Bathabile Dlamini in hospitaal met Covid-19

Bathabile Dlamini. (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, word in ’n hospitaal behandel nadat sy Covid-19 opgedoen het.

Dlamini moet op 21 September in die Johannesburgse streekhof verskyn nadat beslis is dat sy vir meineed of die aflê van vals getuienis vervolg gaan word.

Die ANC het Dinsdagaand bevestig dat Dlamini, president van die party se vroueliga en lid van die nasionale uitvoerende komitee, in ’n hospitaal opgeneem is. “Ons wens Bathabile spoedige beterskap toe en hoop dat sy haar mediese behandeling suksesvol afhandel sodat sy kan terugkeer kantoor toe en die beweging kan aanhou dien,” het Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, gesê.

Volgens Mabe moet Dlamini se “moed en vasberadenheid” om Covid-19 te klop, as inspirasie dien vir Suid-Afrikaners om saam te staan teen die pandemie.

Die Black Sash-trust en die Sentrum vir Toegepaste Regstudies (Cals) het Dinsdag die direkteur van openbare vervolging (DOV) se besluit om met vervolging teen Dlamini voort te gaan, verwelkom.

Die aanklag teen Dlamini hou verband met haar getuienis tydens ʼn ondersoek wat gelas is deur die Konstitusionele Hof wat ondersoek ingestel het na Dlamini se rol in die sogenaamde maatskaplike toelae-krisis van 2017.

Regter Bernard Ngoepe het in 2018 die ondersoek gelei en in sy verslag bevind die minister het nie net haar plig versaak nie, maar ook versuim om bepaalde inligting aan die hof bekend te maak weens vrees dat sy in haar persoonlike hoedanigheid vir die krisis aanspreeklik gehou kan word.

Die Konstitusionele Hof het in September 2018 uitspraak in die saak gelewer en bevind Dlamini se optrede was “roekeloos en grof nalatig”. Die hof het voorts beveel dat die uitspraak en Ngoepe se verslag aan die DOV gestuur word sodat dié kan besluit of Dlamini onder eed gelieg het en vir meineed vervolg moet word.

Dlamini het in 2019 as minister bedank.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Casper ·

Jy kan maar hardloop maar ek bid jou vinnige herstel toe sodat jy jou dag in die hof kan kry.Hierdie aantuigings is minder ernstig van aard en verdien nie gevangenisstraf nie.

piet ·

Dis ernstig, jy kan tot 10 jaar gevangenisstraf kry vir meineed.

Johnny ·

Teen 21 September behoort dit te herstel het.
En, uit hoofde van die amp wat dit beklee het, is die aantygings beslis nie minder ernstig nie. Inteendeel.

Tiptol ·

Aantuigings op iemand wat ‘n hoë pos beklee moet altyd as ernstig gesien word.

Francois Le Cochon ·

Ek reken sy gaan permanent covid he^, en jare lank in Rusland behandel word!

Kobus ·

Hoekom is dit nuus? Ek was ook baie siek met Covid. Geen plek in hospitale en MM het nie berig oor my geskryf nie! (lol)

Ruby ·

Sy kan mos by die huis isoleer en herstel soos ons almal, hoe kry sy so vinnig ‘n bed.

Alle regerings amptenare moet verplig word om staats hospitale toe te gaan en hul kinders in staats skole.

Dit is dan onder hul leiding, so wat kan dan verkeerd wees daarmee?

Daaaaalk dan sal die liggies dan begin aangaan.

Blomme ·

Uitstekend gestel. Hulle vertrou hul eie reéls en dienste nie. Wat ń grap!

VaalDonkie ·

Dis oor sy ooptoon-skoene gedra het en wyn op ‘n Vrydag gekoop het!

Misky ·

So die leuenaar moet nou as ‘inspirasie’ vir SA dien??? ….. ek slaan my oë op na die berge…

Jr ·

So “*’: what? Honderde ander was ook. Wake me up when there’s real news. Het julle regtig niks om oor te skryf. Gooi net n dubbel Johnny Walker en vang n stort met n bord beët dans als reg. SA’ s se monopoly game – get out of jail with a doctors note

Elinette ·

Was haar suurstofvlakke onder die 70%? Eienaardig hoe vinnig sekere “mense” kan siek raak sodra hulle kierankies begin braai …. Zuma het skielik BAIE SIEK geraak aan ‘n HOOGS ONBEKENDE siekte wat ten minste 6 maande gaan neem om suksesvol behandel te word (ek wonder hoe enige dokter ‘n onbekende siekte kan behanel???????) en nou raak dié missus skielik siek aan COVid-19.

Pim ·

Amazing hoe almal siek word as hulle in die hof moet verskyn. Weet enige iemand nou al wat is kwansuis fout met Zuma?

Matilda ·

Vreemd nê, hoe sekere mense “skielik” siek word net voor hulle moet getuig of wanneer moeilikheid aan hulle deur klop.

Hein ·

Noudat sy aangekla word van meineed kry sy skielik covid. Lyk my Covid gaan al die Anc lede uit die tronk hou

nicolaas ·

Snaaks hoe vinnig die kaders siek word as daar n klagte teen hulle is

Swerwer ·

21 September is mos nog ‘n hele 27 dae vêr. Ai Covid ………………………..

Magda G ·

Vir hoe lank gaan sy gehospitaliseer word. Sy weet haar hofsaak le voor

annie ·

Sekere kwale trek mos in families. Ons hoop nie sus ex-Zuma word siek nie want sy moet ‘n ogie hou oor drankwinkels en die twakbedryf… Die twee susters is ex-broe Zuma se steunpilare. Dalk is telepatie hier ter sprake. Was Dlamini dan nie ‘n tele-kommunikasie-hooggeagte nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.