Bathabile Dlamini wéér in beheer van armes se lot

Oudminister Bathabile Dlamini. (Foto: GCIS)

Die besluit van die minister van menslike nedersettings om Bathabile Dlamini as voorsitter van die Reguleringsowerheid vir Maatskaplike Behuising se tussentydse raad aan te stel, is as “onlogies, en om die waarheid te sê, belaglik” bestempel.

“Dit is heeltemal onlogies dat enigiemand sou dink Dlamini is geskik vir enige openbare amp, terwyl haar geskiedenis deurspek is van onbekwaamheid, skandale, beweerde korrupsie en ongevoeligheid jeens die belange van die armes en weerloses,” het Emma Louise Powell, die DA se woordvoerder oor menslike nedersettings, gesê.

Volgens haar is die Ramaphosa-administrasie nie ernstig oor Suid-Afrikaners se belange nie. “Hoekom anders sou hulle Bathabile Dlamini genadeloos afdwing op die land se mense, ondanks die voortgesette teenkanting teen haar ontplooiing in ʼn openbare amp?”

Die Konstitusionele Hof het reeds aangedui dat Dlamini se optrede tydens die debakel met die uitbetaling van maatskaplike toelae in 2017 roekeloos en grof nalatig was. Voorts het ʼn ondersoek na haar gedrag bevind sy het die hof mislei om haarself teen enige gevolge van haar optrede te probeer beskerm.

Die DA sê Dlamini het ʼn legio aanklagte teen haar waarop sy moet antwoord. Dit sluit in aanklagte van meineed; strafregtelike klagte wat aanhangig gemaak is nadat sy beweer het sy weet van vroue van ANC-lede wat glo twyfelagtige transaksies met Cash Paymaster Services aangegaan het; en ʼn uitspraak van die Konstitusionele Hof waarin die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gevra word om dit te oorweeg om Dlamini te vervolg omdat sy onder eed gelieg het.

“Dlamini het eerstens versuim om die armes en weerloses tydens haar termyn by die departement van maatskaplike ontwikkeling te dien. Daarna het sy versuim om vroue en kinders in haar ampstyd by die departement van vroue te beskerm.

“Nóú word sy die taak opgelê om te verseker dat die armes waardige behuising kry. Die DA gaan alle moontlikhede ondersoek om Dlamini se aanstelling in die tussentydse raad teen te staan,” het Powell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Anda le Roux ·

Ons moenie verbaas wees oor enigiets wat die ANC doen nie. Kyk net na alles wat gebeur en reeds gebeur het. Moenie ontsteld wees nie, hierdie is slegs die begin. Hul goddeloosheid ken geen maat of perk nie.

Bach ·

CR is ‘n swak president en duidelik nie in beheer nie en dan soek hy beleggers!

KP ·

ANC bewys net weer dat hulle maak net soos hulle wil en aan niemand rekenskap hoef te gee nie.

Ruiklont ·

Dit gebeur wanneer kaders onbeholpe kaders aanstel. Die ware kleure kom al meer en meer na vore

Judge Dredd ·

Dis positiewe nuus ouens – hopelik sal sy 2de slag so sal aanjaag dat die armes(meestal ANC ondersteuners) die ANC hopelik vaarwel sal roep.
Carry On ANC, carry on ………..

Gert van Wierdapark ·

Dit was seker maar ‘n ” grens-geval! As dit nie werk nie, gaan die oues en armes
maar weer les opse, swaarkry en huil (grens) . Nota: Eendag is eendag, dan gaan sy ‘n haas uit die hoed pluk – en dan??

Willebees ·

G’n wonder ander Afrika lande se politieke sisteme verwys ook al na ons regerings as ‘n spul “clowns” nie. Daars eenvoudig nie vet aan hulle te smeer nie.

Neelsie ·

Die DA se die Press is nie enstig nie, eintlik kan die Press ook maar niks doen nie sy meesters in die A&C skryf vir hom voor. As hy die vrou nie n job gee nie is hy ook binnekort sonder n job, kyk maar met hulle volgende Nasreg byeenkoms . Dan is of die met Ace ja en Mabuza in beheer. Donker tye vir almal in die land

GM ·

Dalk moet die etiket van ‘armes/armstes van die armes’ verwyder word van die regering se woordeskat. Hulle laat die mense so hulpeloos voorkom. Werk vir wat jy wil hê, en hou op om weg te kruip agter holruggeryde verskonings.
Slegs die ouergarde, weeskinders, en mense met erge ‘disabilities’ behoort deur die regering bygestaan te word. Kindertoelae moet beperk word tot een of twee per huisgesin.
Die res, wat oud genoeg is, moet bemagtig word en werk moet geskep word.
Daar is ‘n verskil tussen arm wees terwyl jy jou alie afwerk om vir als te betaal vs. arm wees omdat jy nie die ruggraat het om te sê jou/jou familie se verlede gaan jou nie definieer nie.

Ons almal kan doen met ‘n gratis huis. Hoe harder jy werk vir ‘n groter salaris, hoe meer belasting word afgetrek om te moet help sorg vir die een wat nie wil werk nie. Dit klink nou baie regverdig!

Feite ·

Ek is bevrees dat niks SA uit die kloue van die ANC staatskaping status quo wat deur die ANC gehandhaaf word, meer kan red nie. Die opposisie kry die ANC nie gestuit nie, die kaders stoomroller net voort. Ons is regtig al verby die punt dat politieke opposisiepartye nie reguit en eerlik moet erken dat hulle die stryd teen die ANC nie meer kan wen nie!

Kallie ·

Daai dag sal almal se oë oopgaan, plaaslik en in die buiteland.

HetMari ·

Belaglik.. belaglik.. belaglik..hierdie land is in sy kanon en nou gaan dit sommer nog vinniger gaan. Is daar dan niemand met verstand in die regering nie?

Michael P ·

Mense moet nie worry nie sy doen in elkgeval nie die werk nie. sy is net n simbool wat groot geld kry.

Suzette Geringer ·

Hoeveel keer wil hulle nou hulle kop teen dieselfde klip stamp….Regtig!!!!

Sannie ·

Hierdie dame het beslis “dirt” op iemand in hoge geledere binne die ANC

Bert ·

Ek onthou ons president het vir ons gesè hy gaan die korruptes vasvat, hy sal tog nie vir ons lieg nie.
Dalk het hy bedoel hy gaan die korruptes vasdruk.

Doris ·

Ek kan nie glo hulle maak weer van wolf skaapwagter nie. As ek maar dink so n paar jaar gelede hoe is die arm pensioen trekker geroof van hulle gelde. So twee maande kry hulle regte geld en die volgende maande net n gedeelte. Ek dink hulle moet haar heeltemal uitskyf en sit iemand wat jy kan vertrou in die pos.

humor ·

Mense hoe moet die arme anc dan nou maak as daar nie n beter swart aanstelling moontlik is nie. Vergeet maar van enige wit aanstelling in hul rasbehebtheid en ANC vergoddeliking sal daar nie n einde kom nie,

Julie Jansen van Rensburg ·

Wat anders verwag enige regdenkende mens van hierdie korrupte African National Corruption -party onder wie se wanregering verkragting, roof, moord, kaping en korrupsie in die ergste graad sal bly voortbestaan… Doe so voort,ANC, julle grawe julle eie graf soos mense stadig maar seker begin wakkerskrik en besef hoe julle ‘n eens vreedsame en voorspoedige land in sy m–r wanbestuur het…

Philip ·

Ja nee CR se hande is afgekap. Hy kan niks sê of doen nie dan sit hy sonder heenkome en korrupte job. Die hele lot is korrup en dit ten koste van “wit monopolie geld”. Sjoe mense dis erg en van om naar te word en te bly. Ongelukkig kan ek nie waai nie met my ouderdom maar my kinders en klein kinders gaan die land vaarwel roep. Hoe tragies so mooi land maar besmet met sonde, korrupsie en moord

Catherine ·

So funny!!!! Fellow South Africans….much to learn from this lady!

A Mac ·

Dis met aanstellings soos hierdie wat mens laat wonder wat het hierdie persoon op die persoon wat die aanstellings doen. Was sy in diens van ‘n privaat instelling het sy al lankal op straat gesit. Inside info op ‘n high profile persoon in die parlement dan is jy altyd verseker van werk, al is jou werksetiek en rekord so swak dis eintlik lagwekkend.

JohanR ·

Die meer USELESS jy is in die ANC die verder word jy bevorder!! Is tyd dat die mense stem vir ‘n gesig, en aan daai gesig moet ‘n evaluering gekoppel wees. As jy na ses maande nie die mas op kom nie, dan is jy uit. Is tyd dat die ANC begin om Suid Afrika, en die mense van Suid Afrika te dien, en nie hulself, en die party nie! En ek het gedink die NP is nuuteloos. Ons het darem nie soe aan gegaan met die dag tot dag gemors wat in hierdie land gebeur nie!!

Charlotta ·

Juis oor die korupsie word sy weer aangestel. Dir werk vir die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.