Bathabile Dlamini bedank ook as LP

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

Die ANC in die parlement het bevestig dat Bathabile Dlamini, voormalige minister van vroue in die presidensie, as parlementslid bedank het.

Dlamini is verlede maand deur Maite Nkoana-Mashabane vervang toe pres. Cyril Ramaphosa sy nuwe, kleiner kabinet aangekondig het.

Dlamini, president van die ANC Vroueliga, is in Februarie verlede jaar as minister van maatskaplike ontwikkeling geskuif na minister in die presidensie belas met vroue en kinders.

Die konstitusionele hof het ook verlede jaar beveel dat sy 20% van die regskoste van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) moet betaal wat verband hou met die maatskaplike toelae-debakel.

Jeff Radebe, voormalige minister van energie, en Siyabonga Cwele, voormalige minister van binnelandse sake, het Maandag as LP’s bedank.

Susan Shabangu, oudminister van maatskaplike ontwikkeling, Nomaindia Mfeketo, oudminister van behuising, en Dipuo Letsatsi-Duba, oudminister van staatsveiligheid, het verlede week bedank.

Fikile Masiko het Shabangu vervang, Sfiso Buthelezi het Letsatsi-Duba vervang en Tashoganetso Tongwane het Mfeketo vervang.

Drie ANC-LP’s wat met die verkiesing as parlementslede aangewys is, het nooit hul setels opgeneem nie. Hulle is die voormalige minister van water en sanitasie en oudpremier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, die oudpremier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, en die voormalige omroeper Makhosini Nkosi.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Helena.

NO LOSS!!!!

Grassie

Dit is nou ‘n brokkie goeie nuus so vroeg op ‘n Dinsdagoggend.

lizzi

Kyk hoe doen ek a little dance of joy!

Hester

No big loss

Duncan

Die bedanking van al die ministers in die korrupte JZ kabinet area na hul inhuldiging in die Parlement wat nie weer deur CR in sy kabinet aangestel is , is mos `n duidelike teken van die intensie faksie gevegte wat nog steeds voortsleep in die ANC. Die voormalige Dlamini minister was sekerlik die swakste minister wat SA nog gehad het en het haar department in die afgrond gesink – dankie CR dat jy van haar ontslae is. Ek vermoed hier broei binne die ANC met JZ en Ace as die voorbokke om al die korrupte/nie- verkose ministers binne hulle faksie… Lees meer »