Bathabile Dlamini skuldig aan meineed

Bathabile Dlamini (Foto: Facebook)

Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike werk, is Woensdag skuldig bevind aan meineed.

Dlamini het vroeër vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn waar landdros Betty Khumalo haar uitspraak gelewer het.

Die oudminister se skuldigbevinding volg nadat sy onskuldig gepleit het op aanklag van valse getuienis in 2018 voor die Konstitusionele Hof. Sy het deurgaans volgehou dat indien sy wel valse getuienis afgelê het, sy dit onwetend gedoen het.

Die aanklag hou verband met haar getuienis tydens ʼn ondersoek wat destyds deur die hoogste hof gelas is oor haar rol in die sogenaamde maatskapliketoelae-krisis van 2017.

Maroela Media het vroeër berig Dlamini het misluk in haar plig om te verseker dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) behoorlik in staat was om die betaling van toelae oor te neem. Sassa moes die betalings behartig nadat ʼn ongeldige kontrak met Cash Paymaster Services beëindig is.

Regter Bernard Ngoepe, wat in 2018 die ondersoek gelei het, het in sy verslag bevind die minister het nie net haar plig versaak nie, maar ook versuim om bepaalde inligting aan die hof bekend te maak weens vrees dat sy in haar persoonlike hoedanigheid vir die krisis aanspreeklik gehou kan word.

Vervolging is daarna ingestel.

Dlamini het verlede jaar die landdros genader om die saak ter syde te stel. Sy het aangevoer dat die staat geen bewyse het dat sy onder eed gejok het of valse getuienis afgelê het nie.

Khumalo het egter die aansoek einde verlede jaar van die hand gewys en aangevoer dat vervolging moet voortgaan.

Dlamini het in 2019 as minister bedank en is tans die president van die ANC se vroueliga en lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Swerwer ·

Nou ja, dit is mos so duidelik soos daglig dat die hele ANC korrup is.

Jr ·

Hierdie verskooning sal nou gebruik word deur die kaders vandat die ander twee nie meer rêrig werk meer nie
No 1 – rassisme
No 2 – pretendicitus. Of Shaky shaky syndroom
NEW EXCUSE – I was not aware.
Alhoewel in haar geval, miskien waar want sy is geneig om baie rond te hang met Mnr Johnny Walker en Mnr Ballentyn. En sy weet nie 99% van die tyd waar sy is nie.

Johann ·

Vat so! En straf haar GOED! Nie dat ek dink die een weet eers wat beteken lieg nie. Dis kern deel van haar en haar soort se DNA.

Marina ·

die woord lieg bestaan nie vir hulle nie, wat haar straf ook al gaan wees sal seker met betaling gaan

Elise Georgina Irene ·

Sy gaan seker nou oorneem by uncle Cyril in August?

Wondermaarnet ·

En gaan sy nou tronk toe of speel vir tyd soos Zuma?

Blomme ·

NIKS gebeur mos met die Kaders. Hulle is onaantasbaar. Skuldig…maar nou wag ons vd straf….. Wat ń stille dood sal sterf. Nes Ou Zuma…. Terminaal siek maar loop nou nog lekker laggend rond. Hulle vat die mense van die land vir poppe.

Karlahari ·

Ek kan nie wag vir straf oplegging nie:
Tronkstraf of opgeskorte boete…..

JM ·

Weet nie van die waarheid nie, net van lieg en dan die arrogansie dat sy geglo moet word.

Dries ·

ANC vroueliga seker baie trots op hulle president, praat nie eers van LUK nie.

Pannies ·

Skuldigbevinding skrik hulle ook nie af nie, want niemand van hulle word gestraf nie.
Daar is nog nie een korrupte politikus of senior amptenaar in die tronk nie.

Kobus ·

Haar regspan pleit blykbaar vir ‘n ” klein” boete want sy is finansieel onder druk. Ek wil dit waag om te voorspel dat wat ookal die vonnis is , sy appel gaan aanteken. Verbasend hoe vinnig fondse dan beskikbaar sal wees.

Pieter ·

Die nimmereindigende korrupsie van die African National Criminals…

Hasie ·

Dit gebeur maar met leuens Kan nie tred hou met dit wat jy al gelieg het nie …so die waarheid maak seer …

Ruby ·

Blykbaar kry sy R40 000 pension en R70 000 van die ANC vroueliga per maand!!

antieke antie ·

liewe aarde dis baie geld vir so onbevoegde mens ….. hoe het sy daar gekom…mens kan net raai dat sy gunste vir invloedryke gelewer het

Ontnugterde senior ·

Ek hoop hulle sluit haar toe en gooi sleutel weg. Haar kamitige verskonings oor waarom sy nie tronk toe kan gaan nie hou nie water nie. Die hof het nie simpatie met eninge ander misdadigers se huislike omstandighede nie. Tyd dat ons ‘n ander regering kry.

Ettienne ·

Altyd iets nuuts uit die ANC …”Ek het nie gweet ek jok nie ….”

Karina ·

Ek wed julle, ‘n ou boetetjie, en daar gaat sy. Geen tronkstraf vir haar nie. Sy is mos ANC! Hoop sy sit vir 15 jaar, geen kans op borgtog of parool nie. (of sommer baie langer tronkstraf)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.