Bathabile Dlamini nuwe ANC-vroueliga leier

Bathabile Dlamini, minister vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, minister vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, minister vir maatskaplike ontwikkeling, is as die nuwe leier van die ANC-vroueliga (ANCVL) aangewys. Sy vervang Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Die finale uitslag van die stemmery is Saterdag 04:00 aangekondig op die ANCVL-verkiesingkonferensie wat in Irene, Pretoria, gehou is. Meer as 2 700 stemgeregtigde afgevaardigdes het Vrydagmiddag begin stem.

Sisi Ntombela, Vrystaatse LUR vir sosiale ontwikkeling, is as adjunkpresident aangewys, terwyl Meokgo Matuba van die Noordwes ANCVL as algemene sekretaresse verkies is. Wesizwe Tikana, Oos-Kaapse LUR vir vervoer, is as Matuba se adjunk aangewys. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale verhoudinge, is die nuwe tesourier.

Altesaam 45 addisionele lede van die nasionale uitvoerende komitee sal Saterdag op die konferensie verkies word. Die 12de konferensie, wat in 2013 gehou moes word, maar uitgestel is weens interne struwelinge, loop vandag ten einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.