Batsa dreig met regsaksie oor tabakverbod

(Foto: pixabay)

British American Tobacco South Africa (Batsa) het ʼn beroep op Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gedoen om die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk op te hef.

Indien dit nie teen Maandag teen 10:00 gedoen word nie, sal Batsa ʼn hofaansoek teen Dlamini-Zuma bring.

Batsa sê in ʼn verklaring hy wil dringend duidelikheid kry oor die regering se besluitnemingsproses rondom die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk.

Die stap kom nadat Dlamini-Zuma Woensdagaand in ʼn verrassende wending aangekondig het dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk steeds geld. Pres. Cyril Ramaphosa het egter verlede week gesê die handel in sigarette sal tydens vlak 4-afsondering toegelaat word.

Batsa spreek sy misnoeë met die teenstrydigheid in die verklaring uit aangesien hy reeds besig was met voorbereidings om die verkoop van tabakprodukte in Mei te hervat toe Dlamini-Zuma die aankondiging maak dat sigarette nié tydens vlak 4 verkoop sal word nie.

Maroela Media het vroeër berig die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en die departement van handel en nywerheid het meer as 70 000 insette van die publiek ontvang nadat ʼn konsepdokument verlede week Saterdag gepubliseer is.

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Uit dié insette was navrae oor oefening die gewildste en meer as 22 000 navrae is in dié verband ontvang. Sowat 2 000 insette is ontvang rakende die verkoop van tabakprodukte.

“Dit was op sigself bisar en hoogs onreëlmatig, hoofsaaklik omdat Dlamini-Zuma nie die tabakbedryf, kleinhandelaars, tabakverbruikers en ander wat die opheffing van die verbod ondersteun, die geleentheid gegee het om kommentaar te lewer op die voorgestelde herinstelling van die verbod nie. Dit was onbillik en onregmatig,” sê Batsa nou.

Batsa wys daarop dat ʼn petisie ter ondersteuning van die ophef van die tabakverbod binne 24 uur die steun van 400 000 mense ontvang het.

“Dit is onmoontlik om nie te snap nie dat hierdie haastige aangekondiging en ad-hoc ‘tweede konsultasie’ van die begin af bedoel was om ʼn volledig voorafbepaalde uitslag te lewer … en pres. Ramaphosa se korrek aangekondigde besluit om die beperkings op die verkoop van tabakprodukte onder vlak 4 te verslap om te keer.”

Luidens die verklaring verloor die tesourie elke dag R36 miljoen in aksynsbelasting solank die verbod op die verkoop van tabakprodukte voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jan ·

Hulle het kras besluit om die handel te stop. Elke minister het n eier te le. Party se eiers is net n ander kleur. Een praat oor mense wat een sigaret deel. Ander se gesondheid. Ander se imienslelsel word aangetas. Daar gaan meer van die anc se pelle in die township van vigs dood as mense met longkanker. Die anc ly almal se aandag af met drank en tabak. Want of jy drink of jy rook. Daardeur steek hulle al hulle tekortte weg soos waneer word uif uitbetaal. Daar mag aan al die staat se boubedrywe gewerk word. Maar nie op ons boubedrywe nie . Plaas hulle stop hulle werk en gee hulle mense kos. Maar nee hulle moet hille omkoop geld beskerm. So kom ons kyk wat maak hulle voor maandag

Hendrik Petrus ·

Dit wil voorkom asof die president geen seggenskap meer het nie , maar dat die ministers die finale se get. Die besluit is onlogies en absoluut drakonies. Ek sal graag wil sien waar in die wet die verbod op tabakprodukte gewettig word tydens ‘n nood situasie, of word ons regeer volgens elke minister se nukke en grille ?

Annette ·

Sy gaan stubborn wees en boonop al die steun van die groot ses kry.
Wat my aanbetref word daar groot teen mense regte gediskrimineer en die illegal tradin blom.

Anel ·

Die kominuste praat. Die vrou kry groot aandeel in omwettige verkoop van tabak.

Marius ·

Met die prys op die swartmark gaan n mens moet deel om te rook MEV want jy dryf die pryse op mense kan dit nie bekostig nie so nou rook en deel hulle n sigaret presies wat jy wil stop volgens jou maar ai ai ons skud net ons koppe vir jou besluite en ek dink ook hier is weer n ZUMA trick julle weermag en SAP saam almal is te min om ons te stop jy speel met vuur en mense raak gatvol om soos kinders behandel te word en heeltyd met julle dreigemente te lewe

Snowball ·

Die motivering om bereid te wees om soveel belasting te verloor moet ENORM wees. . .
Ek sien foto’s van die amper- president saam met die sigaretsmokkelaar en dit herinner aan ‘n paar gesegdes –
‘A picture paints a thousand words’
‘ Aan jou vriende word jy geken.’
‘ Waar ‘n rokie trek moet ‘n vuurtjie wees’…..

Sonneblomkind ·

Dit wil voorkom asof die president geen seggenskap meer het nie , maar dat die ministers die finale se get. Die besluit is onlogies en absoluut drakonies. Ek sal graag wil sien waar in die wet die verbod op tabakprodukte gewettig word tydens ‘n nood situasie, of word ons regeer volgens elke minister se nukke en grille ?

Eerlik ·

Klink soos n kleuterskool speel groepie. Dink net watse sirkus daai vergaderings is. TITO het openlik erken dat hy geen besware het teen die koop en verkoop van tabak produkte of alkohol nie. DZ gaan hom seker in die stoute hoekie laat sit met die volgende vergadering want dit bleik dat net haar opinie geld.

Janc ·

Belaglik soos altyd…. Tot die mense gaan begin terugkap, aka weier om belasting te betaal

lekkerdink ·

As CR met n massiewe kabinet nie sy ministers onder sy duim kan hou nie moet hy ten minste se –dit is die reel en jy hou daarby anders…. Daar behoort net 4 ministers in sy oorlog kabinet te gewees het .. CR, PRAVIN, TITO EN DR MKHIZE . Die res is useless . Ons seer geagte D-Z is nogal deur Rapport as eenvan die beter ministers aangewys . Wat jy waar kry . Die rede vir die verbod op sigarette is deur haar aangehaal is dat een sigaret deur rokers gedeel word ??????? Seker ook die REGIME se skuld .
Ek wil ook sommer vra wie van die lesers sit in huise wat verkoop is maar nie registreer kan word nie of moet trek en moet nou huur betaal op hulle eie huise aandie nuwe eienaar . Weet u dat een eiendoms transaksie met al die verwante bedrywe daaromheen ‘n bedrag van tussen R138000 en 180000 in die ekonomie inpomp . Dit meen indien daar in al die akte kantore net 100 transaksies le wat net moet registreer dit die enorme bedrag van gemiddeld R15miljoen beteken . groete

Hennie ·

Ek kan verstaan dat die rokers en drank gebruikers ongelukkig is. Ek rook nie (het 20 jaar gelede opgehou), en ek het ook nou agtergekom ek hoef nie alkohol te gebruik nie. Ek is nie afhanklik van die goed nie. Ons afhanklikheid is van die Here. Net Hom. Vra Hom om jou te help om van die tsbakblasr los te kom, dis ‘n baie sterk, dodelike binding. Vader wil jou help, laat hom toe… Vertrou regtig op hom!

Kiewiet ·

Well said Hennie, I agree, its all about choices. People that smoke have chosen to” smell bad, Have a severe wrinkled face later on in life, Be prone to sicknesses of the arteries, have Emphysema, etc, out of my own family of five where 4 where smokers, I am the only one alive today, I have NEVER ever put a cigaret in my mouth until this day. My familie, ALL lost because of smoking. So please, ban all smoking.

koos10 ·

Rokers, kom ons ondersteun BATSA, indien hulle voortgaan met regsaksies. Sommige mense betaal tot R40 per pakkie wat onwettig is en normaalweg R10 per pakkie kos, nou as die verbod opgehef word, gaan soek ‘n produk van BASTA, en betaal nog steeds R30 tot R40 per pakkie, en dink daaraan dat hulle bereid was ons vir ons regte te baklei. En sny so sommer die smokkelhandel se kele af. Ons sien nou hoeveel mag hulle het!
Gaan teken ook die petiesies, beskikbaar op die internet. NDZ het na 2000 geluister, maar sy wil nie na 500 000 luister nie! Verder het ek ook vanoggend gelees dat ‘n persoon vra dat mielie meel verban moet word, want sien sê hy, ons deel mos sigarette, en die Afrika manier is om pap te deel, deur uit een pot met die hande te eet, so die risiko vir virus verspreiding is ook hoog.

Jerry ·

Die ou tannie wil maar net wys sy het meer mag as die president.

Steady Eddie ·

Ai toggie !!! Hierdie hele “Lockdown scenario” word nou ‘n politieke voetbal !!! Ek wonder of daar ooit ‘n skeidsregter in hierdie wedstryd is??? Die regerende party se Luthuli-huis (keurders) is verdeeld en dit is nou ‘n “Pirates” v/s “Chiefs” derby !!!
Terwyl hierdie ouens met die arme mense se lewens en menseregte speel, onder die kapteinskap van CR en D-Z, politieke doele aanteken, is die lynregters (opposisie partye) blind vir die onkant reëls wat deur die spelers minag en gebreek word !!!
Ek is ‘n matige roker en ek is nou keelvol om gehiet en gebied te word !!!
Ek rook maar net …

Ronel ·

Man. Mev Zuma is nie die President nie en sy moet nie ONS GROOTMENSE soos kinders behandel nie. Hulle deel waterbotteltjies met water en eet saam uit n bord uit maar daaraan word niks gedoen nie! Ek vra niemand en het niemand se toestemming nodig as ek wil rook nie. Daar is mense dood aan die virus WAT NOG NOOIT GEROOK HET NIE! Regtig! En as jy die nuus aansit……wees eerlik…….ek is nie rasisties nie maar waar op die tv en nuus word gewys dat hul kospakkies vir die arm blankes aflewer? Mev Zuma gaan die rokers skelm maak want daar is n swart mark maar sy ontneem ons ons regte want nou moet ons ten duurste betaal vir n pakkie sigarette of n karton. Nee wat. Hierdie land is in sy kanon in. Nou wil Mev Zuma die virus as n verskoning gebruik. Ek bid en hoop en vertrou sy verloor die hofsaak want sy druk haar neus in wat niks met haar te doen het nie.

Willem ·

Hendrik Petrus jy slaan die spyker op sy kop, die zuma faksie het reeds vir cyril ore aangesit met hierdie inperking. Hy is i n woestyn en te bang om iets te se. Jackson se vanoggend cyril stem saam oor die rook verbod

Laura ·

Sy het beslis die verkeerde perd opgesaal. Ek hoop sy word n les geleer

Annette ·

Ek wil net graag weet wie is nou eintlik die President van SA ….Ramaphosa of nog n Zuma.
Kan nie glo dat sy die mag het om die President te overide nie.

marius ·

Hoeveel regerings amptenare rook steeds elke dag ? Wil hulle vertel hulle het onbepaald voorsiening gemaak ? Hoeveel drink nog elke dag lekker aan die duurste alkohol , of maak hulle pynappel bier en pampoen wyn ?

Cleopatra69 ·

Die staat het nou die rokers meer nodig as ooit. Rokers dra baie by tot die staatskas

Sandra ·

Sigarette word openlik op die swartmark verkoop. Dit word selfs op Facebook geadverteer.

Pieter J ·

Om te dink dat hierdie stamellinde minister een van die ANC se presidentskandidate was en dan het sy soveel mag en selfvertroue dat sy vir CR ń middelvinger wys. Hierdie aankondiging van haar kom eintlik daarop neer dat sy hom repudieer. Dit laat my wonder hoe lank nog voordat die Zumaiete van hom ontslae gaan raak want dit wil voorkom of hulle tans baie sterk staan in die ANC.

Alleen Wolf ·

Het iemand al gedink dat of sy of Pres. Ramaphosa fopnuus versprei het, eers sê hy twakkies is wettig en dan sê sy nee, dit is nie, miskien moet ons ‘n klag van fopnuus lê teen een van hulle.
En dan is daar nog ‘n ander lid van die bende wat ook fopnuus versprei, ene Mnr Hoed, wat beweer die mensdom kan uitgewis word deur die virus, is hy dan nie ingelig oor die duisende, selfs hier in SA wat alreeds gesond geword het van die virus nie, dat sulke breins nou eendag moet vrot!

lekkerdink ·

Tito mboweni het gister erken hy het verloor teen die res van die kortsigtige oorlogskabinet en dat hy ongelukkig is oor die ommekeer van die tabak regulasie . Hy was groot genoeg om te se dat as jy teen die besluite wil gaan hoort jy nie daar nie want jy moet berus in die meerderhaids besluit. sien D-Z se aksie. Die regering laat die sypaadjie winkeliers toe om sake te bedryf sodat hulle kan oorleef –doodreg — maar die bedrywe wat rerig geld kan inbring word net dood eenvoudig ge-ignoreer — sigarette –eiendomsregistrasies – drankhandel — In Australie word wyn verkoop in supermarkte. In die voorlegging vir die opening van die akte kantoor was daar uitgewys hoeveel een eiendomstransaksie vir die ekonomie beteken– R158000 . hoeveel bring die blommeverkoper in maar dis n menslikheids besluit en dan moet jy dit balanseer met ander toegewings ook .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.