Batsa begin ook met regsaksie teen regering

(Argieffoto: Unsplash)

British American Tobacco South Africa (Batsa) het Vrydag met dringende regstappe begin teen die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die verbod op tabakverkope tydens vlak 3 van afsondering te verleng. Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake reeds hof toe gesleep oor die verbod.

Batsa sê in ʼn verklaring sedert die verbod op tabakverkope in werking getree het, het Batsa nog geen formele reaksie van die regering ontvang nie. Hy is ook nie by enige van die regering se konsultasieprosesse betrek nie.

Johnny Moloto, Batsa se hoof van buitelandse sake, sê Batsa het tot dusver nog net sy steun vir die regering se afsonderingsregulasies uitgespreek ten einde die verspreiding van die virus te bekamp.

Maroela Media het vroeër berig die nasionale bevelsraad het Donderdag gesê vlak 3 van die afsonderingstydperk is die grootste heropening van die ekonomie nóg sedert die algehele landwye afsondering 63 dae gelede ingestel is. Tydens vlak 3 sal verbruikers weer in staat wees om alle produkte te koop wat gedurende vlak 4 en 5 verbied was. Die koop en verkoop van tabakprodukte bly egter verbode. Die uitvoer van tabakprodukte word wel toegelaat.

“Ons het deurlopend pogings aangewend om met die regering in gesprek te tree. Terwyl alle ander produkte nou verkoop mag word, behalwe tabakprodukte, en gegewe die gebrek aan enige reaksie van die regering se kant, het ons besluit om dringend tot regsaksie oor te gaan,” sê Moloto.

Volgens Moloto sal die voortdurende verbod op wettige tabakverkope die voortbestaan van die tabaksektor bedreig en so ook duisende mense werkloos laat. Hy sê die verbod op wettige tabakverkope dryf miljoene rokers, en wetsgehoorsame burgers en handelaars, om op onwettige maniere sigarette te bekom. “Dit beroof die regering van broodnodige aksynsbelasting,” sê Moloto.

Batsa sê die tesourie verloor tans daagliks R35 miljoen se inkomste in aksynsbelasting weens die verbod op sigaretverkope in Suid-Afrika.

“Ons was voor die instel van die landwye afsondering die grootste vervaardiger van tabakprodukte in die land. Ons is dit aan ons verbruikers, kliënte, verskaffers en werknemers verskuldig om alles in ons vermoë te doen om die wettige tabakhandel in Suid-Afrika te beskerm en die verbod op tabakprodukte as ʼn dringende saak op te hef, ” sê Moloto.

Die Japan Tabacco International (JTI), groepe en organisasies wat die tabakwaardeketting regoor die land verteenwoordig, insluitend verbruikers, tabakboere en kleinhandelaars, gaan Batsa in dié saak ondersteun.

Soos vroeër berig, het Batsa met die instel van vlak 4 van afsondering die regering ook met regsaksie gedreig. Dit volg nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, einde April in ʼn verrassende wending aangekondig het dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk steeds geld. Batsa het egter ʼn week daarna besluit om nie voort te gaan met die regstappe nie, nadat hulle ʼn ooreenkoms met die regering bereik het. Die besonderhede van dié ooreenkoms is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jaco ·

Haai siestog…maar net om dit weer te los na n paar dae….almal dreig net hofsake, en dan gebeur daar niks…BAT soek seker nog geld onder die tafel vanaf die ANC regering, want dis wat hul die eerste rondte stil gehou het….

Anet ·

Die tabakverbod is net magsverstoon van die regering. Ek glo teen die tyd dat die verbod uiteindelik gehef word gaan hulle vorendag kom met iets soos “covid tax” op tabakprodukte. Dit moet nie toegelaat word nie want dit was hulle keuse om onnodig biljoene aan belasting te vetloor om onwettige tabakhandel te laat groei. Pateties!

My2Sent ·

Ek vermoed dis waarmee hul agter die skerms besig is. Hul weet mos nou presies hoeveel rokers bereid is om te betaal vir sigarette.

Mieke ·

Plaas dat jy stilbly daaroor… moenie slapende honde wakker maak nie!! ( kán hulle wakker word?!!)

Alida ·

Ek hoop hulle volstaan nou met regsaksie en laat daai kopdoek maantoe vlieg!

Johan ·

Alida, nou wat laat jou dink hulle wil haar op die maan he?

Herman ·

Gaan weer hoor hulle wit monopolie kapitaal en rasiste dan kruip hulle weer weg. Ma dis die ouens wat die anc en eff elke keer geld gee vir “donasies” en wat wat

Fedup ·

Batsa should learn from Fita. As soon as the circus ignore you, you dig your heel in and bite. Never let ignorance drive you back one step.

My2Sent ·

BAT het die fout gemaak om die Regering op hul woord te vat. Ons Regering het mos nou al telkemale bewys dat hul geen Eer het nie, net eie belang. BAT wou ook maar net probeer geld spaar in moeilike omstandighede en het daarom die eerbare ding probeer doen…die saak oplos sonder hofsake. Maar nou ja, die Regering het hul ware kleure gewys.

Jurg ·

As regering so graag geld wil verloor wat van ons weerhou belasting geld en pensioen geld dat hul nie elke maand hul vet salaris kry nie. Nie een hoort eets in regering nie want almal is skuldig met die staatskas leeg máák se dinge. Nie een het ‘n poging aangewend om dit te keer nie

Pieter ·

Ja Mnr Rupert so gaan dit as jy met terroriste wil onderhandel jy weet mos jy kan die ANC regering nie vertrou nie. Terwyl jy by julle ooreenkoms gehou het het die Zumas en hulle vriend Mazotti (wat sy nie ken nie) lekker geld gemaak. Intussen het hulle ons eerlike burgers gedwing om skelms te word nou moet ons hulle goedkoop gemors rook en wie weet wat is daar in

koos10 ·

BASTA, toe voer die regering julle ook ‘n ou windjie???
Wanneer gaan almal glo dat die regering met NIKS vertrou kan word nie, en dat hulle woord of ooreenkomste net goed genoeg is om ‘n draai by die kleinhuisie te gaan stap.

Jenine ·

Lekker ek hoop die regering kry ‘n julle paar koste bevele teen hulle. Die verbod maak net nie meer sin nie en Dlamini-Zuma se redes dra ook nie rerig water nie.

gatgogga ·

Dis reg. Vat die besluit oor tabak uit NDZ se hande uit. Sy is onbevoeg.
Laat our people onthou dit was NDZ wat hulle verplig het om ten duurste vir tabak te betaal, en dit het die howe gekos om haar hardkoppigheid te stuit.

Oujongvrou ·

Ek hoop van harte dat hierdie kopdoek tannie die ANC nou finaal afgrond toe vat

Jessey ·

Interessant hoe sy die Suid Afrikaanse Rokers wil “beskerm” maar sigarette mag uitgevoer word. Die res van die wereld sal seker nie siek word as hulle rook nie.

Weereens faal sy met die vak Wiskunde. Ons kan almal die somme maak, net sy dink ons kan nie. In ons tyd was 50% steeds die slaag syfer en nie 20% soos dit nou is nie.

Hano ·

Ek dink al die rockers moet hospital toe opruk met onttrekking simptome. Sien wat maak hul as 8 miljoen mense om hulp aanklop.

Pieter ·

Ja die rockers moet maar want die rokers kan nie so ver loop nie!

PieterP ·

Maak soos kopdoek se vriend en kind. Jaag die swartmark vol van julle produkte ook!

marius ·

Vra vir patel hoekom sy hoofdame hom toelaat om tabak uit te voer . Wa hy ook al antwoord beteken dat hul beginsels oor gesondheid ‘n spul twak is !

Pieter ·

En nou spring al die rokers op en af van blydskap, of nee toe nie, was maar net om die longe te skud vir ‘n bietjie lug!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.