wat die petisie rondstuur.

Hugo het na ʼn kort breuk gesê die saak sal voortgaan en dat die verdediging ʼn aansoek rakende sy beswaar by die komitee kan indien.

Cilliers het gesê die verdediging sal die hooggeregshof nader met bewyse van hul bewerings en die hof vra om uitspraak te gee oor die stand van die verhoor. “Ons gaan die hooggeregshof vanoggend nader ten einde jou te dwing om die verhoor van die nodige inligting te voorsien,” het Cilliers gesê voor hy, Basson en die res van die regspan uitgestap het.

Hugo het voortgegaan met die verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan Smit ·

Hoe lank wil hulle nog met die stomme ou aangaan. Hy is al vrygespreek en dan is daar net weer nog ‘n ou wat hom wil Mail en begin weer van voor af.
Kry nou klaar met Wouter Basson! Die man lewer ‘n goeie diens in die hart eenheid en hy staan sy skoene goed vol in die samelewing. Hoekom so ‘n knap man aanmekaar te Head Hunt.

Johan Smit ·

Hoe lank wil hulle nog met die stomme ou aangaan. Hy is al vrygespreek en dan is daar net weer nog ‘n ou wat hom wil nail en begin weer van voor af.
Kry nou klaar met Wouter Basson!
Die man lewer ‘n goeie diens in die hart eenheid en hy staan sy skoene goed vol in die samelewing. Hoekom so ‘n knap man aanmekaar te Head Hunt. Daar is kriminele daar buite wat gejag kan word.
Maar, hier sal nie opgehou word voor hy nie van die aardbol af is nie.

zahn ·

Ek stem! Los die man nou, magtag, en terwyl ons praat, los sommer vir oom Clive ook, sodat hy sy laaste dae kan geniet saam met sy naastes. Nee o genugtig, die brandkolle in beheer kan darem nou begin kop kry!

Lindie Lourens ·

Ek voel al lankal so. Laat my so aan die Gupta-debakel dink. Die regering gee opdragte ,maar die onderdane moet die blaam daarna dra.

manie ·

Los Basson nou uit. Hy het in opdrag van die regering van die dag gewerk, en opdragte uitgevoer.
Sorteer errder die probleme wat ons nou in die gesig staar aan!! Kundiges verlaat die land !! Juis oor sulke optredes deur die sogenaamde gereverdiges!

David Ras ·

Wouter Basson is deur die hoogste geregshowe onskuldig bevind. Punt. Dink hierdie “komitee” nou hulle is verhewe bo die konstitusionele hof, wat Dr. Basson onskuldig bevind het aan ‘n misdaad.
As enigeen skuldig is aan onprofessionele optrede is dit juis hierdie menere. Julle is skuldig aan growwe pligsversuim om dat julle nog nie opgetree het teen julle kollegas wat gesorg het dat Shabir Shaik vry rondloop.
Eintlik is die spul nie eens die naam “BOENDOEHOF werd nie.

Neptunus ·

Klink of die uitspraak van hierdie tribunaal nie ‘n verrassing gaan wees nie. Vir een of ander rede laat hierdie storie Roland Freisler se naam by my opkom.

Lillian ·

En dis hoekom ons sit waar ons sit, want ons eie mense lewer ons uit aan die heidene! Professor Jannie Hugo, jy behoort jou te skaam, om jou kollega en mede blanke so te wil ondermyn!

Neptunus ·

Lillian, dit moet juis NIE gaan oor “mede-blanke, eie mense” ensovoorts nie. Die voorsitter moet neutraal en onbevooroordeel wees ongeag of Dr Basson dieselfde kleuterskool, kerk of weermagkamp as hy bygewoon het of soos hy lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.